“Ek was baie hartseer toe ek van die verskriklike tragedie en lewensverlies verneem het. Ons wil namens die regering en al die inwoners van Suid-Afrika ons innige meegevoel met die familie en vriende van die oorledenes betuig,” het Zuma gesê.
“Ons wens aan almal wat tydens die tragiese voorval beseer is, ʼn spoedige herstel toe.”
Sewe konstruksiewerkers is Maandag dood nadat ‘n huis in die Meyersdal Eco-landgoed gedeeltelik ineengestort het.
Zuma sê die regering het ʼn span inspekteurs en ingenieurs na die toneel gestuur om ondersoek in te stel na die voorval. Hy het ‘n beroep op bouers en projekbestuurders gedoen om aan die bou-en veiligheidsregulasies te voldoen.
Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag gesê daar is nie planne ingedien vir die aanbouings aan die huis nie.
“Daar is nie planne by die Ekurhuleni-munisipaliteit ingedien nie, en die aanbouings was dus onwettig,” het Themba Radebe, woordvoerder van die munisipaliteit gesê.
Die boukontrakteur wat betrokke was by die aanbouings het Woensdag gesê dat hulle gaan help om vir die sewe werkers wat dood is se begrafnisse te betaal.
Ag toe, watter medelye kry enige van ons oumense wat so barbaars vermoor word. Daar word net niks aan gedoen nie. Ja Zuma, waar is jou span ingenieurs en inspekteurs met Nkandla? Dubbelsinnig en agterbaks.
Ja Bibi, as hy maar net eenmaal sy snater oopmaak oor die gruweldade gepleeg teen bejaardes, maar hy swyg.
En die duisende moorde en verkragtings, Zuma? Die bakhand word by die oor gehou net ingeval jy fluister. Nee, hoor geen medelye nie, niks!