Zuma beweer negatiewe veldtog teen ANC

Pres. Jacob Zuma tydens 'n verkiesingsveldtog in Kimberley Foto: SAPA

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n verkiesingsveldtog in Kimberley Foto: SAPA

Pres. Jacob Zuma het Saterdag gesê opposisiepartye en die media het voor die verkiesing ʼn negatiewe veldtog teen die ANC gehad.

“Daar was ʼn negatiewe veldtog om ʼn party te skilder wat ons nie ken nie,” het Zuma aan duisende ondersteuners en vrywilligers se Siyabonga-feesvieringe na die verkiesingsuitslae, gesê.

Hy sê die opposisie en die media het op die ANC gefokus. “Talle koerante het oor die mislukkings van die ANC geskryf. Die opposisie het nie oor hulself gepraat nie, maar het eerder oor die ANC gepraat in ʼn poging om die mense van die land deurmekaar te maak,” het hy gesê.

Hy sê die partye het op sy Nkandla-woning gefokus en het nie aan die land gesê wat hulle sal doen om mense se lewens te verander nie. Hy sê politieke partye het só baie oor Nkandla gepraat, dat hulle begin glo het dit is wat mense wil hoor en waaroor hulle praat. “Die ANC ken politiek. Terwyl ons mense by hulle huise gaan besoek het, het niemand oor Nkandla gevra nie. Hulle [die opposisie] het begin glo mense praat oor Nkandla.”

Zuma het bygevoeg daar is niks fout met sy woning nie en hy verstaan nie waarom hulle daaroor praat nie. “Daar is niks fout met Nkandla nie, daar is iets fout met hulle,” het hy gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Oor die “skilder van ‘n party wat ( Zuma) nie ken nie” – – “None so blind as those who would not see”, lui ‘n Engelse spreekwoord. Zuma hou hom blind en doof vir enigeen wat nie hul “goeie storie” – advertensie onderskryf nie.

Blind was hy toe mense dwarsoor die land teen swak dienste betoog het. Blind was hy toe mense oor die Gupta-debakel geskryf het. Blind was hy nog vroeër toe mense oor sy Shaik-konneksies gekla het. En die lys kan nog baie langer gemaak word.

Oor die “negatiewe veldtogte” – NATUURLIK! Watter deel van die woord OPPOSISIE verstaan Zuma nie?

Meisie ·

Ai tog , dit is werklik so pateties. Die anc het geen hulp nodig om hul naam af te trek nie!!! Hulle het vir zuma wat `n baie goeie job doen. As hulle wil weet waarom hulle gewildheid afneem , kan hulle maar net na hule president kyk, daar sal hulle die antwoord kry!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.