Zuma besoek Courtney se familie, toneel

Foto: ANA.

Pres. Jacob Zuma het Donderdag die familie van Courtney Pieters (3), wie se liggaam in ʼn vlak graf begrawe is, besoek.

Hordes mense het buite die Pieters-huis saamgedrom en “we want justice” geskree toe Zuma en sy gevolg daar opdaag.

Zuma is na die huis vergesel waar hy ʼn privaat vergadering met die familie gehou het wat meer as ʼn halfuur geduur het. Hy het daarna ʼn gedenkplaat vir Courtney onthul wat aan die voorkant van die Pieters-huis vasgemaak is.

Zuma het aan die media gesê hy dink genoeg is nou genoeg en Suid-Afrikaners kan nie toelaat dat dié tipe ding gebeur nie. “Ek het vanoggend [Donderdag] ʼn verklaring  hieroor uitgereik; Suid-Afrikaners moet saamstaan teen hierdie goed,” het Zuma gesê.

Zuma het daarna die toneel waar Pieters se liggaam gevind is, besoek en tyd daar deurgebring. ʼn Gedenkteken en blomme is intussen daar opgerig.

Rachel Tait, ʼn buurvrou, het gesê Zuma se besoek sal niks verander nie. “Hy het net hierheen gekom noudat dit ʼn groot storie op die nuus is,” het Tait gesê. Sy het bygevoeg die hele  gemeenskap is geskok omdat almal die man wat van Courteny se moord beskuldig word, ken en respekteer.

Ander inwoners het ook gekla en genoem dat daar behoorlike ligte opgerig moet word sodat mense in die aande kan sien wat aangaan.

Foto: ANA.

Dan Plato, die Wes-Kaapse LUR vir veiligheid, het ook die Pieters-huis besoek. “Wat my betref is sy nog ʼn babatjie; hoe het enige volwasse man die reg om ʼn babatjie te verkrag, haar te vermoor en die liggaam weg te steek?” het Plato gevra.

Mortimer Saunders (40), het Woensdag in die Goodwood-distrikshof verskyn in verband met die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters. Hy het nog nie gepleit nie.

Die hofsaal was volgepak en landdros Paul Visagie het die saak tot 24 Mei uitgestel.

Hy staan tereg op aanklagte van ontvoering, moord en twee aanklagte van verkragting. Die beskuldigde is op 15 Mei in hegtenis geneem.

Colin Lekay, die beskuldigde se regshulpverteenwoordiger, het gesê die beskuldigde werk in ʼn inbelsentrum en sy inhegtenisneming plaas sy werk in gedrang. Die hof het op versoek van Lekay ingestem dat die beskuldigde in die Goodwood-gevangenis se hospitaalafdeling aangehou word aangesien hy glo doodsdreigemente ontvang.

Gemeenskapslede het buite die hof betoog en geëis dat die beskuldigde nie op borgtog vrygelaat word nie.

Courtney se liggaam is Saterdag in die omgewing van Bofors-sirkel in die Epping-nywerheidsgebied gevind. Sy is op 4 Mei as vermis aangemeld nadat sy die laaste keer gesien is toe sy glo buite gespeel het.

Die beskuldigde is blykbaar bekend aan Courtney se ouers en het glo ʼn kamer by hulle gehuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

t ·

“Zuma het aan die media gesê hy dink genoeg is nou genoeg en Suid-Afrikaners kan nie toelaat dat dié tipe ding gebeur nie.”
Nê?

Snuffels ·

Glo jou nie Zuma, jy gaan niks aan al hierdie sinnelose kinder verkragtings doen nie,niks gaan in Suid-Afrika verander nie, nie solank jy op jou troon sit nie. Ek is al so moeg dat jy heeltyd in ons kele afgedruk word radio,tv en media, want vir my is jy net ‘n witgepleisterde graf sonder morele waardes

charmaine ·

Sou graag wou sien dat hy vermoorde boere se families ook besoek, maar dit sal beteken hy sal ten minste 2-3 families op n dag moet besoek.

Ronel ·

Charmaine. Ek het aan presies daai ding gedink, maar o ja!! Ons het vergeet. Plaasmoorde is mos nie ‘n realiteit in stortkop se bestaan nie…

Petro ·

Nee wat Pretoria sal toe wees onder sneeu voordat die President die families van vermoorde boere besoek.

m ·

Asof zuma rerig omgee. Die regering verseg dan om die doodstraf terug te bring sodat gemors soos hierdie uit die samelewing verwyder word. Hy wil net seker maak hulle stem in 2019 vir sy party…..

Ai ·

O so hy het nie gegaan om te verduidelik hoekom die ANC toelaat dat kriminele die land se burgers al die laaste 22 jaar terroriseer nie. Want dis wat dit is. Terrorisme.

erica ·

hy wil seker die mense aan sy kant kry.hoekom besoek hy nie ook die boere en blankes wat so wreed vermoor nie en se genoeg is genoeg nie.ons word afgemaai en gemartel maar dis reg vir zuma.

Shailo ·

Wat van poppie van Der Merwe ??
Verdien haar pa nie ook ‘n besoek nie en verdien sy en talle ander vermoorde klueters in die verlede nie ook ‘n gedenk plaat nie. ??
Ja Zuma iets het verkeerd gegaan met die samelewing besef jy dit nou eers.?
Niks Sal S.A reg ruk nie…dalk ‘n ander president maar die die twyfel is groter.

Aai ·

Die beskuldigde word beskerm omdat hy doodsdreigemente ontvang? Waar was die staat om die 3-jarige te beskerm? Hierdie persoon het reeds gewys dat hy in staat is tot verkragting en moord. Wat gaan Zuma doen om die res van die samelewing in die toekoms te beskerm teen die persoon wanneer hy eendag ‘n presidensiele verskoning kry of op borgtog vrygelaat word? Behoort ‘n krimineel wat ‘n ander persoon se menseregte skend nie outomaties sy reg op menseregte te verbeur nie, o.a. sy reg om te stem?

Suzie ·

Mooi Mnr Zuma…. ons almal het simpatie met die familie… meer as dit, ons voel hul verlies saam met hulle, maar wees net so “officient” met die res van jou take en verantwoordelikhede.

Oh really ·

JA MOET NET NIE DIE BOERE SE PLASE en GESINNE BESOEK AS HULLE WREED GEMARTEL EN VERMOOR WORD NIE. Jy verteenwoordig BESLIS nie alle landsburgers nie, VERAL nie die wat BELASTING betaal nie, die besoekie is in elk geval vir die skyn. Seker weer ‘n geskenkie saamgevat.

Erika ·

Erica ek stem saam met jou. Aan die grusame en wrede plaasaanvalle en moorde op ons boere word niks aan gedoen nie.

Hettie ·

Goeie verskooning! Het Zuma vir boere wat ook vermoor, besoek en ondersteun???? Lyk hy het nooit vir boere ondersteun of besoek nie! Kry jammer vir kind (3jr oud) wat weg is! Sterkte aan kind se familie en ook vir boere!

Pop ·

Zuma jy bluf jou mense maar die kapenaars bluf jy glad nie. Inteendeel, dis ‘n klap in hulle gesig dat jy dink hulle is net so dom soos jy.

EJ ·

Wat wil hy nou hier deur bereik. Besoek hy plase waar mense vermoor word?????

Annette Stander ·

Ek stem saam met Rachel Tait. Zuma buit dit uit vir sy eie politieke agenda. Wat gaan ‘n gedenkteken help? Gaan hy vir al die vorige kinderslafoffers ook gedenktekens oprig asook enige toekomstige?

al ·

Hy probeer naarstigtelik sy kwynende skadelike beeld herstel.
Nie ñ Bellingham Potter (wie se beeld self geskaad is deur hul konneksies met Zupta) of enige PR kan sy beeld meer red nie.
Selfs die meeste van ons mede landgenote val nie meer vir sy truuks.

Meisiemens ·

Ek het nou waarlik alles gesien. Dankie Mnr Zuma, om jou belangrike tyd op te gee om die stukkende familie te besoek. Jy gaan dalk ‘n paar “baie nodige” stemme wen. Jammer jou belangrike tyd word nie opgegee vir elke ander stukkende familie in ons land nie. Jy moet dit dalk oorweeg om te gaan kuier by elke familie wat iemand verloor het agv geweld. Dalk sal jou ogies dan oopgaan om te sien wat waarlik in jou land gebeur.

Annette Stander ·

Die enigste minister wat destyds die moeite gedoen het om familie van ‘n boer wat vermoor is te besoek was Steve Tswethe. Hy het die bedroefde pa van die slagoffer vasgedruk en sy meegevoel betuig. Nie Zuma of enige van sy ministers verwerdig hulle eers om dit te veroordeel nie. Hulle swyg soos die graf. Maar as ‘n swarte deur ‘n witte vermoor word blaas hulle dit nog meer aan op podiums en dan word die land verwoes!

TCK ·

Zuma gaan seker van daar af vetrek na Alice Maree (21) se huis toe wat vroeer die jaar verkrag is en daarna dood is. Hy moet mos haar familie ook gaan sien. Wat is die verskil nou eintlik?

Michael ·

Zuma gebruik ‘n hartseer geval om politieke punte te wen pleks open hy ‘n nuwe polisie stasie of ‘n dwelm eenheid in die gebied of gee die weermag opdrag om die polisie by te staan om misdaad te bekamp in die area

al ·

Die ANC regerende party is groen van jaloesie oor die vooruitgang van die Wes-Kaap, daarom is hul kleinlik en afgunstig en sal nie die DA help nie.
Ek ken en het al geleer hoe ons mede landgenote se gedagtes werk.

lw ·

Mnr Zuma neem eerstens verantwoordelikheid vir al die strafregtelike klagtes teen jou en jou onbevoegdheid as staatspresident, dan sal jy sien misdaad sal sommer lekker daal.
Sien, ons belastinggeld word gebruik om jou rustig te laat slaap, maar ons nasie moet in vrees lewe.

Anoniem ·

Wanneer gaan Zuma die plase van blanke families besoek wie se familielede op die wreedaardigste manier vermoor word?

Erens ·

Vergeet van Zuma, die nuus op alle SAUK kanale is tot oorlopens vol van berigte oor vroue en kinder wat in townships vermoor word, maar geen enkele berig oor aanvalle op plase nie.

Luister ·

Die president moet liewer self die wette begin nakom, sodat hy ‘n goeie voorbeeld kan wees. Ja- ja……….Dit sal seker gebeur as die perde horings kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.