Zuma betuig meegevoel ná Kaapstad-huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

Sewe persone, waaronder vyf kinders, is dood ná ʼn brand Saterdagoggend by ʼn huis in Mitchells Plain, Kaapstad, uitgebreek het.

Die brand het omstreeks 08:30 uitgebreek by die huis in Macbethstraat, Eastridge. “ʼn Man, ʼn vrou en vyf kinders het in die brand omgekom,” het Robert Daniels, woordvoerder van die Wes-Kaapse nooddienste, gesê. “Twee van die kinders is onherkenbaar verkool.”

Daniels het gesê vyf volwassenes is kritiek beseer en na die Mitchells Plain-distrikshospitaal geneem.

Pres. Jacob Zuma het in ʼn verklaring sy meegevoel betuig aan die families en naasbestaandes van die persone. “Ek is baie hartseer en geskok oor dié tragedie wat met die gemeenskap van Mitchells Plain gebeur het,” het hy gesê. “Ek wil graag my en die regering se meegevoel betuig met die familielede van die oorledenes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jaco ·

dis verkiesing oor 2 maande. nou word daar meegevoel betoon met sogenaamde kleurlinge. gewoonlik is hulle egter nie swart genoeg nie…

Ignorant ·

Cherokee, seker omdat daar baie sensitiewe en Lang maar informele reels is wanneer mens na ras moet verwys. Soos wit is skandaal, en mag net na verwys word in n negatiewe lig. Kleurling is daar n sensitiviteit oor wat moeilik is om te verklaar.

Lance ·

Ek sien deur dit …hy soek stemme ….genade die mense is net SO voorspelbaar ….eintlik n joke

Ignorant ·

Ek hoop die plaaslikes is slim genoeg om te besef dat zuma niks vir hulle omgee nie maar net stemme soek.

Omgee ·

So of jy regtig omgee Zuma, die mense van Mitchells Plein is dalk arm maar beslis nie stupid nie!

Gesiggie ·

Moet nie net jammer voel en jou meegvoel betuig Zuma…maak n plan om hulp te verleen… al kan jy net n donasie maak met die begrafnis… Jammer aan die naas bestaandes van die gesin wat moes sterf…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.