‘Zuma bevorder rasseverdeling en stook rassehaat met grond’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma stook rassehaat met sy uitlating dat grond die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid en dat die grond in Suid-Afrika gesteel is.

Dit is die mening van die Vryheidsfront Plus. “Met hierdie opmerking teiken Zuma die wittes in Suid-Afrika asof hulle die oorsaak is van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Daar word ook gereeld in die parlement gesê ‘wittes het die grond gesteel’. Dit stook rassehaat en die Vryheidsfront Plus gaan ʼn klagte van rassisme indien by die Menseregtekommissie (MRK) om Zuma te ondersoek,” het dr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor grondsake van die Vryheidsfront Plus, gesê.

“Die feit dat Zuma hierdie opmerking in Rustenburg voor tradisionele leiers gemaak het, vererger die situasie as in gedagte gehou word wat die gevolge was met die uitlatings van die Zoeloe-koning oor vreemdelinge in Suid-Afrika. Dit is ook duidelik dat Zuma die EFF probeer troef oor die grondkwessie wat emosies en humeure vinnig laat opvlam.

“Die teendeel oor grond is egter waar. Grond vereis harde werk en kundigheid om bewerk te word en om produksie te lewer. Die blote besit van grond gaan nie armoede, ongelykheid en werkloosheid skielik oplos nie. Zuma en die ANC weet nie meer hoe om armoede en werkloosheid op te los nie en nou word die wittes op ʼn onverantwoordelike en emosionele wyse daarvoor beskuldig. Dit is ʼn gevaarlike resep wat rassekonflik skep,” het Groenewald gesê.

Die vakbond Solidariteit het intussen vandag gesê dat Zuma se onlangse optrede nie strook met sy leë beloftes om Suid-Afrika vir alle Suid-Afrikaners ’n beter plek te maak nie. Dit volg in reaksie op die president se toespraak wat by die gala-geleentheid ter viering van die ANC se 104de bestaansjaar gelewer is.

Zuma het onder meer beklemtoon dat die ANC voortaan alles in die stryd gaan werp om openbare geld verantwoordelik te bestee, korrupsie hok te slaan en meer hulpbronne aan armes beskikbaar te stel. Zuma het verder gesê dat die ANC geen steen onaangeroer sal laat om Suid-Afrika ’n beter plek vir almal te maak nie en dat hulle respek sal verdien deur hul voorbeeldige optrede as regerende party.

“President Zuma het duidelik sy onvermoë om Suid-Afrika na ’n meer doeltreffende en ekonomies welvarende samelewing te lei, ten toon gestel. Verder is sy termyn beklad met korrupsieskandale wat belastingbetalers veel meer as net die koste van Nkandla uit die sak gejaag het,” het Francois Redelinghuys, woordvoerder van Solidariteit, gesê.

Volgens Redelinghuys is die president se onlangse afdanking van die oudminister van finansies, Nhlanhla Nene, net een voorbeeld van sy swak besluitneming wat nie tekenend is van ’n president wat werklik die beste ekonomiese omstandighede vir Suid-Afrikaners wil skep nie. “Korrupsie en finansiële onreëlmatigheid vier hoogty onder die Zuma-administrasie wat ook verlede jaar deur die Solidariteit Korrupsieverslag uitgewys is. Voorbeelde soos Nkandla, Prasa, die SAL en dit wat op plaaslike regeringsvlak gebeur, kan maklik by hierdie lys gevoeg word,” het Redelinghuys gesê.

“Die ANC is in trurat en onlangse onthullings het die party net verder in omstredenheid gedompel. Dit is duidelik dat die ANC nou hard veg om stemme te probeer behou voor vanjaar se munisipale verkiesing,” het Redelinghuys verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Gerhardt ·

Zuma is nie my president nie. Hy is ‘n oppurtunis was binnekort sy dinges gaan sien. Absolute swak leier.

elizabeth ·

Hys n stand up comedian, n one man show..Sonder sukses.
Sy gehoor is sirkusgangers
jammer maar dis nie my mooi land se leier nie.

martim ·

Ek vermoed die ANC is op die agtervoet na die minister van finansies debakel. Hulle weet die enigste ding wat die massas maklik weer kan verenig is om blankes aan te val, in die besonser om ons as rassiste uit te kruit. Dit maak die struggle bewussyn weer wakker en lei tot eenheid onder hulle. Dus goedkoop politiekery.

annoniem ·

N president wat rasisstiese opmerkings maak en rassehaat bevorder moet onmiddelik aangekla en in hegtenis geneem word want hy voer nie sy wetige pligte uit waarvoor hy ingesweer is nie,dit is die grootste skande as n leier sy land opmors

Langtand ·

Dit is verstommend wat in sy kop aangaan! Hy maak nou witmense die slaansak vir sy ondoeltreffende regering! Hy is al vir baie lelike dinge uitgekryt en tog smeer sy toespraakskrywers alles toe en witmense kry in hierdie kruitvatland die skuld vir als! Ons weet grond bring geen geld in nie,al het jy duisende hektare as jy nie self hand aan die ploeg slaan en werk nie! Kos word voorsien deur bekwame mense wat op groot skaal waag ! n Goeie suksesvolle boer staan nie skielik moreoggend op en nou is hy suksesvol nie, hy werk sy gaai af daarvoor!
Ons het nou met die geweldige droogte gesien wat is die impak op die land as daar nie geboer kan word nie!
Besef hierdie man dan nie dat die goed wat hy sê verreikende gevolge inhou nie!
Ons sal ons veiligheid moet opskerp en waak teen die bose, hulle sal jou bekruip die oomblik wat jy dit die minste verwag!
Hoe kan 3 000 000 witmense hom so bedreig?
SA sal nooit in vrede leef solank hierdie tipe haatspraak verkondig word nie!!

Anna ·

Langtand, ek dink ons 3 milj witmense bedreig hom want hy weet ons het die kennis re alles wat die land weer optimaal kan laat funksioneer

Boertjie ·

3miljoen is vir hom ‘n berdreiging. Hy ken sy geskiedenis beter as wat ons dink.

Awie ·

Jammer oor die fout rapporteing van Gerhardt se kommentaar my foon het vasgehaak.

Andre Smit ·

Ek wil net se Jacob Zuma kan gaan en sal nooit ons land op die regte manier op die pad hou nie. Wittes word dagliks aangekla oor rasisme maar as hy iets daar oor te se het mag niemand iets doen nie. Om te se dis die wittes is n rasistiese aanmerking teen oor die wittes. Nee waneer gaan dit stop. Waneer gaan ons volk se oe oop gaan en opstaan en die regering aanvat oor wat aan gaan. Die koripsie in ons land is so groot en hulle gaan dit stop. Hoelank moet dit nog vat voor dit stop. Nee wat sy beloftes is leeg soos die n eier dop wat frot. Eks eerlik as ek dit se. Jy kan en gaan nie ons land red nie. Hys ons ondergang. En dis so.

Grassie ·

Zuma praat nou Mugabe-taal. Ek wonder of daar nog mense in ons land is wat nie glo dat ons volstoom op pad is na ‘n Zimbabwe uiteinde nie.

Spioen ·

Ja wat…almal hardloop MRK, VN ens maar daar kom niks van nie…

eugene ·

Ek stem. MRK.en Solidariteit hol weg met als, maar wat is die uiteinde? Ons moet minder ordentlik en meer barbaars word om gehoor en gesien te word.

Siela ·

Ek stem .. Hoogtyd hy aangekla word as stoker van rassehaat en van moord vir elke boer wat vermoor is in sy bewind.

PJ ·

Wonder nou net watter wig/teenwig het de klerk en kie ingebou vir hierdie tipe optrede moet asb nie sè die beste gronwet in die wèreld sal ons beskerm nie want die wonderlike grondwet word daagliks deur die regerende party verkrag

Marius ·

As jy self moreel bankrot is kan jy nie enigiets anders doen as dit wat jou populer in die “struggle” gemaak het nie. Blameer rassisme vir alles. Jy kan nie gee wat jy nie het nie. Zuma het self gevaal in byna elke faset van sy persoonlike lewe. Hy kan nie vir die nasie sê om skouer aan die wiel te sit en hard te werk nie. Hy kan nie vir pa’s sê om hulle rolle weer op te neem en hulle huisgesinne te lei nie. Dis dié dinge wat ons land nodig het. Hy kan nie gee wat hy nie self besit nie nie. Goedkoop politieke retoriek is al wat hy het. Die probleem is dit werk vir die ANC. Die oplossing vir ons land lê op ‘n mikro vlak by die huisgesin. Dis waar ons land se ware gebrokenheid lê. Nie in grondverdeling en regstellende aksie nie.

J Du Rand ·

Iemand moet skuld kry altyd apartheid!!! Aangesien anc so baie geld “misbruik” Moet hulle almal miskien oorweeg om privaat onderrig te kry in die geskiedenis? Want julle is die grootste misliking van n regering van die land! Wys jou geen plan van aksie om land se finansie reg te ruk nie alles gaan net in n put lose put?

FM ·

Zuma sal enige iets kwyt raak, net om sy eie onkundige, laergraad bas te red. Nou het wittes ewe skielik grond gesteel. Ha ha mnr zumpie.!!! Sê eerder vir die mense jy soek stemme in die plaaslike verkiesing. Julle regeer al 22 jaar en die land gaan agteruit, onder zuma se bewind al vinniger. Zuma veroorsaak rassepolarisasie, tot baie opgevoede en intellektuele swartmense sal dit ook saggies vir ons sê. Ek het voorheen al gesê mugabe is sy mentor en nou maak hy sulke geluide. Mnr Zuma jou turf sit. Jy probeer stemme steel met jou gekruipery op die podium. Nou moet jy nog net t hempies en kospakkies ook uitdeel voor die verkiesing. Plaas SUID -AFRIKA eerste ,meneer en dan sal dit beter gaan. Ek skaam my om te sê president zuma. Die land soek n goed opgevoede intellektuele president waarop almal trots kan wees!!!!!!!!!!!

Elizabeth ·

Laasjaar was dit onse Jan die jaar is dit grond. Die man is n Dom mens wat nie twee woorde aanmekaar kan ryg nie……

adrian ·

Ek sien op news24 het hy weer begin sing: yinde indlela esihambayo wat beteken dit ken nie zoeloe nie ek moet daai taal leer en bemeester. Ek reken ons moet die swart tale begin leer en praat veral wanneer ons beskinder word. Hoe mooi is dit wanneer jy in daai taal terug antwoord

vermeende ·

Wie dra kennis van die Siener.
Die winter was skaars verby toe is ons land gras groen van die eerste reen.
Dit is wit dan word dit groen en sodra dit weer wit word dan is on probleme hier. Met sulke uitlatings glo ek die Siener se tyd het aangebreek. Kyk gerus hoe wit is die aarde.

GES ·

vermeende – oom Niklaas het 3 brandpunte geïdentifiseer naamlik die Oos-Rand, Kimberley en Durban. Die spoorlyn tussen Prieska en Luderitz is in werking. Die groot droogte en die groot moeilikheid is op hande. Sy raad was om nie betrokke te raak en in die spervuur te beland nie maar om laer te trek (geestelike laer).

Boertjie ·

Poplap, Oom siener het voorspel daar gaan ‘n rasse oorlog in Europa uitbreek. Gaan doen bietjie navorsing en sien wat huidiglik aan die gang is in Duitsland, Switserland en oor die hele Europa. Na die burger oorlog teen noord afrika wat nou in massas Europa toe vlug, begin die vroue daar in duisendes verkrag en moorde pleeg sal die 3rde wereld oorlog uitbreuk. Dan is dit die moeilikste tyd wat ons as blankes gaan sien in die land, die wat wel daar deur gaan kom, gaan hulp ontvang vang Duitsland wat ons gaan bystaan met verskeie behulp middels..As dit verby is, gaan ons weer ‘n toekoms he in die land en gaan dit weer ons wees wat die ekonomie gaan beheer. Tot en met dan, kerm en kla al die blankes en vlug die wat wel dit kan bekostig en dit sal weer die arm boere blanke wees wat gaan sterk staan. Siener van R se woorde is bitter naby. Nog 2 of 3 jaar van nou af sit ons in ‘n 3rde wereld oorlog, 6 jaar van nou af, beheer ons die ekonomie en oor 15 jaar van nou af gaan almal wat ons gelos het om die gemors uit te sort terug kom van die buiteland wat nou so weg trek en erkening geniet vir hul heldadigheid en trots staan asof hul deel was van die vryheidsvegte van vandag. Byt vas Poplap, ons moet net probeer aan die lewe bly en nie nou bekommer oor rykdom nie.

Rynhardt ·

Moenie n obsessie met Siener ontwikkel nie! Ek vind dit verstomnend dat meer mense in Siener glo, as in die Here en die 1933/53 vertaling van die Woord!Siener se goed is 50% korrek!

Flippie ·

As Sparrow swart mense ape noem, word sy gekruisig. Sy word van alle kante vervovolg en verguis. As Hart beweer dat die apartheidslagoffers al meer minderhede haat en toenemend begeregtig. En Hart word geskors van sy week.

Nou kom die President van die land en beweer die blankes het die grond van swartes gesteel. ENDAAR KOM NIKS VAN NIE.

NIE ‘n ENKELE TWIET VAN DIE MILJOENE SWARTES IN DIE LAND NIE. WIE IS NOU DIE RASSISTE?

WAT WIL DIE SWARTES MET ONS DOEN WAT GROND BESIT? WIL HULLE WERKLIWAAR ONS LANDBOUPRODUSENTE ONS VAN ONS BESIGHEDE (VAN ONS LEWENS INKOMSTE) ONTNEEM. WAAR GAAN ONS BLY WAAR GAAN ONS WERK?

MY PLAAS IS MYNE MET BELASDE GELD BETAAL. KOM HAAL HOM OOR MY DOOIE LIGGAAM. MAAR EK BELOWE DIT SAL NIE DIE ENIGSTE DOOIE LIGGAAM WEES NIE.

Flippie ·

Komaan Maroela ek het nou my kommentaar al twee keer geredigeer – wil julle werklik nie publisher hoe ons landbou produsente oor die saak voel nie.

Klim uit jou voor stedelike gewaande sekuriteit en kom belê in die platteland en kyk hoe sulke uitsprake jou raak!!+

Jaco Grobler ·

Die grond waarop stedelike behuising, nywerhede en besighede staan is ook ‘gesteel’ Hierdie het niks uit te waai met die plek waar jy jou bestaan voer nie, maar jou identiteid as blanke afrikaner.

GES ·

Die hoeveelheid verbale diareë wat nr1 al kwyt geraak het is verstommend. Is daar niemand wat hom kan briek nie en tot orde kan roep nie? Hy is die hoofoorsaak van al die haatspraak en onverdraagsaamheid in die land.

Maryna ·

stadig maar eintlik baie vinnig is die ANC span besig om dinge so moeilik te maak vir die blankes in SA dat die rykes wat al klaar plekke in die wêreld besit gaan verhuis dan jou ryker mense dan al die geleerdes OP DIE OU END sit Zuma met n handvol baie bejaardes n paar kannie doods en n spul arm blankes ….. nie lank nie dan gaan hulle hulself verdun ! Dan kan ons weer terugkom MAAR in die tyd sal die ekonomie ter gronde gaan WANT hier sal niemand beskikbaar wees om die land te beheer nie EN OOK sal die SARS betalers minimaal wees !

Henry ·

Maryna
Mynsinsiens en vir wat dit werd mag wees – jou uitstekende kommentaar is so in die kol, dat dit eintlik skrikwekkend is!
Hoe gouer besef word dat ons die werklikhede moet raaksien en die reële bedreigings wat ons konfronteer, tydig identifiseer, hoe groter is ons kanse op oorlewing.
Vergeet maar van al die droombeelde van vergange tye en gryp die dag wat nou en vorentoe op die pad lê.

Mervyn ·

Hulle hou net weereens handjie bak soos gewoonlik maar soek nou ALLES wat blankes het! Die vonk in die kruitvat gaan seker die jaar gebeur want hoe lank gaan blankes nog die beledigings en kriminalisasie verduur? Die ” ding” sal nie vanself weg gaan nie, hier kom moelikheid!

Karen ·

Hoe lank kan blankes nog hierdie vyandige regering duld? Reg in ons gesigte terwyl ONS die be lasting betalers is!!

Boertjie ·

Haha. Jou kommentaar is hier. Net so iets aan almal. Ek het ‘n eienaardige visie gekry hoekom om blankes sukkel om saam te staan al wil ons baie graag. Steve h was ‘n groot links gedrewe in sy jonger dae, hy het erken hy het die vyand ingestem, nou sing hy van grond en plaas, maar glad nie oor almal nie, wel die wat dit kan bekostig. skaap van Bler, ag bok van b sing oor staan jou man boere van 200 jaar terug en dan weer tyd om te trek in ons tyd. Die klas van propoganda bring misverstande en maak ons wat daarna luister deurmekaar en verward tot ons nie meer weet watse kant toe nie. Ek kan nie dink dat enige van hierdie klomp sangers werklik die voor lyn sal vat nie of het ek dit verkeerd. Ek sal graag julle opunie wil hoor en verskoon die spelling, ek is nie nou in ‘n spel toets nie. Ek is deel van ‘n buurt wag gemeenskap en ons betekin meer vir mekaar en staan saam deur baie en help waar ons mekaar kan help. Ek sien die klomp sangers ens, gebruik politieke stratagiee om geld uit ons te maak. gebruik ons mense se swakhede om hulself te verryk. Mense, ons moenie wag vir een van daai sag geaarde sangers om ‘n boehaai te maak op media maar werklik eintlik niks betekin nie of wel iets betekin as jy geld het. Laat ek hoor wat julle daarvan dink al is dit van die punt af, ek kan net nie nou nog dink aan zuma se normale optrede nie.

Liewe lulu ·

Zuma se oggend en aandpraatjies stem nie ooreen. Hy praat uit 2 monde

juan ·

Dit is n mite dat die AN C armmoede & werkloosheid wil op los. Hoe meer mense van hulle “liefdadigheid” afhanklik is hoe beter sal hulle by die stembus vaar.
n groot welgestelde middelklas sal die AN C se doodsteek wees en die AN C is deeglik daarvan bewus.
Dit is ook n mite dat grond gelykstaan aan rykdom – Israel was letterlik n woestyn, maar met menslike kapitaal het die Jode dit in n oase verander.

johann muller ·

As n mens ons land se sitsuasie mooi wil verstaan, dan moet jy jou Bybel ken, ons voor ouers het n gelofte af gele, ons voor ouers was Gods vreesend. Die nageslag het nie hul gesteur aan die Gelofte hul het weg gedwaal van Die Geloof in God. God, “Die straf vir die sonde is die dood.” “Wel gelukkig is Hy wie sy God ten volle dien.” Ons moet God se hand neem voor dit te laat is. [Die Sabat word ontheilig, bar, casino’s, winkels oop op Sondag] Ons vertrou in die wereld mens en nie in God.

Boertjie ·

Hy het sopas nog ‘n massa boere dood gemaak. Die ANC het gedink ons boere gaan net ons land so gou moontlik opgee met die klein bedraggies wat hul aangebied het. Dit het nie gou genoeg gebeur nie, en hy speel nou EFF se speletjie. Vat die grond en ons probleme is opgelos. Hy is nie so stupid nie, mens noem dit straat wys. Het ons nog ‘n millitia van een aard? Mense, byt vas, hier kom ‘n droee een vir ons boere. Gedink die droogte is iets? Die roler coster het nou eers begin.

Poplap ·

Wat sê jou oom Siener van die droogte?
Wat is ‘n militia van een aard?

Johan. ·

Wat nou gebeur is dieselfde as in Zimbabwe.
Die regerende party verloor steun en is bang hulle word uitgestem. Kry n gemene vyand, weereens die Blankes, vat hulle eindom en hulle is weer aan bewind. Solank as wat daar blankes in SA is, gaan hulle die oorsaak vanANC mislukkings wees. Aanvaar dit.

Chris N ·

Asseblief mense wees geduldig. Pienk Frikkie de Klerk en sy mede Boere verraaiers, Meyer & smiley Wentzel, sal ons nog kom red met van al hul destydse lee beloftes . Van ons RW lede het jul destyds met ons insette gewaarsku teen vandag se realiteite. De Klerk se hande is bevlek met die Volk se bloed.

Frik ·

FW de Klerk, Roelf Meyer en Leon Wessels. Ons soek verduidelikking vir wat julle vir ons land by Codessa onder handel het! Komentare asb julle! . Sien julle moo pragtige verwysings ? op Google. Waar is die wigte en teen wigte en Nobel pryse?

Rynhardt ·

Zuma stook rassehaat, waar is die Menseregtekommissie nou? In die begin van 2015 het hy dieselfde in Kaapstad-stadion gedoen(nadat DA hom genooi het) met Jan van Riebeeck uitlating.Daardie dag het hy ook sy treffer gesing:”Bring my masjiengeweer”.Die Menseregtekommissie kyk anderpad met Zuma die heeltyd.Kommissie was net gestig om jag op Afrikaners te maak.In 2008 het Zuma juis by n saamtrek in Kwazulu-Natal gese:”Die afrikaners moet boet vir die onskyldiges wat by Bloedrivier gesterf het”. Zuma weet net hoe om die massas op te sweep en wie te blameer vir alles! Die wat wag vir DA om iets te se, gaan verewig wag! Blankes moet een ding mooi verstaan (dit geld ook vir hierdie organisasies), Zuma en Anc gaan nie volgens jul reels speel nie.Elke keer wanneer die prez iets se, weet hy die massas gaan hom glo, sonder dat enige een van hulle hom bevraagteken.Die tekens is reeds daar!Daar is nog steeds wittes wat glo dat Zuma en kie by reels gaan hou om hul gelukkig te hou.Kyk wat het in 22jaar gebeur onder Anc, dit se alles vir die slapendes!Is Zuma se hudige toespraak n verrassing? Werklik?

Sarie ·

Gelukkig is hier ding ook nie my president nie vir my is hy net iemand wat ons land opgevoeter het, ons land keer-op-keer in die skande steek en saam met sy party ons land bankrot steel. Iemand wat binne ‘n week die wereldmarkte laat tuimel het en ons in ‘n posisie geplaas het waaruit ons nooit weer gaan herstel nie

louis ·

In watter hof is ons blankes skuldig bevind dat ons die land se grond gesteel het. Die vet weet ons is keelvol vir die afgesaagde valse beskuldigings van ons het grond gesteel.

GES ·

Frik – Dit help nie jy eis verduidelikings van FW en kie nie. Hy was besig met ander dinge. Roelfie en Leontjie was naïewe liggewiggies wat selfs Ramaphosa laat lag het. So ons sal self die kaiïngs uit die vuur moet krap.

Leon Coetzee ·

Zuma moet liewer bedank want van nasie bou en landsake weet hy en sy kaders net mooi niks . Hy doen groot skade met sy uitsprake en verder sy rekord met die gereg . Ek dink nie ‘n land soos Suid Afrika verdien iemand soos hy nie. Hy doen net skade en maak ‘n bespotting in die buiteland , dit is net Zimbanwe wat hom aanbid

willie ·

As ons grond gesteel het,daar is howe,Zuma gaan le n klag by die
suid afrikaanse polisie,Zuma jy kan nie aantygings maak en se ek skuldig ,as howe my nie skuldig bevind het nie.Zuma jy staan self agter die deur .

Elizabeth Bosman ·

Zuma weet nie meer herwaards of derwaards. Hy het soveel blapse in sy ampstermyn reeds gemaak en nou probeer hy die armstes onder die armes en die totaal ongeletterdes beindruk met die snert wat hy kwytraak. Dis te laat Zumpies. Jy het eiehandig jou eie ondergang bewerkstellig.

Pietie ·

Wat nou al dekades lank in die land gebeur, is al voor 1994 voorspel. Pienk Frikkie en sy meelopers (en almal wat destyds “Ja” gestem het) is ernstig deur nugterdenkende mense gewaarsku dat wat tans aan die gang is, die gevolg van ‘n “Ja” stem GAAN wees. Die onsin van “wigte en teenwigte” is so belaglik dat dit mens laat lag. Het mense destyds dit nie besef dat die opponerende politieke party teen Frikkie en sy meelopers gedurende 1994 alles sal aanvaar totdat hulle die mag in die hand het nie??. Dan kan sulke “ooreenkomste en wigte en teenwigte” sonder teenspraak van die tafel gevee word en ‘n ware Afrika kultuur kan gevestig word, soos dit tans die geval is. Dit was asof die kiesers van 1994 ‘n selfmoord wens gehad het en blindelings agter Pienk Frikkie aangestorm het, sonder om hoegenaamd die gevolge daarvan in ag te neem. Die argument word ge-opper dat daar destyds ‘n oorlog sou ontstaan as die meerderheid “Nee” gestem het. Volgens hierdie siening was dit dalk die dryfveer vir die 62% “Ja” stem en so is ‘n ramp voorkom. Ek wil egter graag diesulkes vra of die daaglikse moordsyfer nie in elkgeval oorlogsongevalle verteenwoordig nie?. Al waarin daar dus destyds geslaag is, was om ‘n skerp, intense konfilk te voorkom en dit in ‘n lae intensiteit oorlog van onbeperkte duur te verander soos tans die geval is. ‘n “Ja” stemmer van destyds moet dus nie nou ontevrede wees ten opsigte van die totale chaos, staatswanadministrasie, mislukte ekonomiese beleid en oorweldigende misdaadstatistieke nie. JULLE het daarvoor gestem!. As dit hewiglik ontken word en dit beweer word dat “ek nie hiervoor gestem het nie” sal ek graag wil weet wat so ‘n persoon se IK is as dit moontlik is om dit te meet!.

Roger ·

Veralgemening….hy wil hierdeur voorgee dat all blankes grond “gesteel” het. Maw, ek kan hom gaan aankla vir naamskending en ander dinge. Korrek? Graag wil ek by hom en sy trawante weet waar is hul kaart en transport dokuentasie om te bewys dat hul enige eiedom besit het, wat nou kwansuis gesteel het. Ook kan hul ook sommer vir my ‘n afskrif stuur van hul stamboek en wie hul voorouers was (name, beboortedatums, ens). Hoeveel gaan ek kry? In afwagting….dalk tyd dat ‘n massa-klagte teen hom en sy trawante ingedien word vir haatspraak, aanmoediging tot geweld en naamskending.

Charlotta ·

Na 21jaar kry die witman nog steeds die skuld vir hulle onbevoegdheid. Hulle weet ons blankes het meer gedoen en reggekry as wat hulle ooit sal reg kry.

Dan ·

My beskeie mening is dat die EFF se siening begin nagevolg word om op die ou einde n koalisie n tweederde meerderheid moontlik te maak, dan sal dit wees wat hulle werklik wil he. Hulle is nie werklik vyande van mekaar nie. Dis net oe verblindery.

Frik Lotz ·

Zuma maak nes hy wil en hy kom weg met als. Dis goed dat VF Plus n klag ingedien het by menseregte kommissie oor sy rassistiese uitsprake. Blankes en spesifiek die Afrikaner, het niemand se grond gesteel nie en is beslis nie verantwoordelik vir hoe die land vandag lyk nie. VF Plus, gaan voort met jul goeie werk!

nelma ·

Ons moet die arme man sy domgeit vergewe want onthou hy ht nt std 3 geslaag ! Die strandlopers was 1stE hier en nie hy en sy crony pelle nie. N mens steel nIe grond waarvoor jy gewerk en betaal ht nie, hy moet sy feite agter makaar kry want hy slaan sy ‘naam’ elKe dag nt harder met n plank

Frans ·

Frans

Wat het die meeste politici in gemeen? Hulle span hul seile na gelang van die politieke gehoor wat hul toespreek.

Daar was darem diegene wat ‘n fyn sin vir humor gehad het.So het Herndrik Schoeman ,destydse minister van van Vervoer en later landbou, met homself gespot- toe hy gesê het:
‘Hoe hoër ‘n bobbejaan teen die berg uitklim, hoe meer sien jy van sy agterent’.

Willem Frost ·

Zuma en die ANC is n kanker wat besig is om die land vinnig te verteer. Die truuk om die witmense vir alles te blameer het die ANC natuurlik by hul groot held Robert Mugabe geleer. Ek wonder soms oor die handjievol Afrikaners wat hulle by ANC aangesluit het; sou hulle ou Zuma toejuig?

FM ·

Dan : Jy praat so waar. Ek dink Zuma en Malemmer is dik hand om die blaas. Hulle is kop in een mus. Ek dink hulle skryf (of laat skryf) mekaar se toesprake. Hulle is groot chommies. Malemmer se tirade teen die anc is net oëverblindery. Mark my words!!!!!

Okker ·

Ek se dankie aan die VF Plus Solidariteit en Afriforum wat weerstand bied teen n regeering wat minderhede onderdruk vryheid wegneem van die wat hulle kritiseer. Dit is duidelik dat ANC se plan is verdeeldheid deur vrees in mense te skep sodat hulle stemme kan kry ek bid dat alle Christine van alle rasse saam staan en begin bid, ons is die verantwoordelikke generasie wat verantwoordelik is vir ons nageslag se naalatenskap meer as 80% van Suid Afrikaners is Christine en as ons saam staan kan ons beter Toekoms bou.

John ·

Mense ons moet nou ophou om ons klei-osse uit die ossewa te gooi. Die goed breek maklik. Ons moet eerder begin om onortodoks te dink. Einstein het gese as mens ‘n som op dieselfde wyse doen kry jy altyd dieselfde antwoord. Ons mense het met niks in hierdie land begin, so…?

Deon ·

Al wat ek kan sê is dat hier groot moeilikheid op pad is. Dis nou die tyd vir ons om die geskiedenis te onthou en daarop voort te bou. Al hoe ons dit gaan doen is om God te vertrou en om saam te staan. Ons voorvaders was al hier en met ‘n gelofte aan God en spanwerk, het hulle die onmoontlike vermag. Ons voorvaders het nie moeilikheid gaan soek nie. Hulle het die tekens gelees en laer getrek. Op hul knieë het hulle as oorwinnaars uit die stryd getree.

Op ons knieë in eendrag! Dis hoe ons die toets van tyd gaan weerstaan. Ek het geen tyd vir de Klerk en sy gespuis nie. Ek gaan nie my tyd mors met blaam plaas nie. Vir my is daar net tyd om met God te kommunikeer en my hart aan Hom uit te stort. Sy plan vir ons is al duisende jare oud. Ek vertrou op Hom en elkeen van julle om saam te staan.

Ben van Staden ·

Ek lees die kommentare en ek wonder.Ek wonder waar dinge verkeerd gegaan het.Ek wonder oor ons volkie wat op hierdie stadium maar bitter klein is en wat elke dag moet pa staan vir die ANC se onbeholpenheid. Ons leef in ‘n “Nuwe” Suid-Afrika in ‘n verhouding van om en by 1:13.’n Suid-Afrika wat siek geword het en op die rant van ‘n afgrond staan. Laat ons maar ophou om naief te wees en te wil glo in dit wat die Siener jare terug voorspel het. Die witman sal nooit weer hierdie wonderlike stukkie grond regeer nie. Die ANC se bedmaats is net te veel – Chinese, Russe, Kubane en baie ander – om werklik vir hulle ‘n bedreiging te wees. Verloor hulle dalk ‘n regverdige verkiesings, neem hulle oor met ‘n staatsgreep want ons vergeet dat hulle eintlike bedmaats twee gevaarlike kalante is.Die satan en die illuminatie. Die duisternis. Gaan doen maar gerus navorsing en laat jou nie mislei deur hulle mooi praatjies nie.

Niemand lewer kommentaar oor hierdie werklikhede nie. Die werklikheid is dat die strategie van die illuminatie – met hulle verkondiging van die nuwe wêreld orde, vrede, gelykheid en nog baie snert- juis daarop gemik is om volke af te breek tot in sy fondamente deur wet en orde te laat misluk en die moraal van mense af te takel.In hierdie land vier korrupsie, moord, lieg en bedrieg, en alle wat teen God en Sy gebod indruis hoogty. Of ons daarvan hou of nie – die satan is in beheer! So gaan dit regoor die wêreld. Dit moet so wees want God waarsku ons in Sy woord oor hierdie dinge. Ons word op die huidige beproef maar ons nageslag gaan nog baie swaarder beproef word.

Die oplossing vir hierdie dilemma is nie gesetel in oorlog praatjies of die afwag op gewaarwordinge van die gesigte van van Rensburg nie. Ons moet soos die Israeliete van ouds terugkeer na God en sy gebod, ons volk se toekoms in sy hande plaas en wag dat Hy op Sy tyd uitkoms sal gee. God slaap nie.

Kobus Rossouw ·

Dit is duidelik dat daar n paar negatiewe dinge vir ons voorle my vraag egter , hoeveel van ons is deel van n Noodplan of is betrokke by een of ander oplossing sou dit gebeur ?

Kobus Rossouw ·

Die liewe Vader het ons geskape met verstand , ons is soos die padda in n pot waar die water geleidelik verhit word tot amper kookpunt. Wie sou in 1993 dink dat “BEE” , plaasmoorde , tekort aan elektrisiteit/water en grond/pensioenfonds onteiening na 20 jaar n werklikheid sou wees? Dan sit ons nog steeds en se vertrou net, met die hoop dat iets gaan gebeur en alles gaan regkom ek kry baie die gevoel ons skuil agter ons geloof deur nie betrokke te wees. Ons moet Bid vir genade en wysheid en ons moue oprol .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.