Zuma bedank Afrikaner-gemeenskap

President Jacob Zuma address a special media briefingPresident Jacob Zuma het die Afrikaner-gemeenskap bedank omdat hulle glo in ʼn demokratiese en gelyke Suid-Afrika.

“Ons is een nasie, ongeag van kleur of oortuiging. Ons is een unieke nasie in Afrika, bestaande uit uiteenlopende mense wat verenig is deur hul liefde vir hul land en die begeerte vir dit om te slaag,” het Zuma tydens ʼn vergadering by die Voortrekkermonument gesê. “Ons bedank baie mense van die Afrikaner-gemeenskap wat oor die jare geglo het in ʼn demokratiese en gelyke samelewing, dit gekoester het en ander geïnspireer het om te volg.” Hy sê mense soos Bram Fischer, Beyers Naude en talle ander het geglo in die gelykheid wat die ANC bepleit.

“Ons het steeds bewondering vir die versiendheid van leiers soos Frederick van Zyl Slabbert wat uitgereik het na die ANC in ballingskap, wat verdelende stereotipes vernietig het.” Zuma sê Van Zyl Slabbert sal die naweek met die nasionale orde vereer word vir sy bydrae tot die verandering wat die land ʼn beter plek gemaak het om in te leef. “Ons moet altyd die kragtige klousule in die Vryheidsmanifes en die Grondwet onthou wat bepaal dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin bly, swart en wit.”

Hy het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulself opnuut te verbind tot die genesing van die verdeeldheid van die verlede. “Vryheidsdag herinner ons om dit wat ons as ʼn nasie bereik het te vier – 20 jaar van ʼn suksesvolle oorgang van apartheid tot ʼn inklusiewe demokrasie en om te besin oor die prestasies wat ons as ʼn nasie bereik het. Dit bied ‘n geleentheid vir alle Suid-Afrikaners om te herbevestig wie ons as ‘n nasie is en waarvoor ons staan. Ek onderstreep hierdie punte, want ons almal moet Vryheidsdag vier. Wanneer ons terugkyk na die verdeeldheid en haat wat ons agtergelaat het, besef ons dat dit wat ons verenig veel sterker is as dit wat poog om ons te verdeel.”

Lees ook:
Kerke wys Voortrekkermonument-vergadering van die hand
ANC-vergadering by Voortrekkermonument ‘onsensitief’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

Goeie poging ou Jacob, net jammer jy en jou gevolg bewys die teendeel by wyse van spreuke en voorbeeld.
Sodra my geldsake dit toelaat sal ek jou vereer met die Orde Grootste Bullshitter van alle Tye

Christien Kruger ·

Zuma is nie eerlik met sy verering vir Afrikaners in sy toespraak nie. Hy vergeet meeste Afrikaners is wit, en meestal ook boere wat deur die Zuma regime se voorstel van hul grond sal moet afstand doen.
Sy idealisme in die toespraak is vergesog aangesien hy juis die een is wat wittes van werksgeleenthede, hul besighede en hul duur gekoopte eiendom wil vervreem.
Zuma weier om die brutale moorde op wit Afrikaners te erken en stop te sit, hy hits dit eerder aan deur gedurig opruiende liedjies te sing en ook toordokters te nader om van wittes ontslae te raak. Hy het tot dusver geen geheim gemaak van sy haat en teenstand teenoor Afrikaners.
Ons moet ons dus geensins teen sy vleiende woorde blindstaar voordat bogenoemde sake rakende wit en ook bruin Afrikaners ten volle aandag geniet nie. Hierdie toespraak is weereens hoe hy die heuningkwas gebruik om sy gewildheid voor die verkiesing te laat toeneem, vir eie gewin. Na die verkiesing gaan Afrikaners in die Zuma regime die strop net nog nouer om die nek he volgens einste Zuma.

Jasper ·

Zuma, kan jy onthou wie die toespraak vir jou geskrywe het ? Dalk oompie Mac ?

willie ·

Jasper, oompie Mac is nie instaat tot sulke korrekte taalgebruik in Afrikaans nie.
Ek’s seker dat ons einste ou Roelfie Meyer die toespraak geskryf het. Baie van die sinsnedes in die toespraak herinner aan sy debatte tydens en na die Kemptonpark debakel
Hoe sal ons ooit weet, geen mens erken liegstories in die openbaar nie

alet ·

Gaan op lug Mr Zuma en vra die swartmense in alle tale Stop blanke moord die dag as dit gebeur gaan ons jou begin glo . Anders vertrou ons hulle net sover as wat jy hulle kan sien

Anton Visser ·

Wie is die sogenaamde Afrikaners wat na Zumpa gaan luister en glo hulle hom en wat hy se??? Hy beskuldig altyd die witmense vir alles het hulle hom hieroor uitgevra of alles wat hy se net vir soetkoek en n glas wyn gaan opvreet??? Ek glo nie n word wat uit julle konkelings kom nie en dit by die Voortrekker Monument! Nee dankie!

Grassie ·

Wat erg is, is dat Zoema hierdie snert in die Voortrekkermonument kom kwytraak het. Wanneer hy met die Afrikaners praat het hy altyd mooi stories maar dit is net lippetaal want hy en sy party se optrede is teenstrydig met wat hy sê. Dingaan se optrede was presies dieselfde – mooi stories terwyl dit hom pas en toe hy sy doel bereik het sê hy “maak dood die towenaars”. Ek wonder wanneer gaan dit ons beurt wees. Ek wonder ook of Zoema @ kie kan onthou wat op 16 Desember 1838 gebeur het.

Belastingbetaaler ·

Betaal jou skuld showerkop! Hou op gatkeuip! Die wat deel was vd appartyd is of long gone of vermoor! Klim van jou troon af en doen wat rwg is!

JOHANNES ·

Jammer om te se maar die kommentaar hierbo gaan nie net vir Zuma nie maar ook vir Roelf Meyer Koornhof en KORTBROEK VAN SCHALKWYK.Hulle onderskat ons intellegensie want van Piet Retief se tyd af kon ons nog nooit swartmense vertrou nie en vandag is dit steeds so en dan die ongelowige Van Schalkwyk wat gisteraand op die TV gese het geen politieke party sal ooit die ANC wen nie.Wel KORTBROEK ek het nuus vir jou dan ken kortbroek nie ons GOD nie en GEBED VAN GELOWIGES HET BAIE KRAG.Soos een persoon hierbo gese het bid ek ook elke dag vir die val van die ANC.Ek wil ook byvoeg en se hoe kan enige regte egte afrikaner vir die ANC en selfs DA stem as beide kwotas in sport en rassisme in werks en skoolgeleenthede plus nog die onderdrukking van afrikaans en minderhede in die algemeen ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.