Zuma dalk binnekort in hof

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die Valke sal oudpres. Jacob Zuma na verwagting vandeesweek dagvaar om in die Durbanse hooggeregshof te verskyn op aanklagte van korrupsie.

Dit volg nadat Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), op 16 Maart aangekondig het Zuma sal verhoor word op aanklagte van korrupsie, geldwassery en rampokkery.

Abrahams het destyds aangekondig dat Zuma wel in die hof sal moet verskyn. Daar bestaan ook ʼn redelike kans dat vervolging suksesvol sal wees.

Hy het verwys na die lang geskiedenis van die saak wat reeds in 2007 begin het, ná ʼn ondersoek oor ʼn multimiljoenrand-wapenooreenkoms. Volgens hom het byna elke direkteur en adjunkdirekteur van openbare vervolging dié saak al onder oë gehad.

Wat betref die dokumente wat hy van Zuma ontvang het waarom hy nie vervolg moet word nie, het Abrahams ʼn span kenners aangestel om deur die bewysstukke te werk en hom van raad te bedien of aanklagte teen Zuma ingestel moet word of nie.

Daar is 16 hoofaanklagte oor 783 beweerde voorvalle van korrupsie (2), bedrog (12), geldwassery (1) en rampokkery (1) wat weer teen Zuma ingestel sal word.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in April 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie. Zuma is die maand daarna as president van die land ingehuldig. Op 13 Oktober 2017 het die hoogste hof van appèl egter bevind Mpshe se besluit, om Zuma nie te vervolg nie, was irrasioneel en onredelik. Zuma moes daarna die NVG van redes bedien waarom die klagtes nie weer teen hom ingestel moet word nie. Zuma het einde Januarie dokumente by die NVG ingedien oor hoekom hy nié vervolg moet word nie. Die aanvanklike sperdatum vir dié vertoë was 30 November 2017, maar Zuma is uitstel van sewe weke toegeken.

Volgens berigte in Sondagkoerante sal Zuma waarskynlik op 6 April in die hof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die dagvaarding sal dié week op Zuma beteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eish ·

Ek wonder hoekom n span kenners aangestel is om deur die bewys stukke te werk en Abrahams met raad te bedien?
As hoof van die NVG behoort hy self n kenner te wees met voldoende kapasiteit in die department om die besluit self te kan neem.

Die Skim ·

Die NVG het teveel uitgestelde ondersoeke nou genoeg werk vir die volgende 3 termyne….

SjN ·

Speel vir tyd, wonder of hy nog so lekker gaan lag oor die uitspreek van nkandla,

Lolla ·

Klink of hy nou bietjie banger is vir die tronk as wat hy laas voorgegee het. Dan nou weer, wanneer gee hy NIE voor nie. Sou sweer hy is Julius Malemma se tweeling boettie.

Hannelie ·

As ek ou Zuma is….dan maak ek soos ‘n volstruis, druk my kop in ‘n gat en kom nooit weer daar uit nie. Hy is ook een van daai wat gedink het hy is “untouchable”.

Kaspaas ·

@Eish – Ek stem saam, en saam met dit, wonder Ek ook wat Zuma se redes sou wees, hoekom hy nie vervolg moet word nie?

Nel ·

Hy’t mos vir die nasie in sy laaste TV toespraak gese hulle moet vir hom se wat hy verkeerd gedoen het, want hyself het nie ‘n ‘koekenclue’ wat dit kan wees nie.

E.K. die eerste ·

Gaan hier ooit iets van kom? Daar gaan dalk allerhande “foutjies” met die hele storie wees en hof gaan dit uitgooi…Ek is maar sinies oor die hele storie.

TLC ·

Hang natuurlik als af van wie gaan die regter wees in die saak as dit ooit sover kom

ontevrede leser ·

ek kan nie wag vir zumpie se dag in die hof nie, abrahams moet ook nie te vêr weg staan nie, ek wag vir sy dag in die hof ook, altwee van hulle se verhoor redes sal goed wees om aan te hoor

Vermeendes ·

Hier sal n burgeroorlog in die land wees lank voor Zuma vonnis opgele kan word want Ace is een van Zuma se groot vrinne en self ook skuldig aan korupsie, en nou is hy een van die ANC se grotes.
Zuma se keapers sal vir hulle self sorg en so vir Zuma spaar.

ne ·

Daar gaan weer vertragings tegnieke wees…… Die hof sal moet bontstaan. Hoop hy boek in by die oranje pakke. Dit is waar hy hoort!

gunston1960 ·

Mag ons hoop dat dit n regverdige verhoor gaan wees , en die krimineel tronk staf kry.

Rynhardt ·

Zuma sal nie n tronk sien nie.Op E-tv is sopas gewys dat Guptas in Indiese hof getuig.Dit het sover aan die lig gekom dat die Guptas toegelaat was om groot hoeveelhede geld in SA te bring!Alle die skuldiges se name moet bekend gemaak word.Guptas gaan nog met baie skandes van Zuma en Anc mee uitkom!Gee dit tyd.Hele land en wereld moet weet wie al die korruptes is,en hoe SA gevangene gehou is.?????????

Oom Kalahari ·

Zupta, Robben Eiland geskiedenis leef soms maar voort. KFC etes is nogal nie te versmaai, maar vriend Shaick sal die nodige reel van die golfbaan af. Sy dokter staan gereed met die gesondheids program vrystelling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.