Zuma-appèl nie vandag aangehoor

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof in Pretoria se beslissing dat hy redes moet verskaf vir sy middernagtelike kabinetskommeling, sal nie meer vandag aangehoor word nie.

Zuma se appèlaansoek in die saak, wat deur die DA voor die hof gebring is om Zuma te dwing om redes vir sy kabinetskommeling te verskaf, sou na verwagting vandag in die hooggeregshof aangehoor geword het. James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het gesê die saak is egter tot later vandeesweek uitgestel.

“Die saak sou vandag aangehoor word, maar is weens die afsterwe van een van die advokate tot Donderdag of Vrydag uitgestel,” het Selfe gesê.

Die DA het op 5 April ʼn dringende aansoek voor die hof gebring om te versoek dat Zuma se besluit om Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas, die voormalige minister en adjunkminister van finansies, af te dank ter syde gestel word. Die DA het gesê Zuma se besluit was irrasioneel en daarom ongrondwetlik, onwettig en ongeldig.

Regter Bashier Vally het daarna beslis dat Zuma rekords, korrespondensie, memorandums of enige verslae, insluitend die sogenaamde intelligensieverslag, moet inhandig waarop hy sy besluite oor die kabinetskommeling gebaseer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

al ·

DA moet maar net aanhou en aanhou. Ons moet lewe spreek. Ek was vandag moedeloos en onsteld oor die slap ANC, en het my Bybel oopgemaak om sin te probeer maak van als. Ps 37:7 -11. Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ñ skelm nie. Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel, dit bring net ellende.
Die skelms sal uitgeroei word, maar dié wat hulle vertroue in die Here stel, sal in besit bly van die land.

pieterdp ·

So waar. As jy die kama voor spoed van die on eerlike musdadiger ter harte neem gaan jy net jou self vernietig. Hou jou oe op die eerlike, doen goed, beveg die kwaad en die mudadiger sal tot niet gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.