‘Zuma beskou homself verhewe bo wet’ – Zondo

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Argieffoto: Nokuthula Mbatha/ANA)

“Dit blyk dat oudpres. Jacob Zuma homself bo die Grondwet beskou,” het die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping opgemerk nadat Zuma uitgevaar het oor die konstitusionele hof se onlangse beslissing het hy voor die kommissie móét verskyn.

Die kommissie het Dinsdagaand in ’n verklaring herhaal dat álmal ingevolge die Grondwet gelyk is voor die reg.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het Maandag ten spyte van die hofbevel aangedui dat die kommissie geen verdere samewerking van hom in enige van sy toekomstige prosesse kan verwag nie. “As dié stelling beskou word as ʼn skending van wetgewing, moet die reg sy gang gaan,” het die oudpresident gesê.

Luidens die verklaring is die kommissie nou bekommerd dat Zuma se versuim om gehoor te gee aan die hofbevel ’n absolute miskenning is van Suid-Afrikaners se regte en belange om antwoorde van hul voormalige president te kry rakende talle bewyse oor staatskaping, korrupsie en bedrog waarby hy betrek word.

Die kommissie beskuldig Zuma daarvan dat hy die integriteit van die kommissie en sy voorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, aanval.

Die 78-jarige Zuma speel sedert 2018 kat en muis met die kommissie wat op die been gebring is om die plundery van staatskoffers tydens sy nege jaar lange bewind te ondersoek.

Die Zondo-kommissie het nou sy sekretaris gevra om ʼn strafregtelike klag teen Zuma in te dien vir sy versuim om die week van 18 en 22 Januarie voor die kommissie te verskyn ten spyte daarvan dat ’n dagvaarding op hom beteken is.

Zuma het ook ’n dagvaarding ontvang om die week van 15 tot 19 Februarie voor die kommissie te verskyn.

“Sou Zuma sy besluit om nié [dán] voor die kommissie te verskyn nie deurvoer en dus in stryd met die dagvaarding optree en die konstitusionele hof se hofbevel minag, sal die kommissie op daardie dag verdere stappe [teen Zuma] aankondig,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Wessel ·

Gee aan hom sy oranje oorpak en sluit hom toe en gooi die sleutel weg.

Tanniepetoors ·

Ek wag in spanning om te sien of JZ 15/2 sy gesig gaan wys voor die Zondo-kommissie. Eintlik hoop ek hy gaan nie, dan kan hy ten minste vir 6 maande solank sy maakpas oranje pakkie aantrek terwyl die NVG hul werk doen om seker te maak hy dra vir die res van sy lewe net oranje.

Harry ·

Hierdie man en sy “sidekick ” Ace kan die ANC eiehandig tot ‘n val bring. Dalk ook SA???

Cherokee ·

Is SA dan nog staande?
Ek dog dit is, nie deur Zuma & kie, maar deur De Klerk & kie tot ‘n val gebring. Of jý deel is van die kie, sal jou gewete kies.

Chris ·

Wat verstaan ons nie? Ek glo nie iemand/persoon sal krimineel aangekla word wat voor die Zondo kommisie verskyn het nie. Dit is alles ‘n heksejag van die mense wat nie die nuwe demokraties SA kan aanvaar nie en dit is agente wat die apartheids regime weer wil instel. Ons leef in Afrika en in Afrika word dinge anders gedoen. Ons verstaan nie die kultuur en werkswyse van die Afrikaan nie.

Gert ·

Jy weet dis nie Afrikaners wat Zuma aankla nie ne maar sy eie mense

jzjz05 ·

Hoekom as hy nie op die 15 de Feb verskyn nie die kommissie dan sal besluit op verdere stappe.as hy nie verskyn nie is dit minagting van die hof en moet onmiddelik onder arres geplaas word.Dit is soos ek die wet verstaan Die konstitnsionele hof het mos klaar besluit.

Phillip ·

Ek Persoonlik dink daar gaan niks van kom nie en sou hy tronk toe gaan gaan dit maar n dag of 2 wees dan huis ares en ook dalk vir n week of 2 dan is hy vrei

Kaal Keiser ·

…is dit nie maar die algemene uitkyk op die bevolkinig om hul nie te steur aan wette en verkeers reels ?
Kyk maar net hoe ‘n eenvoudige ding soos ‘n rooi robot hul nie stuit nie…
Indien hul wel aangespreek word kan die ras kaart of hul gedrag op apartheid blameer word..

SjN ·

Waarvoor wag, sluit hom toe, hy het dan gese hy sal tronk toe gaan.

RS ·

Hy is desperaat. Hy het geen ander simpel verskoning om te probeer gebruik om uit alles te kom nie. Onthou desperate mense doen en se desperate dinge.

johb ·

Nou dan moet die.komissie bietjie ruggraat groei en die man arresteer. En gin mediese redes die keer om te gaan golf speel nie

Francois ·

Hy maak n grap van die land en die regstelsel wat net oortreders beskerm en speel woer-woer met almal wat in sy pad staan. Hy gaan so aanhou tot hy dood neerslaan want hy betaal nie daarvoor nie en almal wat veronderstel is om hom vas te vat hanteer hom met handskoentjies omdat hulle bang is vir hom en sy aanhangers. Kyk maar regdeur ons strukture, van parlement, provinsiale regerings en tot stadsrade – daarom is daar geen respek vir niks en niemand meer nie en gaan korrupsie en misdaad voort want daar is geen negatiewe gevolge vir hulle nie.

Lee ·

Arresteer hom sommer vandag. Hy sal aanhou met sy speletjies solank hy daarmee kan wegkom .”Call his bluff “

Adam Adriaan ·

As hulle die knaap arresteer is dit die einde van die ANC . CR bly maar ver weg van konfrontasie en is maar bewerig om die knaap aan te vat. Die uiteinde daar gaan verdeeltheid veroorsaak tussen al die etniese volke hier in die land. Hulle gaan gou terug verlang na die tuislande. Daar gaan dan baie meer kans wees vir mags dronk politisie om baas te wees van hulle eie mis hope.

Barend ·

Hy en sy meelopers het die SSA gebruik om almal se vuil wasgoed op te spoor. Nou is hulle te bang om hom tot rekenskap te bring. Net baie ironies dat hy self die Zondo Kommisie gestig het, al was dit onder druk.

marius ·

Hy is , en daar is NIKS wat jy of iemand anders daaraan gaan doen nie meneer die voorsitter .

Kobus ·

Ek het as kind altyd gehoor die “grootmense” sê “Die poppe gaan dans” Nooit verstaan nie nie maar nou doen ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.