Zuma berispe deur geslagskommissie

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (KGG) het pres. Jacob Zuma gewaarsku om sy woorde tel wanneer hy oor vroue praat, het Beeld Saterdag berig.

“Ons vermaan hom om meer versigtig in die toekoms te wees,” het Mfanozelwe Shozi, voorsitter van die kommissie, gesê.

Die DA het in Augustus 2012 ʼn klag van seksisme by die kommissie ingedien oor uitlatings wat Zuma oor vroue gemaak het tydens ʼn televisieprogram. Zuma het tydens ʼn onderhoud met Dali Tambo, vir sy program People of the South, oor sy dogter se troue gepraat.

“Ek was ook gelukkig omdat ek nie saam met my dogters, wat nie getroud is, sal wil bly nie, aangesien dit op sigself ʼn probleem in die samelewing is. Ek weet vandag se mense dink dit is lekker om enkellopend te wees. Dit is eintlik nie reg nie. Dit is ʼn wanopvatting,” het Zuma gesê. “Jy moet kinders hê. Kinders is belangrik vir ’n vrou omdat dit haar bykomende opleiding gee om ’n moeder te wees.”

Die kommissie het ʼn verslag opgestel na aanleiding van die DA se klag maar dit is nie openbaar gemaak nie. Die kommissie het ʼn ontmoeting met Zuma versoek om aan hom te verduidelik hoekom sy uitlatings verkeerd was en hom te waarsku om nie weer vroue te beledig nie.”

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gesê hy weet nie of Zuma bereid sal wees om met die kommissie te ontmoet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanno Visagie ·

Hier is Zuma nader aan die waarheid as die anti-Christus homofemihumanistiese Geslagsgelykheidskommissie!

Vic ·

“Dit is ʼn wanopvatting,” het Zuma gesê. “Jy moet kinders hê. Kinders is belangrik vir ’n vrou omdat dit haar bykomende opleiding gee om ’n moeder te wees.” Ja, Hanno en Zuma. Julle is reg. Ek wonder nou net. As die vrou nie kinders het nie, hoekom het sy bykomende opleiding nodig om n moeder te wees?

Soos alreeds gese, nie ver van die onderontwikkelde opinies van mans in kulture soos Pakistan, Indie, Irak, Afghanistan, of Afrika nie. Vreeslike bedreigde spesietjie, die onderontwikkelde man.

Zirk ·

Zuma se verwysingsveld is sy Afrika kultuur. Soos dat jy moet vrugbaar wees en die aarde vul. ‘n Duidelik verwronge opinie van ‘n bybelse opdrag wat gerieflik inpas by onbeskaafde, premitiewe volkere waar die enigste behoeftes nog net uit die drie basiese bestaan,nl. eet,slaap en seks.

Sollie ·

Vermanings, kritiek, hofsake – dis alles f*rting against thunder in Zuma se geval, hy steur hom nie aan sulke goed nie. Hy doen wat hy wil sê wat hy wil en gaan net aan. Maar ek moet sê ek is baie beindruk oor sy wyse spreke, hy is beslis hoogs inteligent om sulke snert kwyt te kan raak. Ai, wat ‘n leier!

Vic ·

As decided by men, because according to Hanno and Co, women are not allowed in church meetings because they will ” manipulate” men. Oh, and women are emotionally sensitive. Therefor, men get to decide the rules. Yep, little difference between the views of Zuma and other believers in the suppression and control of women.

jakoos ·

Maar die meeste witmense dink ook dat hulle dogters moet trou en kinders he^. Hoe nou?

scalla ·

So dom soos grond, en die meerderheid glo hom! lagwekkende sop stories, tradisie, gebruik dit , tokolosi sien, twee verfblikke is nie die oplossing!!!

Hanno Visagie ·

Maroela Media, hoekom weier julle telkens my Christelike respons op Vic se laaste kommentaar? Is julle antichrissies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.