Zuma blameer Europa vir vlugtelingkrisis

President Jacob Zuma tydens die G77 plus China-viering in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens die G77 plus China-viering in New York (25 September 2015) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma het sy bewering herhaal dat ʼn Navo-geleide bomontploffing in Libië in 2011, gelei het tot die huidige vlugtelingkrisis in Europa.

Zuma het Vrydagaand tydens ʼn funksie by die Verenigde Nasies se hoofkantoor in New York, om Suid-Afrika se leierskap van die G77 plus China-groep van ontwikkelende nasies te vier, gesê alle nasies moet saamwerk oor sekere kwessies. “Net gister nog kon ons nie saamstem wanneer Afrikane ʼn padkaart tot vrede in Libië sal hê nie,” het hy gesê.

Hy verduidelik ʼn bomontploffing op die Libiese leier Moeammer Gaddafi se magte, ná ʼn stem in die veiligheidsraad van die VN (en ondersteun deur Suid-Afrika), om militêre ingryping wat burgers sal beskerm goedgekeur is, het onsekerheid in daardie deel van die wêreld veroorsaak “en dit is waarom die vlugtelinge die grense oorsteek”. Hy het gesê die vlugtelingekrisis is ʼn “mensgemaakte probleem”. Hy het gesê die G77 plus China moet nader beweeg om oor ʼn paar kwessies saam te stem.

Verskeie staatshoofde, waaronder die Duitse kanselier Angela Merkel (wat teen die resolusie vir militêre ingryping in Libië gestem het), Tanzaniese president Jikaya Kikwete, Lesotho se eerste minister Pakalitha Misisili, Mosambiek se president Filipe Nyusi, Ekwatoriaal-Guinee se president Obiang Nguema, Liberië se president Ellen Johnson-Sirleaf, en ministers en ambassadeurs van verskeie lande, insluitend die Afrika-unie, het die funksie bygewoon.

Zuma sal na verwagting Saterdag met Ban Ki-Moon, algemene sekretaris van die Verenigde Nasies, vergader en ʼn vergadering van die AU se vrede- en veiligheidsraad bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Manie ·

Nou hoekom het hy nog nooit vir bob geblameer oor die honderde Zim mense in ons land?

Anton Smit ·

Manie het jy al ooit jou maatjie blameer as jy jou toon stamp

jacques ·

Hulle is maatjies.Almal in die wereld is so geskape om jou vriende te probeer beskerm.Julle het nog nie gehoor dat hy se ou Bob was reg wat hy gedoen het in Zimbabwe nie.
Julle weet meskien as ons witmense nie so haatlik teenoor hom was sou hy meskien vir ons onafhanklikheid gegee het erens.Ek sou ook nie as ek hy was nie sou te bang gewees het vir julle mense.Hy het goeie invloed nou van Putin(wat n wit ou is) om te verander.
Weet nie hoekom julle dink Mal ema gaan n beter predent wees nie?want dan sal ons soos die Siriese imigrante opeindig en waarheen weet ek nie gaan ek swem nie.Europa wil ek nie gaan nie?Robin eiland is seker al wat dan gaan oorbly om te gaan meskien kry ek dan free food vir klippe kap heeldag.

Susan ·

Wys net hoe min julle weet wie dink julle is die oorsaak van van isil mos engeland Frank ryk en amerika hul gooi bomme in irak sirie libie en Afghanistan natuurlik is hul verantwoordelik vir die immigrante isiil is bewapen met amerikaanse wapens tenks ens zuma weet waarvan hy praat

Pieter V ·

Susan jy is seker een van die min mense wat dink Zuma weet waarvan hy praat, die krisis in die islamitiese lande is deur hulle eie toedoen ,Daar is verskillende faksies onder hulle en die een kan die ander nie verdra nie daarom roei hulle mekaar uit. Jy sal ook opmerk van fotos in die westerse media dat negentig present van vlugtelinge mans is ,wat weer op die manier die westerse lande te beset en sodoende poog om die weste oor te neem en na Islam te bekeer. Zuma weet in elk geval nie wat aan gaan nie die toespraak wat hy gelewer het is deur sy moslem vriende vir geskryf.

Piet ·

Jy is reg Susan.
Mens hoef nie ‘n Einstein te wees om te weet dat die bombardering van Libië deur die Britte en Franse met die hulp van die VSA, tot die huidige chaos en wanorde in Libië gelei het nie.
Om nie eers te praat van die VSA en Brittanje se jarelange steun aan die sg ‘rebelle’ wat Assad se regime met Westerse wapens probeer vernietig nie.
Zuma is hierdie keer in die kol.

Paul ·

Zuma is nog nooit bekend gestel aan die proses van dink en weet nie. Die man is die volmaakte verleentheid vir ons land.

Sarie ·

Ek hoop Ban -Ki Moon vra hom bietjie uit oor die plaasmoorde. Moet seker maar nie asem ophou nie.

Berhalet Beukes ·

Uhm, om jou opinie oor Europa te lewer is ietwat pateties Mnr Zuma! Wanneer laas het jy om jou gekyk na wat jou eie mense doen? Ook maar dom soos grond!

Kaspaas ·

Wat weet hy. Hy, hy kan nie eens sy familie beheer nevermind n land nie. Swakste president wat die land nog ooit gehad het. Selfs erger as veraaier De Klerk.

jacques ·

Gee een van julle dan die rede hoekom daar so baie vlugtelinge is.

FM ·

Ag mnr Zuma, sê eerder jy is anti Amerikaans en pro Chinees, Russies. Sê dit hard en duidelik. Jy trek SA net afgrond toe!!!!!!

Jimmy ·

Gister n vee wagter nou vertrenwoordig hy Suid Afrika . Siek !!.

Cum Laude ·

Lafaard! Praat nonsens oor Europa by Amerika, praat sleg oor Amerika by China, Praat sleg oor Brics by Euro lande, maak Deals met die Russe, en dink soos Afrika!

HEVW ·

Die hoogsontwikkelde SA wat hy op n skinkbord gekry het, gee nogal sy selfbeeld n hupstoot. Nou betree hy sake wat vir hom onbeheerbaar kan raak en sleep ons almal saam met hom in die gemors.

zeebs ·

Berhalet….stem nie met jou saam dat hy so dom is soos grond nie….grond is vrubaar en ons kan daarin plant en voortbring!

Fiki ·

A picture says a thousand words… Almal wil met ons president praat.
Hy is ‘n ware charmerboy. Jy maak my trots om ‘n Suid Afrikaner te wees Meneer J Zuma

Vic ·

Ja, Zuma is reg. Die destabilisasie van die Midde Ooste en Noord Afrika lande is direk te wyte aan die invalle van Amerika en Europa in verskeie Midde Oosterse lande, agv die Weste se oliebelange en magshonger. Hulle was verantwoordelik vir die dood van honderde duisende mense ( indien nie miljoene nie ) en die afbreek en verwydering van die wettige strukture en kontrole, wat veroorsaak het dat organisasues soos Dayesh net kon inloop en oorneem. Die vlugtelinge uit midde en suider Afrika is egter n probleem geskep deur Afrika.

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela hoekom verwyder julle my kommentaar wat op feite gebaseer is hmmmm……..

Paul ·

Sekerlik was jou kommentaar nie hiper polities korrek nie. Ek het self maar sowat 5% kans dat my kommentaar getoon word.

HEVW ·

Fiki daar bestaan n gesegde wat se: “Moet jou nie veel steur aan komplimente nie. Mense voer jou gewoonlik met n lee lepel.” Vir n dwaas is dit onmoontlik om dit agter te kom. Daarom floreer hy voort in dwaasheid.

Jan maak n Plan ·

Daar is n bewoording vir dit wat nr 1 praat – dis verbale diharee.

Mike de Beer ·

Nou wat se bom het wie in Zimbabwe gelos dat ons in Suid Afrika sit met miljoene Zimbabwiese vlugtelinge? Zuma moet eerder hier rondom sy eie pappot die situasie uitkyk en sy eie huis in orde kry alvorens hy hom uitlaat oor wereldsake waarvan hy nie ‘n “clue” het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.