Zuma-bondgenote glo in opstand oor Gupta-bande

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma se naaste politieke bondgenote het hom glo nou die rug gewys weens sy noue bande met die invloedryke Gupta-familie, het die Sunday Times berig.

Volgens die berig het dit Zuma geïsoleer en groeiende vyandigheid in ANC-kringe rakende die Guptas blootgelê. Daar is al ʼn geruime tyd bespiegeling oor Zuma en van sy ministers se noue Gupta-bande.

Cosatu- en SAKP-leiers het egter verlede week hul irritasie met die Gupta-invloed te kenne gegee. Dit volg nadat Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, in Desember tydens ʼn besoek aan Zurich met die uitvoerende hoof van Glencore vergader het, glo in ʼn poging om ʼn ooreenkoms te bewillig vir ʼn maatskappy wat bande het met die Guptas om die Optimum-steenkoolmyn in Mpumalanga te koop.

Die myn is glo ʼn week later aan die Gupta-familie verkoop. Die minister se teenwoordigheid by die vergadering is glo uiters ongewoon, het die Sunday Times berig. ʼn Bestuurslid by Glencore het glo aan die koerant gesê die maatskappy is beïnvloed om die myn te verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dries ·

Dit is sekerlik tyd dat die ANC wakker skrik om te sien Zuma speel met die land se toekoms, nie net ‘n paar myne s’n nie.

Kaspaas ·

Niks sal gebeur want dit sal net die verkeerde boodskap van verdeeldheid voor die verkiesing uitstuur. Al om n punt te wys is by die stembus maar soos in die verlede wat mense se en wat hulle by stembus doen is twee verskillende dinge. Ongelukkig is elke stem vir die ANC n bevestiging vir hulle dat wat hulle doen reg is, maak al die jaar by stempunt n verskil.

m ·

Hierdie man is darem maar ingekruip by die Guptas. Wonder watse deals hy nie nog beklink met hierdie lotte nie.

alida ·

Dit is tyd dat JZ aangevat word oor al die onheilighede wat hy aanvang. Dit kan mos nie so aangaan nie. Hoekom klim die DA en Solidariteit in en ontbloot alles nie.

Hein ·

Die DA kan net die media betrek en die nodige lawaai maak. Die burgerregtegroep Afriforum kan hulle hof te neem met die nodige strafregtelike bewyse. Ons land is ‘n regstaat en met so ‘n masiewe meerderheid wat vir die ANC stem is die enigste manier om die regering in die bek te ruk is om hulle hom toe te neem. Dit wil nou se as die Nasional vervolger die regering /Zuma hof toe wil vat. Onthou die ANC het al al die Artikel 9 organisasies ingefiltreer en dit is nie meer nodig om die grondwet te verander om te doen wat hulle wil nie. DIt is iets wat die DA julle nog nie vertel het nie. Demokrasie gaan nie net om elke 5 jaar jou kruisie te trek nie. Dit is dinge wat elke dag in die land gebeur en hoe die burgeregtegroepe die staat beveg.

Loeis ·

Goeie punt, Hein. Dit is nie opposisie partye nie, maar die grondwet wat tussen die ANC en absolute mag staan, want die ANC het 62% in die parlement.

Opposisie partye en organisasies wend hulle dus gereeld tot die hof. Ramaphosa het al geluide gemaak wat nie goed klink vir die oppergesag van die reg nie. Zuma se opvolger word deur die ANC verkies, en dit is waar die eintlike probleem le, nie net by Jacob Zuma nie.

Hein is ook reg dat demokrasie sonder vryheid absoluut niks beteken nie. In Suid-Afrika oorheers een party die toneel, en is elke hof aksie, elke petisie aan ‘n stadsraad en elke ander aksie baie belangrik om die mense te beskerm.

Alida, Solidariteit doen baie, ook VF+ en die DA en ander partye maak ‘n lawaai in die parlement. Op die ou end moet ons, die mense, wie volgens die grondwet die mag aan die regeerders gee, die regeerders tot verantwoording roep.

Theo ·

Die Guptas regeer en verteer hierdie land. Daar is geen integriteit of regverdigheid in hulle besigheids mondering nie. Die geld wat hulle moontlik onder die tafel deur betaal is kleingeld. En wie gaan die meeste daaronder ly? die armstes van die armes. Aan die ANC, raak onslae van die Guptas, dis vir julle eie beswil.

GES ·

Soos reeds geskryf is, het die Guptas vir nr1 in die sak. Ek sou baie graag wil weet wat die verbintenis is. Is dit geld of iets anders?

NEL ·

Zuma kan nie meer uit die maalkolk kom nie. Die Guptas het soveel invloed oor hom en hy weet as hy enige iets in die verkeerde rigting instuur ,hy saam met die Guptas grond toe sal gaan.

John ·

Dis nie net die een familie nie. Kyk maar wie sit orals in topposte. Mense beweer ons land se naam gaan binnekort verander na Little India II, Brittanje word glo Little India I.

Retief ·

Daar is ‘n ou Engelse uitdrukking wat hier geld: “It could not have happened to a nicer man.” Overgeset synde: As jy jou kooi maak, moet jy op hom lê! Lyk my dis ‘n kwessie van Nkandlagate wat nou Guptagate gaan word en uiteindelik Sienjougate!

GPC ·

Daai myn grens aan n kragstasie, en Optimum is deur Eskom aangese dat hulle “swak” kwaliteit steenkool lewer. Mens kan nie help om te dink dat hierdie hele afvere deur “ANC-Gupta” alliansie beinvloed is nie. Guptas was niks, nou het Zuma-SA hulle biljoenêrs gemaak.

pop ·

Ons land se korrupte koninklikes. Die land se probleme tel nie by hulle nie< net hulle uitgebreide familie fortuin wat ingesamel word.

Griki ·

Zuma kry nou nie net die wind van voor nie, maar sommer van alle kante. Hoop hulle keer die Guptas ook die rug toe en hou hulle verantwoordbaar van hulle verkeerde dade – en daar is heelwat.

Dries ·

Stel voor ‘n WAARHEIDS EN VERVOLGEINGS KOMMISSIE moet vir die hele spul ingestel word en sommer ook van hoogverraad teen die mense van SA aangekla word.

Bertie ·

Die ANC moet mooi gaan sit en dink wat die inpak is van hulle blatante minagting van disipliene. Dis hoekom rasse haat so hoogty vier, want wit mense sien die swartman van vandag as ombevoeg en die swart burger sien die witman as rassities. Solank die regering nie daadwerklik optree binne sy eie geledere om hierdie blatante arrogansie stop te sit nie, sal die verhoudings in die land nie maklik verander nie. Die polisie, weermag, staats instellings dienste en vele meer stuier onder swak desipliene. Self die pogings van die departemente om ongelukke te verminder op ons paaie sal nooit slaag solank die kurruptes onpadvaardige voertuie toelaat om voort te gaan nadat hulle betaal het nie. Dis mos onmoontlik dat soveel burgers kla oor swak dienslewering en korrupsie en dat almal altyd verkeert is nie. Die meeste staats amptenare het geen respek vir die regering of sy bates nie. Ons het nou die dag by binnelandse sake n insident gekry waar die amptenaar sit en skaap afval skoon maak vir middag ete…. Mr Zuma jy gee dus die pas aan met jou oneerlike optredes en daarom kan die staat nie werklik presteer nie. Die las van die minderheid is slegs n podium argument met stemwerwing as mikpunt.

stomverbaasde ·

wat jy saai sal jy maai almal wat so skaamteloos steel “gaandu”

Deloris ·

lekke lag ek nou… about time !!! nou verstaan ek beter ……………………

m ·

Kyk hierdie Guptas is nie dom nie hoor. Dit reen pap so hulle skep. Hulle word skatryk uit hierdie mense uit en die is te dom om agter te kom hulle word gemelk.

Chris Oelofse ·

Hoop hierdie is nou die laaste spyker in sy kis. Wat moet hy nog doen om sy ondersteuners te laat wakker skrik. Al hierdie gebeure moet onder sy landelike ondersteuners versprei word sodat hulle kan wakker skrik. Hy en sy one man band is besig om ons wonderlike land heeltemal te verwoes. Kom ons stop dit vandag!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.