Zuma breek stilte oor studentebetogings

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Vrydag sy stilte gebreek oor studentebetogings wat sedert Maandagaand oor kampusse landwyd voorkom.

Zuma het ʼn beroep op administrateurs by universiteite gedoen om saam met dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, te werk om oplossings te probeer vind vir die probleem van klasgeld vir studente.

“Ons doen ʼn beroep op studente om vreedsame wyses te ondersoek ten einde konstruktief na die kwessie te kyk. Die beskadiging van eiendom is ʼn kriminele oortreding en sal so hanteer word deur wetstoepassingsagentskappe,” het Zuma in ʼn verklaring gesê.

“Ons het die polisie versoek om seker te maak dat al die sake in die howe sal draai en dat dié wat verantwoordelik is, moet antwoord vir hulle optrede. Die infrastruktuur moet vir toekomstige generasies beskikbaar wees en studente wat die leiers van die toekoms is, moet universiteitseiendom respekteer.”

Zuma het intussen onderneem dat die presidensie en die kabinet vir Nzimande en die bestuur van universiteite sal help om die krisis te probeer oplos. “Die befondsingsmodel vir hoëronderwys-studente het oor die afgelope paar jaar aansienlik uitgebrei hoewel dit nog nie volledig ʼn antwoord bied vir die finansiële uitdagings van baie studente nie. Die regering gee om en sal voortgaan om maniere te soek om toegang tot hoër onderwys makliker te maak vir studente.”

Betogings het Maandagaand by universiteite landwyd opgevlam nadat Nzimande aangekondig het universiteite kan self bepaal met hoeveel klasgeld volgende jaar verhoog word.

Nzimande het gesê die regering sal voortgaan om studente te subsidieer wat by die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) baat en wie se ouers minder as R600 000 per jaar verdien.

Talle studente is reeds in verband met die betogings in hegtenis geneem. Skade is by verskeie universiteite aangerig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Leatitia ·

Minder as R600 000? Dit moet omtrent die hele land wees want geen normale mens verdien daai tipe geld nie! Om die waarheid te sê is daar niemand in ons vriendekring wat soveel verdien nie.

Adri ·

Stem volkome saam. Wil graag sien hoeveel wit mense dit verdien. Eintlik beteken dit dat al die kinders wat dalk nou in matriek is en in wit hulpgebiede bly eerste kwalifiseer. Die swartes sit by die huis omdat hulle SASSA toelae vir als kry.

Sarie ·

Ek stem. R600 000 per jaar dit is R50 000 per maand dit beteken dat minstens al die staatsamptenare se kinders gratis moet studeer en nog duisende ander, daar is bittermin mense in ons land wat hierdie tipe salaris verdien behalwe natuurlik Zum, LP’s, LUR’s, munisipale raadslede en, uitvoerende burgermeesters en natuurlik Zuma se vriende en sy eie kinders. Ek se nog, ek gun elke persoon die reg om verder te studeer maar ons moet onthou tersiere onderrig (na matriek) is nogsteeds ‘n voorreg waarvoor jy bereid moet wees om te betaal, nie ‘n outomatiese reg waarvoor iemand anders moet betaal nie

Theunis Liebenberg ·

Leatitia, ek stem volkome saam met jou. R600000 in n jaar!? Die mense wat die soort van besluite doen het geen benul waarvan hul praat nie. Wonder as mens hul skielik sou vra, watter getal kom na 6ooooo wat die onmiddelike antwoord gaan wees!!!

humor ·

Allamagtig minder as R600, 000 verdien. n Massa studente kwalifiseer dus. Lekker. Lyk my die ou het weer groot skrik gevang en skep weer valse verwagtinge.

Altie ·

Toe ons jonk was was dit eenvoudig…. As jou ouers nie geld gehad het om jou universteit toe te stuur nie het jy gaan werk. Punt!!!

Bruce ·

Hierdie student wat vandag betoog vir gratis hoër onderwys … gaan hierdie student nadat hy ‘n dokter geword het sy pasiënte gratis behandel as hulle ouers minder as R600 000 verdien?

E ·

Bruce, goeie vergelyking! en ja humor 600 000 is wragies lekker né, of vat ons almal se base ons vir ń gek?

Sam ·

Ag regtig, hy het sy stilte verbreek na ‘n week. Wat het hy weer net gelag in die parlement? DIe stommerik.

vermeende ·

Waarom giggel hy nie maar net nie, hy verbreek sy stilte en daar verswak die rand met 12c en hy het absoluut niks gese wat nuuts is nie.

Ouma mix ·

Dis snaaks hy le nie weer agteroor in sy stoel en se; we have a plan nie hys pateties die arme man

Lance ·

Verbreek stilte na hy besluit om optekom vir asem hehe …weer alles mooi woorde van saamwerk vir oplossing vir probleempies …asof die studente dit verstaan. Julle verdien elke klip wat gegooi word !

Jz ·

Saam werk vir n probleem wat hy veroorsaak het,dit is sy verkiesing se onuitvoèrbare belofte wat hy gemaak het wat alles begin het.

Emma ·

Darem maar laat om nou eers uit die blokke te kom mnr Z. Die skade is reeds aangerig. Ergste is verby!!

Reinette ·

Ek lees geen oplossing nie. Daat is nou n ferm hand hand nodig. En Zuma trek net sy skouers op.

William ·

Gaan ek nou al my gelde terug kry. Ek en my vrou verdien nie daai tipe geld nie. Kan ek nou aansoek doen vir terug betaling en waar

Elmaré ·

Ek is n onderwyser en het my kwalifikasies ook by n Universiteit gekry en moes self daarvoor betaal en na 20 jaar diens verdien ek net bietjie meer as n derde van R600 000. My een seun is klaar gestudeer en die ander een studeer nog en elke sent moet ons as ouers self opdok vir hulle studies. Vir 2 jaar het ons 2 gelyk gehad wat swot. Uit daardie salarisse wat ons verdien moet ons hul studies betaal en kry nie n sent afslag al is ek self in die ondereys beroep nie. Dit is n grap!

Altie ·

Waarom kan die studente wat alles so verwoes nie weermag toe gestuur word vir 2jaar en hopelik sal hulle dan die respek he en besef dat alles wat hulle breek weer voor betaal moet word om dit reg te maak.
Of….. Verbied studie vir twee jaar vir almal wat hulle skuldig maak aan beskadiging van eiendom en ontwrigting.
Om verder te studeer is n voorreg.

Ben Prinsloo ·

Prez raak bekommerd, hoe meer skade hierdie gepeupel aanrig hoe minder geld vir hom om te plunder.

Jos ·

Agv. van die verwoesting wat jou studente veroorsaak het moes my boetie ‘n gevaarlikke pad huis toe ry na werk. En raai wat ????? Jy sal dit nie weet nie en wil ook seker nie weet nie. Hy is op gunpoint beroof en ek le dit vierkantig voor jou deur omdat jy ons land in die grond inploeg. Dit sal baie moeilik wees om jou eendag daarvoor te vergewe.

Martie ·

Ek dink iemand het ‘n ekstra nulletjie bygevoeg. Dit moet sekerlik R60,000 pj wees. Ek het trouens in ‘n nuusuitsending ‘R50,000’ gehoor.

Ja, gratis universiteit sal nogal wonderlik wees as daar nie gediskrimineer word nie, en as alle studente hulle studies ernstig opneem. As ek egter my sin kry, sal my kleinkinders nie hulle tyd en ouers se geld op ‘n kampus gaan mors nie, maar lekker veilig tuis studeer. Unisa en baie ander instansies maak dit vir almal moontlik en maklik. Tuisonderrig gaan op die ou end seëvier….

Sarie ·

Blade het ook nou die dag gesê R600 000Weet nie of hulle weer met julle deurmekaar geraak het. Daar is maar min mense wat soveel verdien. Dalk net die ouens wat so skep in die regering. Hulle redenasies is dat al klink die baie hulle ook vir hulle uitgebreide familie moet sorg. Wie se skuld is dat jy so n groot uitgebreide familie het seker nie belastingbetaler s’n of Apartheid dalk. Buyers Naude het mos gesê agv apartheid het die mense wat in SA gewerk het twee families gehad een hier en een in die tuisland. Wonder of die wittes wat nou so in die buiteland werk en hul families hier agterbly ook die verskoning gebruik.

Sestiger ·

Maroela, sal julle asb ingaan op die ou R600,000 sakie, en ons laat weet of dit ‘n fout is of nie? Dalk moes dit R6,000,000 gewees het?!!!! Mens weet nooit, met die dat ons president ‘n probleem het met syfers nie………………

Ou Erdvark ·

Die oplossing is heel eenvoudig: Alle studente wat voldoen aan die universiteit se toelatingsvereistes behoort te kwalifiseer vir staatslenings wat hulle teen lae rentekoerse binne 10 jaar na hul suksesvolle of onsuksesvolle studies moet terugbetaal. Dit sal die einde van hierdie “entitlement”-kultuur beteken. En as hulle nie terugbetaal nie, dan moet hulle strafregtelik aangekla en vervolg word want belastingbetalersgeld is ter sprake. Selfs ons varkerasie-spesie verstaan dit. Ou Vlakvark, Ou Bosvark, Ou Ystervark en selfs Ou Krimpvarkietjie stem saam.

Hasie ·

Ek kan dit nie genoeg herhaal nie. AL HIERDIE GEMORS IS VEROORSAAK DEUR ZUMA “SOGENAAMDE PRESIDENT” en die ANC regering. Die hele lot diewe.

Johanna Botha ·

Hasie jy is SO reg en ek voel ook dat hulle elke klip verdien wat gegooi word.

Frans C ·

Daar is ongelukkig nie baie data beskikbaar nie en die jongste wat ek van stats sa kon opspoor is 2010. van die 11 058 000 het die onderste 5% ‘n inkomste van R570 en minder per maand ,die onderste 10 % R845, die onderste 25% R 1500 ,Mediaan R2800 ,top 25% R6500,top 10% R12 000 en top 5% R 17000.

Die syfers mag 6 jaar oud wees maar om tot ‘n gemiddeld van R50000 per maand volgens die minster te styg is niks meer as ‘n ekonomiese wonderwerk .Sien julle ek het mos gesê hê,hê,hê ‘watch this space’ Nkandla, Nkandla hê,hê.

Peter McCarthy ·

Kom ons begin by die begin. Hoeveel van daardie studente behoort in die universiteit. Het hulle werklik toelating want hoeveel van hulle dink dit is ‘n vakansie en nie nodig om te leer nie. Na ‘n jaar is hulle uit en lê rond en niks doen nie. Al hierdie verwoesting wat plaasvind het hulle al vasgestel of hulle almal studente van die instansies is.

Maria van Dieweeck ·

Hul moet eers daai Amapogo ouens met die sambokke as sekuriteit aanstel vir lekker, goeie en helende ou “siepsopbraaiboud”. Daarna stem ek saam met al die bg Varkies :)

kat ·

Elke keer as die skepsel sy mond oopmaak moet hy dit met toiletpapier afvee. Hy en Wim van US het alle respek van die publiek verloor.

vermeende ·

Hierdie probleem het nie laas jaar begin nie, hy is al in wording vir die laaste 20jaar toe uitkoms gebaseerde ondrig vir die eerste keer geimpliminteer is. Ons standaard is laer as Zim sin en nou het dit oorgespoel na ons uniwersiteite toe.
Daar is net te veel studente wat nie op kampus hoort nie, tersiereonderig is net bo hulle vuurmaak plek.
Maar wat verwag ons anders in n land waar die leiers spog met ere dokters grade en self nie n benul het van wat dit verg om te studeer en presteer nie.

Dark.O ·

Dit nou, komende van die die hoogs gerespekteerde staatspresident wat Umshini wami op verhoë soos ń hupse sanger-akteur sing… Woorde wek, voorbeelde trek.

Stephen ·

Gratis onderwys is wel moontlik indien die studente met 50 % verminder word .Verhoog toelatings vereistes en b etaal studiegelde terug indien slaag aan einde van eksamen. Maak eerder skoolopleiding gratis

Ou Vlakvark ·

Ons varkerasie-spesie stem vir gratis skoolopleiding. Die staat moet dieselfde bedrag per kind aan elke skool toeken. Daardie ouergemeenskap wat ernstig is oor hul kinders se toekoms moet self verdere fondse insamel sonder om die skoolgelde te verhoog. En onbetrokke ouers moet wyk en hul kinders gaan inskryf by ‘n ander skool waar die onbetrokke ouergemeenskap ‘n “entitlement”-houding openbaar.

Mica ·

Die volgende snaar wat hulle gaan gryp na vir resultate is seker post graduate tax.

Jos ·

R50 000 per maand bruto salaris is wel haalbaar waar die ouers altwee werk en ‘n redelike salaris verdien, veral die waar die ouers skep in munisipaliteite en regerings instansies (dis duidelik sigbaar aan die motors en huise). Dis seker hul kinders wat so betoog, hahaha. Die massa sal egter gratis kan studeer en ek dink nie daar is genoeg belasting geld om dit te befonds nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.