Zuma dalk geroep om by Nkandla-verhore te getuig

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma kan geroep word om te getuig tydens die departement van openbare werke se tugverhore rakende die opgraderings aan Nkandla, berig die Sunday Independent.

“Ons sluit nie die moontlikheid uit dat president Jacob Zuma geroep kan word om te getuig nie,” het Claude Naiker, bestuurder van die staatsdiensvakbond PSA in KwaZulu-Natal, aan die koerant gesê. “Maak nie saak wie die persone is nie, ons sal hulle roep om ons lede se sake te bevestig. Ons sal alle moontlike weë uitput om ons lede te beskerm,” het Naiker gesê.

Die PSA verteenwoordig 10 werknemers van die departement van openbare werke wat dissiplinêr verhoor word oor die R246 miljoen se opgraderings aan Zuma se private Nkandla-woning.

Naiker het gesê die beamptes se finansiële posisie is deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. “Daar is beslis dat hulle nie finansieel by die Nkandla-projek gebaat het nie.” Hy het gesê die beamptes het “behoorlike prosedures gevolg volgens die wet op finansiële bestuur en ander voorgeskrewe beleide.”

Brent Simons, woordvoerder van die departement van openbare werke, het aan die Sunday Independent gesê die verhore is nie ‘n “heksejag” nie. “Daar is geen nasionale agenda teen die beskuldigdes in terme van die aanklagte of die dissiplinêre verhore nie,” het hy gesê.

Die verhore sal op 27 Oktober begin. Die beamptes staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met wangedrag en wanbestuur sowel as die oortreding van sekere departementele prosedures. Al die beskuldigdes is óf betrokke by die departement se projekbestuur of is lede van die departement se bodtoekenningskomitee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

scalla ·

hy kan geroep word, nes dit tans met alles gaan, hymoet getuig, dis mos immers sy plek, niemand is verhewe bo die wet nie.

Grassie ·

Ek glo nie hulle gaan vir ou Zoempas maklik in ‘n getuiebank kry nie want daar is vrae wat hy nie kan beantwoord nie, behalwe as die vrae en antwoorde vooraf gekonkel is. Hy ontduik al vir byna 10 jaar die verantwoordelikheid om rekenskap te gee van sy optredes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.