Zuma-broerskind stel groot grondeis in

Impendle, wes van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. Foto: Google Maps

Impendle, wes van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal. Foto: Google Maps

‘n Broerskind van president Jacob Zuma het ʼn groot grondeis ingestel wat meer as 60 plase in die Impendle-gebied in die KwaZulu-Natalse Midlands raak, het The Citizen Maandag berig.

“Ek dink nie daar is enige dispuut daaroor nie. Die betrokke grond het voorheen aan die kwaNxamalala-stamowerheid behoort,” het Inkosi Simphiwe Zuma, wat aan die hoof is van die kwaNxamalala-gemeenskap in Impedle, aan die koerant gesê.

Hy sê die meeste van die kommersiële plase in die gebied is onderworpe aan die grondeis, en dat die stamowerheid besig is om navorsing te doen om die grootte van die grond te bereken.

“Ek kan nie nou presies sê hoe groot die gebied is nie, dit is hoekom ons eers ons eie navorsing doen. Al wat ek in die oomblik kan sê is dat dit ʼn baie groot eis is,” het hy aan die koerant gesê.

Die kwaNxamalala in Impendle, wat nie deel is van die kwaNxamalala in Nkandla nie, is die tuiste van president Zuma se voorvaders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Hoe gelukkig is ons, U kinders wat die hemel as erfporsie het, waar dit geen tuiste bied vir voorvadergeeste nie.

As selfbeskikking nie in ons tyd ‘n werklikheid gaan word, dankie Vader, vir ‘n wonderlike vooruitsig, waar geen mot, roes, inflasie, oorlog, moord, misdaad, korrupsie en natuurrampe kan verniel nie.

Amen.

Trippie ·

Inderdaad SELFBESKIKKING, waar ons, oor onsself kan regeer, deur ons eie mense met Christelike beginsels en waardes.

Oom Japie ·

En so wag daar 60 plase vir die slagveld. Niks wat gaan oorbly in ‘n kwessie van ‘n paar jaar vandat dit onteien gaan wees nie. Maar hoe sê die Skrif? Die werke van ons hande gaan verwoes word, omdat ons nie ons Geloftes betaal nie.

Fanie Esterhuizen ·

Oom Japie…. ek moet saam met jou stem. Dis omdat ons nie ons Geloftes nakom nie. Ook moet ek verskil ek dink nie dit gaan ‘n jaar vat om die plase tot niet te sin gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.