Zuma betuig meegevoel ná gru-ongeluk wat 10 eis

Foto: ER24

Foto: ER24

President Jacob Zuma het Donderdag sy meegevoel betuig aan die naasbestaandes van die mense wat tydens ʼn gru-ongeluk op die R40 buite Witrivier in Mpumalanga omgekom het of beseer is.

“Namens die regering en die mense van Suid-Afrika wil ek ons innige meegevoel aan die families en vriende van die slagoffers betuig. Mag hulle in vrede rus,” het Zuma in ʼn verklaring gesê. “Ons is regtig hartseer oor die tragiese verlies van lewens op ons land se paaie.”

Zuma doen ʼn beroep op alle motoriste en voetgangers om die padreëls te gehoorsaam en ten alle tye verantwoordelik te bestuur om soortgelyke ongelukke te vermy.

“Ons wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe,” het Zuma bygevoeg.

Maroela Media het vroeër berig tien mense is dood en 40 beseer nadat ‘n vragmotor, ‘n voertuig en ‘n bus Woensdagaand gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die bus in ligte laaie gestaan. Die vragmotor en motor het ook na die botsing aan die brand geslaan. Klik hier om meer te lees en om foto’s van die toneel te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Asb (!!!) smaar jou korrupte trane. Wanneer tuig jy meegevoel oor die BLANKE boere se uitmoor? Nee wat geen simpatie!

LvR ·

As Zuma so graag iets wil sê, moet hy dalk eerder met die taxi’s, busse en groot vragmotor-bestuurders praat. Meeste van hulle ry soos MAL VARKE en eis onskuldige lewens.
Praat ook sommer met die Metro’s/ owerhede wat nie hul pligte nakom nie, alles gaan net oor cho-chos! KORRUP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.