Zuma betaal glo gedeelte van Nkandla-geld terug

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Pres. Jacob Zuma het glo R7.8 miljoen terugbetaal as deel van die bedrag wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy privaat Nkandla-woning bestee is.

Volgens verskeie mediaberigte het ʼn woordvoerder van die Nasionale Tesourie bevestig die geld is in die nasionale inkomstefonds inbetaal. Dit is egter nie duidelik wanneer die betaling gedoen is nie. Yolisa Tyantsi, waarnemende woordvoerder vir die tesourie, kon nie onmiddellik Maandag vir kommentaar bereik word nie.

Die Tesourie het in Junie bevind Zuma moet R7,8 miljoen van die geld, wat aan sy Nkandla-woning bestee is, aan die staat terugbetaal. Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld terug te betaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning bestee is. Die Nasionale Tesourie moes die bedrag bepaal.

Maroela Media het vroeër berig die Tesourie het bevind Zuma moet 87,94% van die 2009-prys van die bogenoemde nie-sekuriteitsopgraderings betaal en het dit op R7 814 155 bereken. Die OB het destyds in haar verslag oor Nkandla bevind nie-sekuriteitsopgraderings van meer as R12 miljoen is aan Zuma se Nkandla-woning gedoen. Die totale koste vir Nkandla het meer as R246 miljoen beloop.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

tong innie kies ·

Lekker man lkekker,hoewel dit eintlik ook net deel van n deposito is.maar ons bly mos in die Nuwe Suid-Afrika.

C ·

R7.8m bly nog steeds ‘n winskopie vir so ‘n huisie van ‘n paleisie. Mooi so ou zumpie, lyk my jy het die jackpot geslaan. R7.8m is darem baie om sommer net so uit jou gatsak te haal. Hehehehe!!!!

Mariaan ·

Dink enige iemand nou werklik Zuma betaal dit terug met sy eie sakgeld..haha…dis maar net weer handjie in staatskas..of belasting geld…hy lag lekker vir ons! Hierdie land steel jy…dan steel jy weer om dit wat gesteel is terug te betaal…en dan se almal …OEEEE dankie! Belaglik!!

Liewe heksie ·

As hy dit gedoen het wil ek ok proof of payment sien en indien die geval was dit sekerlik ou gupie wat vir zumpie gehelp het soni daai Jonas wat nou by SARS ondersoek word

Ouman ·

Met geleende geld van bank waarin Openbare Belegger (PIC) aandele hou. Laat my wonder!!

Mariaan ·

Glo jul nou werklik Zuma het sy sakgeld gevat om dit terug te betaal…haha…beslis nie!

wat n sirkus ·

Watter skande. So klein bedraggie van so enorme bedrag. Mense bly in “makoekies” in hitte en koue. Zuma viel vere vi di armes

Kapenaar ·

Watter area se verkiesingsgeld is nou weer gebruik om dit te delg!! Darem gerieflik net na die verkiesing! Sal dit glo as dit wit op swart bewys word, dat die geld uit sy persoonlike rekening kom.

Jordaan ·

Bly ‘n massiewe winskoop vir hom – R250m se werk vir minder as R8m! Ek wonder ook oor die byvoordeelbelasting wat moes betaal word?

matie willemse ·

Sy tender-entrepeneurs het dit vir hom gegee, die res steel hy.

Liewe heksie ·

Hoop nie hy dink dit gaan stemme vir hom werf nie proof please

Adam ·

Daar is so baie gelieg al oor Nkandla dat ek wonder of die geld regtig terugbetaal is Hoe respekteer mens so n persoon….

Herz Brennt ·

Seker betaal met die miljoene wat hy gemaak het met die finansies sagas. Bele groot in die dollar terwyl dit laag is. “Fire” Nene. Maak die Rand goed swak en trek die geld. Wag vir die Rand om beter te word met die verkiesing (R13.21), bele weer groot hoeveelhede (100 miljoen), vra die “Hawks” om Gordan te dreig. Rand verswak (R14.50). Trek die geld. Maak so vinnige R9848476.5 (ja 9 miljoen) *

* My somme mag dalk bietjie af wees maar dis vinnig uit gewerk. Meer geld kon ook gebruik geword het. Dis net n “concept conspiracy theory”. Maar hoe moeilik kan dit wees in iemand in sy posisie. Hy moet net n paar toutjies trek en whallah! Nie nodig om sy eie geld te gebruik nie. Maar soos ek se: nie feite nie maar wat ek dink aan die gang is…..

Sylvia ·

Nee ek glo nogal dat hy dit betaal het. Daaroor sou Gordan en sy mense nie lieg nie. Vraag is waar het hy dit gekry? Hyt het nou die nog armoede gepleit…..

John ·

En die rente? Die skuld moes al in 2010 betaal gewees het…

Eugene ·

Die uitgawes wat aangegaan is om by die bedrag uit te kom en die hofsake en tyd oorskry by verre die bedrag wat nou betaal is. EN die winskopie het Zuma waarskynlik nie gekry nie maar wel sy vriende, die Guptas! Belaglik!

Annette ·

Ek het nou net elders gelees, dat hy ‘n huislening by ‘n bank gekry het. en dat die Tesoure dit bevestig het.

Waarheid ·

Jammer maar geld kan nie die skande, skade, bedrog regverdig nie. Sies! Niks berou.

Cherokee ·

Ag julle praat, praat, praat net. Hy het nie daardie geld om terug te betaal nie en ek dink vaagweg hy het dit gesê ook. So, iemand anders het dit betaal. Daar was ‘n sakekamer of ander besigheidsgroep of instelling of iets wat aangebied het om dit te doen. 87.94% van 12m is egter nie 7,8 nie maar dit is 10,552.800. Waarskynlik verwys 7,8m na 2009 pryse en die meer as 12m is huidig.

Lance ·

So baie word gesteel dat die bedrag eintlik maar n druppel in die emmer is ….hoe het die mense van SA ooit die man gekies …wragtig wys jou net hoe dom mense kan wees …SA is nou n groot gemors ! En die grap is die meeste wat nog hier was wat iets geweet het is reeds die land uit nou kry die wat oorbly nog al die skuld vir alles

Alida ·

Julle vergeet die Guptas is sy pelle. Dit kom uit hul pettie cash flow. Ek wens daai skelm verdwyn net. Is die tersaaklike ministers te slapgat om JZ in sy spore te stuit?

nico ·

Ja nee moes eindelik vir bedrog aankla wees die geld gaan nie uit sy sak kom nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.