Zuma by MRK verkla oor haatspraak in 10 April-toespraak

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, in Boksburg (10 April 2017). Foto: GCIS

Uitlatings deur pres. Jacob Zuma in sy toespraak met die herdenking van Chris Hani se moord die afgelope Maandag (10 April) is volgens die VF Plus haatspraak en die party het Donderdag ʼn klag daaroor by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Luidens berigte het pres. Zuma onder meer gesê (in Engels): “It is clear some of our white compatriots regard black people as lesser human beings or subhuman”. Hy het ook gesê sommige van die plakkate wat vertoon is met die #SaveSouthAfrica-optog van verlede Vrydag het swart mense as ‘bobbejane’ uitgebeeld.

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê die uitlatings is niks anders nie as haatspraak teen wittes van die land en kan tot onnodige rassewrywing aanleiding gee. “Sulke uitlatings is gevaarlik en verdelend en is beledigend teenoor wittes wat hul demokratiese reg uitoefen om aan ʼn wettige protes-optrede deel te neem. Dit is boonop in botsing met die Grondwet van die land (artikel 83 (c)) wat dit duidelik uitspel dat die president oor almal in die land regeer.”

Alberts meen die president maak nou ʼn gewoonte daarvan om wittes te beledig en die MRK sal hom moet vra wat hy daarmee wil bereik. “Dit wil al hoe meer voorkom of dit ANC-beleid geraak het om alles wat wit is te beveg en te vernietig. Ons stem saam met die reaksie van #SaveSA wat sê dit blyk dat pres. Zuma uit desperaatheid al hoe meer die rassekaart op ʼn uiters verdelende wyse speel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koot ·

Dis presies wat hy wil doen! Verdeeltheid onder alle rasse te saai! Hy gaan in elkgeval sy pos kwyt wees!! Niks. Nie eers al probeer hy sal dit kan keer nie! Sy dae is getel!!

Mooi so! ·

Vat hom aan! Mooi so! Hy mag nie met alles weg kom nie! Hy wil onmin saai tussen die herenigde volk in SA! Min wetend dat die mederheid vir hom voel wat Zuma teenoor die wittes voel! Laat Zuma betaal vir sy eie wette wat hy so oortree! He he he he he he he! Hoe lekker kry ek nou!

Johann ·

As ‘n blanke persoon net waag om iets in die rigting te loods, dan is hy semuur toegesluit, wat is hy beter laat hy betaal soos enige ander persoon

HBK ·

As hy op die manier konflik kan veroorsaak, en ‘n noodtoestand afkondig, kan hy dalk langer aan die mag bly klou.

PMB ·

Hy sal dit aflag soos hy met alles doen. Die persoon is ” untouchable ” en word beskerm deur sy politieke party. Birds of a feather!!!!

snoefie ·

net Zuma word (sug……. alweer) by die mrk aangekla? wat van bathabile dlamini se uitlatings hier …… http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/zuma-ek-sal-bedank-as/ ….? laat sy dan ten minste aan die mrk of die hof gaan opklaar wie is die “hulle wat die land gesteel het “. as geen “land” besitter sonder wettige kaart en transport gevind word nie, kla haar aan van Crimean injuria en laster en last sy elke “land” eienaar verskoning vra. onkunde is geen ekskuus I’m enige persoon se eet en waardigheid te beswadder nie. vra maar vir penny sparrow.

SARIE VAN HEERDEN ·

Zuma steur hom nie aan oor die 200 kriminele klagtes teen hom nie, hy steur hom nie aan die bevel van die hof dat hy sy huisverbeteringskoste moet terugbetaal nie, so wie dink nou hy sal hom steur aan die klagte van haatspraak op 10 April?

Dawie ·

Let wel jy sal nooit weer iets hoor van die klagte by Menseregtekommisie nie Sal net doodloop

Leana ·

Alle klagtes teen Zuma rol soos water van ‘n eend se rug af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.