Zuma-argitek kry kontrak vir Zoeloe-paleis

Koning Goodwill Zwelithini. Foto: Wikipedia

Koning Goodwill Zwelithini. Foto: Wikipedia

President Jacob Zuma se argitek het die kontrak gekry om Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se agtste paleis te ontwerp, het die Sunday Tribune Sondag berig.

Jerome Ngwenya, voorsitter van die Koninklike Huishouding-trust, het aan die koerant gesê die projek sal deur private beleggers, wat saam met die koning se seun werk, gefinansier word. Prins Butho het petroleumbelange in Ekwatoriaal-Guinee.

Dit is nog nie duidelik hoeveel Minenhle Makhanya, Zuma se argitek, vir die projek betaal gaan word nie. Die KwaNobamba-paleis gaan naby Ulundi gebou word.

“Die Zoeloe koninklike familie se private fondse sal hiervoor betaal. Die regering het geen betrokkenheid in die finansiering van die paleis nie,” het Ngwenya aan die koerant gesê.

Die departement van omgewingsake en Ezemvelo KZN Wildlife moet nog goedkeuring gee vir die bou van die paleis aangesien die grond waar hulle dit wil bou in die eMakhosini Ophathe-erfenispark geleë is.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, se verslag oor Zuma se Nkandla-woning het bevind dat Makhanya R16,5 miljoen betaal is vir die Nkandla-projek. Daar is ook bevind dat daar nie ‘n tenderproses gevolg is nie.

Dit het in Mei vanjaar aan die lig gekom dat die KwaZulu-Natalse departement van kuns en kultuur R300 miljoen gegee het vir opgraderings by Zwelithini se Enyokeni-paleis in Nongoma.

Die opgraderings behels onder meer die bou van slaap- en ablusiegeriewe vir die 30 000 Zoeloe-meisies wat elke jaar die rietdans bywoon.

Koning Zwelithini kry jaarliks sowat R63 miljoen van die provinsiale tesourie.

Lees ook:
Koning Zwelithini vat sesde vrou
SA se grootste grondeis nog
R300 m se belastingggeld vir kultuurdorpie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie termiete plunder ons ekonomie teen n astronoimiese spoed en niemand stop hulle nie . Die belastingbetaler gaan weer hoes terwyl hierdie duiwels hulself verryk.

Nina ·

Jy het hulle omtrent die beste beskrywing gegee…Vernietig teen ‘n hengse spoed, maar daar waar die oog nie kan sien. En wanneer mens dit besef, is dit gewoonlik te laat.

Peter Says ·

Wat is die doel van, nog n paleis…” Keeping Up With The Jones”

Johannes ·

Ek stem en die onderdane verarm by die dag.Met geen se nie ag ja wat kan mens nog se.

JJOBSON ·

Die 2 RINGKOPPE is voëls van dieselfde vere, of is hulle voëls vol van dieselfde vere,sorg vir mekaar, EK VRA MAAR NET.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.