Zuma bepleit samewerking tussen SA, Saoedi-Arabië

President Jacob Zuma en Salman bin Abdulaziz Al Saud, koning van Saoedi-Arabië (26 Maart 2016) Foto: @PresidencyZA, Twitter

President Jacob Zuma en Salman bin Abdulaziz Al Saud, koning van Saoedi-Arabië (26 Maart 2016) Foto: @PresidencyZA, Twitter

Pres. Jacob Zuma het Sondag gesê alhoewel Suid-Afrika se politieke betrekkinge met Saoedi-Arabië sterk is, moet ekonomiese en handelsbetrekkinge hersien en vernuwe word.

“Geleenthede vir gemeenskaplike vennootskappe tussen ons twee lande is byna grensloos,” het hy aan die Suid-Afrika/Saoedi-Arabië-besigheidseminaar in Riyadh gesê tydens ‘n staatsbesoek aan Saoedi-Arabië.

Volgens Zuma is die volgende belangrike stap om bilaterale handel en beleggingsvloei te bevorder, gebiede van samewerking te identifiseer en hindernisse aan te spreek en ‘n raamwerk te implementeer om ekonomiese-, handels- en beleggingsamewerking te bevorder. Hy het verduidelik dit sluit samewerking in wat vaardigheids- en tegnologieoordrag betref, handelsinstansies te verstewig en optimale samewerking tussen die regerings en privaat sektore van die twee lande.

Sektore wat uitgeken is met groot potensiaal om ekonomiese-, beleggings- en handelsbetrekkinge tussen die twee lande uit te brei, sluit petrochemiese gaseksplorasie en alternatiewe energiesektore, landbouprodukte, geprosesseerde goedere en voedselprosesseringstoerusting, mynbestuur en -tegnologie, myntoerusting, motorbedryf en vervaardiging, en die chemiese-, mediese en farmaseutiese bedryf in.

“Op die beleggingsfront is ek bly om julle in kennis te stel dat Suid-Afrika oop is vir besigheid en wêreldwyd beskou word as ‘n strategiese en mededingende bestemming vir buitelandse beleggers,” het Zuma gesê.

Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se jongste mededingendheidsverslag het Suid-Afrika met sewe plekke verbeter tot 49ste uit 140 lande.

“Gegewe die diverse aard van ons ekonomie, is Suid-Afrika vandag een van die mees belowende opkomende markte wêreldwyd,” het Zuma bygevoeg. “Die unieke kombinasie van ‘n hoogs ontwikkelde eerstewêreldse ekonomiese infrastruktuur en ‘n groot opkomendemark-ekonomie het tot ‘n sterk entrepreneuriese en dinamiese beleggingsomgewing gelei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Apie ·

Dis duidelik dat ou Zumpie nie eens std. 3 gemaak het nie. Ek dink agteraf lag hierdie mense hulle n papie vir hierdie clown. Sjame.

John ·

‘Money, money, money makes the world go around.’ Vrydag het ons president gevra die Christene moet asb bid vir die regering oordat die duiwel tog so lustig is. Vandag kuier hy saam met die Moslems in weelde. Die ou kalant kom sit maar weer gou agter ons ore, sowaar. Of soek ons geagte leier dalk buitelandse ondersteuning vir ‘n hogere pos ver weg van die broeiende moeilikheid ter plaatse.

Dawie ·

As ek reg onthou het hierdie klomp Arabiere vir Idi Amin politieke asiel verskaf. Miskien is zumpie ook besig om ‘n veilige vesting te onderhandel.

Rosa ·

Alles staan in Siener van Rensburg se boek, net soos dit besig is om af te speel. Verbasend!!

Henry ·

Daai smaail van president Zupta toon skokkende oorenkomste met die van ‘n handelaar wat flenter tweedehandse taxi’s in Marabastad wil smous. Twyfel of die Saudi’s se uitgeslape koning perde kuttels met vye sal verwar.

Frederik ·

Die handelsbettrekkinge wat hy wil verbeter sluit oa landbouprodukte in. Wil seker mielies en koring van Saoedi af invoer.
‘n Maand gelede loop hy en verkondig dat die ANC Suid Afrika in ‘n kommunistiese staat wil omskep. Nou gaan vertel hy die Arab van die “unieke kombinasie van ‘n hoogs ontwikkelde eerstewêreldse ekonomiese infrastruktuur”.
Kan van sy comrades dit nie in sy kop probeer kry dat kommunisme nog nooit eerstewêrelds was nie.

Poplap ·

Waarskynlik hoe die Saudi raadgewers hul koning gewaarsku het.

Johann Marx ·

Die Saoedi Arabiërs moet nog leer wat die Indiërs lankal weet: Zumpies is die beste president wat geld kan koop!!

Joann ·

My seun het 2jr.in Saoedi gewerk en ek kan jul nou se daai mense is slimmer as on Zumie. Mens sal nie met hul kop smokkel nie. En oppas Zumie los die vrouens daar in vrede jou kop waai vinnig

HEVW ·

O, die heerlike utopiadrome. Een of ander het hierdie drome op papier vir hom neergesktyf. En neem net kennis van al die heerlike asemrowende geleenthede. Iemand anders as z en die anc sal dit moet ontgin, want t.s.v. al hierdie moontlikhede verkeer ons ekonomie op die rant van rommelstatus. Ene ramaphosa se dit is hul missie om swartekonomiese bemagtiging n werklikheid te maak. Die ekonomie moet in die swartes se hande kom en wie nie daarmee tevrede is nie (Bedoelende die wittes) moet dit maar vat. n Mens wil vra; of hy dan nie van al die reddingsinisiatiewe gekoor het om die ekonomie te red nie.?

DAAN ·

VIR DIE WAT NIE WEET NIE. SAUDI IS BANKROT, HULLE LEEN NOU GELD OM HULLE BEGROTING TE LAAT KLOP, WANT DIE OLIE PRYS IS TE LAAG. HULLE VERKOOP NOU SOOS AMERIKA BONDS OM GELD TE KRY.HULLE OLIE VELDE HET NIE BAIE OLIE IN NIE, MEESTAL WATER EN DIS HOEKOM HULLE YEMEN IN GEVAL HET OM HULLE OLIE TE KRY. DAAR IS NIE MEER SAUDI PRINSE WAT IN EUROPA KUIER TOT DIE WINTER VERBY IS NIE. IRAN GAAN BINNEKORT 500 000 VATE OLIE PER DAG OP DIE WERELD MARK BRING.EK VERWAG IRAN GAAN SAUDI INVAL IN DIE TOEKOMS NOUDAT RUSLAND UIT DIE MIDDE OOSTE IS.SAUDI HET ONLANGS N IRANIER TEREG GESTEL IN DIE OPENBAAR( HY HET KOP VERLOOR )SAUDI HET DIE MEESTE OPNEBARE TEREGSTELLINGS IN DIE WERELD.IRAN IS MEESTAL SHIA MOSLEM EN SAUDI IS SUNNI EN WAUBI MOSLEMS. HULLE HAAT MEKAAR. EK SE MAAR NET.

GES ·

Zuma is totaal verward. Hy weet nie wat beteken 1ste wêreld nie. Hy sal sy siel verkoop vir geld en leef ook net vir die oomblik. Totale gebrek aan visie en reeds gesê die beste president wat geld kan koop.

jaco ·

Ek hoop dit beteken ons kry hulle regstelsel. Diewe se hande word afgekap en moordenaars en verkragters kry summier die doodstraf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.