Zuma bring dringende aansoek in hooggeregshof

Oudpres. Jacob Zuma het Vrydag ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gebring. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma het Vrydag ʼn dringende aansoek in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gebring waarin hy die Konstitusionele Hof vra om die uitdien van sy vonnis, wat Dinsdag deur dié hof opgelê is, uit te stel.

Maroela Media het vroeër berig dat die land se hoogste hof die voormalige staatshoof Dinsdag tot 15 maande tronkstraf gevonnis het vir minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Zuma sal sy vonnis na verwagting by die Westville-gevangenis in KwaZulu-Natal uitdien.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA) en ander Zuma-ondersteuners tydens ’n mediakonferensie Vrydag by Nkandla. (Foto: Twitter)

In ’n meerderheidsuitspraak het regters bevind Zuma moet hom teen Sondag by die Nkandla- of Johannesburg-Sentraal-polisie aanmeld om sy vonnis te begin uitdien.

Luidens hofdokumente dien Zuma sy aansoek ingevolge reël 42 van die hofreëls in, wat volgens hom ook betrekking het op reël 29 van die Konstitusionele Hof se reëls.

Reël 42 bepaal onder meer dat die hof die reg het om vonnisse te wysig of te herroep.

Intussen neem steun vir die oudpresident by sy woning in Nkandla toe.

Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkonto weSizwe-militêreveteranevereniging (MKMVA) het Vrydag tydens ’n konferensie in Nkandla gesê dat Suid-Afrika deur groot geweld in die gesig gestaar sal word indien Zuma tronk toe gaan.

Niehaus, wat die media by dié geleentheid toegespreek het, het gesê dat die MKMVA die ANC gewaarsku het dat daar ernstige gevolge sal wees indien Zuma toegesluit word.

“Ons land sal uitmekaar geskeur word. Daar sal onstabiliteit en oproer wees,” het Niehaus tydens die konferensie gesê.

Niehaus het ook gesê dat die Zondo-kommissie ingestel is om Zuma te “teiken”.

Intussen word video’s en foto’s op sosiale media versprei wat wys hoe honderde Zuma-ondersteuners buite sy Nkandla-woning saamkom – ongeag die vlak 4-inperkingsmaatreëls wat Sondag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Luidens berigte is skote ook Vrydag deur mense in dié skare afgevuur en is padblokkades opgerig om die situasie te monitor.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by die organisasie Safe Citizen, sê benewens die gevare wat dié skietery vir ander mense inhou, is dit ’n oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer.

“Terwyl wetsgehoorsame burgers deur die polisie geteiken word om hulle te ontwapen, vuur ondersteuners van Zuma skote in die lug af. Tog lyk dit of die polisie bereid is om hierdie kriminele optrede te aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Martie Smartie ·

En Cele gaan niks doen nie want hy is self n papbroek. Toe Cyril wat gaan jy nou doen? En Carl Niehaus, kry n lewe my maat, jy is soooooooo n has been, as jy aksie soek gaan gym of iets man of spit in die tuin, hoop die DA / Solidariteit le klagtes teen jou

Frik ·

Die lafaard is te besig om 1) mense met duisend keer die integriteit van Jacob Zuma by strande te viktimiseer en 2) dieselfde groep mense te probeer ontwapen; maar hoe kan dit dan anders – hy is van dieselfde stoffasie as sy oud-president.

annie ·

…. Zoeloe-regiment wagtend op ‘n tradisionele oorlog op die teken van veldmaarskalk Nie-Huis na sy uurlange toespraak op ‘n SABC-nuuskanaal… ter ere van steeds-die-president-Zuma-steeds-nie-sy-kans-in-die-hof-gekry-nie. Lees gerus weer De Klerk se roman Die Uur van Verlange. Dalk is die oplossing daarin vasgevang, hoewel ek niks beloof nie….

Snowball ·

‘n Uitgediende Niehaus belowe/beplan ‘n skeuring in SA. Wie gaan skeur van wat af? Die korrupste van die korruptes word vereer deur ‘n knopkierie- bende en hulle gaan hom ‘verdedig’ en uit die tronk hou deur sy arrestasie te verhoed – klink mos soos terrorisme en hoogverraad!
Waarnatoe lei dit? Nog ‘n Boipatong of ‘n Marikana? Interessant hoe Mabuza en Ramaphosa beide landuit is.
Cele, tyd om die albasters te poets en daai hoedjie vas te druk op die koppie , dinge kan rof raak. Of so belowe Camo Carl…

Frikkels ·

Ek kan nog heelwat meer sê hieroor maar in ñ neutedop is dit presies wat dit is.

KB ·

Die Konstitusionele Hof het tog uitdruklik gesê dat hulle nie sal afwyk van hul beslissing nie.
Zuma speel nou vir tyd, dis duidelik…en so wil hy hierdie saak uitrek tot die maksimum.
Dis tyd dat Zuma begin luister (hy hét immers twee ore), en minder praat. Hy het genoeg geleentheid gehad, en dit vermors met emosionele uitsprake en/of optrede/aksies. Die wiel van die reg het gedraai, dis sy plig om nou aan te meld.
(Het hy nie vol bravade gesê dat hy eerder tronk toe sal gaan nie? So: “Put your money where your mouth is”.)

Anton J ·

Mnr Zuma het dan gesê hy is nie bang vir die tronk nie, hy gaan eerder tronk toe voordat hy getuig voor Zondo. So nou wil hy die uitspraak en vonnis beveg. Hy het nog voor enige uitspraak geweet wat gaan sy voorland wees of het hy gedink dit sal/kan nie met hom gebeur nie. Jy is ‘n skande vir ons…… Gaan sit en leer jou les oom Zuma.

Brett ·

Dus tyd dat SAPS hul werk doen…. Sluit hom toe en hanteer die gevolge soos dit behoort hanteer te word…. Dus ‘n direkte drygement van van orde aan die staat……. Hou op slapG@t wees

MakersMark ·

Onlangs ‘n baie raak beskrywende WIKIPEDIA profiel van careltjie gelees. Groot meneer in sy camo’s wonder of hy ‘n kettie kan skiet….

JohanR ·

Ek dog sy tronk toe gaan was ‘n “fait accompli.” En hier gaan hy Zuma al soe waar as wragtig weer terug hof toe. Ek hoop die regter maak dit nou 30 maande! En as hy weer hof toe gaan 45 maande en soe aan en soe aan en soe aan……

Carinus ·

Jaaaaa, tot eerste skote klap dan hardloop hulle uit hulle tekkies uit met Carl voor

Michael ·

Waars ou Pieter van die VF+ nou wat ou Cele en die polisie aanmoedig om asb die onwettige Covid regulasies af te dwing. Hoekom moedig hy hom nie aan om hierdie klomp terroriste aan te vat nie

Anel ·

Sovêr ek weet het die hoogste hof hom gevonnis. Die hooggeregsof het nie meer ‘n sê nie. En wat ek nie kan glo nie is dat ou careltjie blykbaar nuusdekking kry. As daar op gehou word om media dekking te gee sal hulle dalk ook minder nonsens kan verspei. Die spul is in elke geval nie nuuswaadig nie. As enige ander persoon dit doen wat ou zuma doen het die land gebrand. Ek kan nie glo dat daar mense is wat bereid is om hul lewe vir hom te gee nie. Kyk hoe lyk dit daar! Hulle vrek van die honger, bly in plakkershutte, het basies niks, deur sy toedoen, maar nog syeeds beskerm hulle hom. Wat ou careltjie uit die storie kty, gaan my verstand te bowe. En hulle wil oorlog maak met knopkieries en assegaaie. Regtig????

marius ·

Pasop waarvoor jy vra careltjie . Limpet myne stel en oorlog is so ver as die son en die maan verwyderd van mekaar.

Dirk Mostert ·

Die Zumas en Charl Niehaus dreig met ‘n opstand. Daarvoor hoort hulle al reeds in hegtenis geneem te word. Waar is Cele om die ondersteuners te laat arresteer vir oortreding van die ingrendelingsregulasies? Hoeveel van die teenwoordiges het geldige lisensies vir die dra van vuurwapens?

Persheks Adri ·

Stem! Hy kruip weg êrens tussen sy gewapende wagte!

Sambok ·

Baie vuurwapens,min maskers,geen ontsag vir enige wet nie,almal blaf soos foxteriers-GA,n regte klomp narre

Jdb ·

Wanneer word Niehaus vir hoogverraad aangekla? Hy dreig nou mos met oorlog teen die Staat?

Pietertjie ·

Ai, oom Karel, die Zondo kommissie ondersoek Staatskaping in sy geheel, dis hoekom so baie mense al voor die kommissie verskyn het. Anders sou nét oom Zuma moes verskyn het, en sou hy sy onskuld kon aankondig. Dis so eenvoudig soos dit. Maar nou ja, die waarheid moet noodgedwonge plek maak vir die leuen.

ES ·

Teen wie gaan sy aanhangers nogal oorlog voer? Ek verstaan nie hierdie mentaliteit nie. Hy doen niks meer vir enigiemand nie – hoekom nog so baie aangehangers? Rent-a-crowd?

Johan ·

Die hele land is in rep en roer…net dit! Ek word ‘gewysig en gemodureer’ ,sou ek iets sê.

Catherina ·

Niks gaan hiervan kom nie. Zuma is altyd een stap voor. Who cares anymore? Sad country we live in

gatgogga ·

Die Kon-hof het vir maande getob oor hierdie saak, voordat ‘n beslissing gemaak is. Sekerlik moes hulle allas in ag geneem het in al daardie tyd? Of wat doen hulle? Zuma se prohureurs kan tog nie binne drie dae na die hofuitspraak genoeg gevind het om die hof weer te troef nie? Dus, dit kan tog nie nodig wees om weer vir Zuma ‘n kans te gun om tyd te wen nie.
En boonop, ons het mos almal nog altyd geweet dat Zuma ook die “Shabir Shaik strategie” van ongesteldheid op die ou end sal probeer.
Ek wonder of die howe en Zuma lekker kat-en-muis speel met Suid Afrika.

James ·

EN DAAR GEE DIE KONSTITUSIONELE HOF HOM “N UITWEG. So, die Hof bevind hy het AL sy kanse verspeel, en hier hoor ons nou dat hulle hom sal aanhoor op 12 Julie. So hy gaan nie tronk toe more nie.

EK – AG MYSELF NIE MEER GEBONDE AAN DIE RSA SE WETGEWING NIE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.