
Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie van ondersoek. (Foto: Karen Sandison/ANA)
Oudpres. Jacob Zuma het sy ondersteuners op Twitter bedank vir hul beterskapwense tydens sy onlangse siekte.
Zuma, wat Maandag sy getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek moes voortsit, se regspan het verlede week laat weet dat hy te “siek” is om die verhore by te woon.
“Julle boodskappe was oorweldigend in dié moeilike tyd,” het Zuma gesê.
IOL berig die Jacob Zuma-stigting het in ʼn verklaring gesê Zuma was ʼn week lank in ʼn Durbanse hospitaal. Die aard en omvang van sy siekte is nie bekend gemaak nie.

Die stigting het ook gevra dat die oudpresident ruimte gegun word om te herstel en dat daar later bekend gemaak sal word wanneer Zuma wél voor die kommissie sal kan verskyn.
Zuma is Donderdag ontslaan, dieselfde dag dat sy aansoek om te appelleer teen ʼn vroeëre bevinding dat hy oudminister Derek Hanekom belaster het, van die hand gewys is.
Zuma het in ʼn twiet beweer Hanekom was ʼn spioen vir die apartheidsregering, waarna dié hom hof toe gesleep het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Die mense in die land is ook siek. Siek vir hom en sy ANC makkers vir die gemors wat hulle in die land veroorsaak het. Kla hom aan smyt hom in die tronk dis waar hy hoort.
As hy ooit uiteindelik tronk toe gaan,waar hy en verskeie van sy ANC bedrogtjommies almal al lankal hoort,sal hy daar soveel tyd kan spandeer in die tronkhospitaal as wat hy wil.
zuma se dag op aarde sal nooit kom nie, miskien sal sy dag kom in die hiernamaals
En wou ons dit weet?
Zuma is regtig siek, hy was reeds siek die dag toe hy ingehuldig was as president, inteendeel het Zuma eintlik al siek geword die dag toe hy sy kommunistiese meesters ontmoet het en deel geword het van die “struggle”. Vanaf daardie tyd tot nou toe het Zuma al hoe sieker geword. Zuma se siekte is n ongeneesbare en aansteeklike siekte en hy behoort uit die samelewing verwyder te word en in afsondering behandel te word. Ons kan maar net jammer voel vir arme Zuma, want daar is nie medisyne vir sy soort siekte nie.