Zuma by Winnie se begrafnis uitgejou

Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis (14 April 2018) Foto: Oupa Mokoena/ANA

Die voormalige president Jacob Zuma is Saterdag by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela uitgejou.

Duisende roubeklaers, insluitend internasionale gaste het by Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg, bymekaargekom vir die roudiens. Hulle het struggle-liedjies gesing, en dit het gelyk of dit soms te jolig gaan vir die programdirekteur, minister van verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula.

Toe sy voormalige presidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe verwelkom het, het die skare gejuig. Maar Zuma se naam het negatiewe reaksie uitgelok, veral van lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters. Hulle het hom uitgejou en handgebare vir die “verandering”-teken gemaak, wat gewoonlik deur ontstoke ondersteuners tydens sokkerwedstryde gebruik word. Zuma het in Februarie bedank nadat die ANC hom herroep het. Hy het in sy stoel bly sit asof niks gebeur het nie.

Die stadion, met 40 000 sitplekke, was volgepak.

Madikizela-Mandela ontvang ʼn spesiale amptelike begrafnis nadat sy onverwags op Paasmaandag gesterf het. Sy was 81 jaar oud.

Sy word Saterdag tydens ʼn privaat seremonie by Fourways-gedenkpark begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Koos ·

Die stem gedeelte van die national anthem is ook uitgejou net die begin en einde is gesing.

Pan ·

Ons is net goed genoeg om belasting te betaal en skuld te kry vir hulle onbevoegdheid.

jaco ·

As ons regtig net goed genoeg was om belasting te betaal, sou daar NOOIT iets soos regstellende aksie en BEE gewees het nie.

Gerrit ·

Dit is waarvoor die meeste daar was en hoekom hulle gewoonlik aangery word na howe ens om te betoog vir die kfc en t hemp.

Vermeendes ·

Die lid wat voor die kis loop, wie is hy, was hy deel van SAW en seuns want op sy bor pryk daar n propatria vie grensdien onder die apatheid regering of het hy ook miralijas geleen vir die spog geleentheid?

Boer ·

Dis verraad en bedrog om medaljes te dra wat jy nie verdien het nie. Maar so ken ons hulle.

JC ·

Daardie medaljes is vir die land so veel werd as a Coca-Cola doppie. Dit het geen waarde nie. Daar word niks vir die land en die land se blankes gedoen nie,en die ANC regering beskerm nie ons mense nie.

Pieter ·

JC jy praat waar, soos een persoon gesê het ons is net goed genoeg om belasting te betaal , werk te voorsien en beskuldig te word vir hulle on bevoegdheid.

Michael ·

Ja hierdie mense deel medaljes uit soos n free tickets to a show , want hulle verstaan nie die betekenis van n medalje nie en so ook baie ander goed.

SjN ·

Hoe berig hul dat sy onverwags gesterf het op 81, sy was lank siek gewees en almal het dit verwag.

Karolis ·

Genade, nie gedink die blad is groot genoeg vir al die foto’s nie.

Sue ·

Jammer ek weet nie wat sy gedoen het om so begrafnis te verdien het nie.

Msp ·

Ek het nooit geweer sy is gewild nie. Hulle het nooit eers van haar gepraat toe sy gelewe het nie. Dis soos hulle se, gee die blomme terwyl iemand lewe. Hier lyk dit regtig of hulle verheug is oor haar heengaan.

Charlie ·

Die lid is ‘n kapelaan. Hy het heelwaarskynlik ook in die ou SAW voor 1994 gedien. Dra ook die Unitasmedalje wat aandui dat hy tydens integrasie in diens was. Baie lede van die ou SAW is nog in diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.