Zuma buite hof: ‘Moenie my uitlok nie’

Foto: ANA.

Oudpres. Jacob Zuma het gedreig om korrupte politici te ontmasker wat volgens hom voortgaan om sy naam te gebruik om politieke invloed te kry.

Hy het gesê dié politici moet ophou om hom deel van ʼn agenda te maak in hul vergaderings.

“Hulle hou aan sê ek is korrup, maar kan nie sê wat ek gedoen het nie. Hulle moet my nie uitlok nie. Ek mag dalk uitpraat oor die dinge wat ek van hulle weet. Ek móét dit herhaal want ek is moeg daarvoor om vriendelik te wees,” het Zuma aan ʼn groot skare van sy ondersteuners gesê buite die Durbanse hooggeregshof waar hy Vrydag vlugtig verskyn het op aanklagte van korrupsie en bedrog.

Zuma het gesê hy word geteiken selfs noudat hy op pensioen is. “Mense sal my sommer net beskuldig van goed wat ek nie gedoen het nie. Ek is nou op pensioen, maar ek sal net sit en TV kyk en dan iemand sien wat oor my praat. Miskien is dit omdat my van maklik is om uit te spreek.”

Hy het benadruk dat hy vir niks bang is nie en dat hy teenwoordig sal wees in die hof soos hy in 2005 en 2006 was. Zuma het bevestig hy het die ondersteuning van Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, en Des Van Rooyen, voormalige minister van samewerkende regering en tradisionele sake.

Jacob Zuma op 8 Junie in die hof. Foto: ANA.

Zuma word ook deur Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, Black First Land First- leier Andile Mngxitama, Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie en Carl Niehaus van die Umkhonto we Sizwe- militêre veterane ondersteun.

Maroela Media het vroeër berig die staat het Vrydag gesê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen Zuma en dat die verdediging die saak laat sloer.

Zuma staan tereg op een aanklag van swendelary, twee aanklagte van korrupsie, een van geldwassery en 12 aanklagte van bedrog. Die voormalige president word daarvan beskuldig dat hy altesaam R4 072 499,85 onregmatig bekom het uit 783 betalings wat Schabir Shaik gedoen het, ʼn sakeman wat as sy finansiële raadgewer opgetree het ten tyde van die beweerde transaksies.

Die geld was vermoedelik omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales met betrekking tot die omstrede wapentransaksie in 1999.

Ten tyde van die betalings was Zuma aanvanklik die LUR van ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal en daarna, in 1999, die adjunkpresident van Suid-Afrika.

Zuma hou vol hy is onskuldig. Die saak sal op 27 Julie in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Potlood ·

As hierdie nie ons regering korrek beskryf nie, dan weet ek nie wat sal nie…
Met hierdie “probleme” sal ons nooit vorentoe gaan nie…

Nettie ·

Nou goed, Zuma. Jy wil hê ons moet jou uitlos. BEWYS JOU ONSKULD DAN!!! As jy niks het waaroor jy hoef skuldig te voel nie of bang te wees nie, sal jy nie aanhoudend die reg probeer ontduik en hofprosedure aanhoudend uitgestel kry nie.

Jy sal soos ‘n WARE MAN optree en ‘chin up’ om dit regopstaande Jakob (nee, nie met dáái ene nie!!!) te vat soos ‘n man dit moet kan vat.

Johan. H. ·

As hy dan erken het , hy weet wat ander gedoen het, (dit impleseer,, verkeerde dinge), dan is hy mos aandadig aan weerhouding van inligting van moontlike kriminele dade is dit nie??Dwarsboming,,

Chris du preez ·

As jy name het en weet van dade van korupte mense moet jy hulle aangee by die polisie want om dit te weerhou is nog n klag op jou korupte lewe

Robert ·

@chris: ek stem saam hy kan aangekla word en hulle moet dit doen.

PHILIP ·

Mnr Zuma, maar jy is mos veronderstel om niks geheim te hou nie, maar tog is jy bewus van dinge maar weier om dit bekend te maak. So as jy weet van onreelmatighede is en was dit jou plig om die persone uit te bring , jy het mos niks om weg te steek nie so wat verhoed jou? of kan die persone dalk ook iets weet wat jy nbie wil laat uitkom nie?

marous ·

Darem sleg as jou eie vrinne vir wie jy so mooi gesorg het die lem so hard in die ribbes steek ….

Cherokee ·

Zuma erken dus dat hy ook skuldig is aan weerhouing van inligting.

Han ·

Zuma is die grootste ramp wat die land nog ooit getref het en ontken steeds dat hy iets verkeerd gedoen het. Hy moet nou ophou martelaar speel en sy korrupsie erken.

kas ·

Ek geniet die mense se humor verskriklik.Ek neem aan hierdie mense het die korrupsie onder Zuma se leiding gedoen maar hoekom het hy geswyg.Rhino horn…………………….

LR ·

Zuma wys nou weereens hoe n swak karakter hy is. As hy van goed weet wat verkeerd is van mense in sy administrasie dan MOET hy mos praat.
Ek stem saam met Theo Venter dat hy die swakste president en leier ooit in hierdie land was.
Hy het saam met sy administrasie die ekonomie van hierdie land met 25% laat krimp. Hy moet dus aangekla word van hoogverraad.
Hy was slegter as van die slegste leiers wat ooit in Afrika regeer het. Ek kan nie verstaan hoekom Carel Niehaus hom so probeer beskerm nie, miskien was daar ook vir hom gesorg.
Nee wat geen simpatie met JZ nie. Hy het strooi uitgedeel in dis nou sy beurt om strooi te ontvang en sommer baie daarvan, die woord strooi kan mos met n ander woord vervang word.
Zuma jy kry nou jou dag in die hof, jy het per geleentheid die wens uitgespreek dat jy jou dag in die hof moet kry sodat jy jou onskuld kan bewys. STERKTE.

Petro ·

Zuma bring die skuldiges uit sodat al skakel kan val of is jy dalk bang hulle gaan jou iets aandag dit lyk vir my daar is maar bitter min wie se hande skoon is

Ander Annie ·

Oom Jacob, dit is mos nou die tyd om te praat. Daar is baie mense wat wil weet wie so saam saam woeker om die staatskas ligter te maak. Moenie net belowe nie oom Jacob, doen. Ons sit in afwagting om te hoor.

pbotha ·

Eintlik weer lekker om na Zumpie se twak te luister…regte ou planmaker ?Maar die grootste nar staan langs hom in uniform en kerm soos n honger kat… ene Niehaus. Wat n absolute frats!! Wat n beledeging vir enige uniform. In politiek sou hy bekend kon staan as ‘n “rara avis” …vreemde wese! Sirkus..

Gert ·

Hou op dreig en se wie die mense is. Hy het hulle aangestel. Bangbroek

Landsburger ·

Die absolute vermetelheid om nog sy “comrades” en politieke teenstanders te dreig met ontmaskering, bewys van sy kriminele denke en gedrag. ‘n Outydse tradisionalis, wat die land regeer soos ‘n zulu stamkaptein. As eertydse staatshoof was dit immers sy plig om enige wandaad waarvan hy bewus was, aan te meld, en te laat ondersoek. Die gevolg van sy optrede, bewys immers, hy aandadig was aan growwe nalatigheid of/en kriminele aktiwiteite. Al wat hy nou regkry, is om die strop om sy nek net nog stywer vas te woel. Voorwaar die swakste landsleier sedert die korrupte Willem Adriaan van der stel.

Sus ·

En kyk net wie ondersteun hom…almal vorige moeilikheidmakers!?

jakes ·

Hoop Zuma begin praat oor al die ander skandes van sy maatjies in die ANC. Ek sien swarigheid vir CR as n paar blikke wurms oopgemaak gaan word. Ek is ook seker dat Zuma nou nog groter skade gaan aanrig noudat hy uit die parlement geskop is.

Kobie ·

Mooi man, ons wag heeltyd in spanning op die volgende hoofstuk in hierdie drama. hê hê hê

Eddie ·

Julle weet mos Zumpie het altyd ‘n paar ongespeelde troefkaarte , waarvan tydrek maar een is ! ‘n Boer maak ‘n plan , maar Zumpie het ‘n plan en speel sy plan !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.