President Jacob Zuma het Donderdag vir Cyril Ramaphosa, die nuutverkose president van die ANC, en die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) gelukgewens.
“Ek wil graag vir pres. Cyril Ramaphosa hartlik gelukwens met sy verkiesing as die hoof van hierdie reusebeweging van ons mense, die ANC,” het Zuma gesê.
David Mabuza is as die nuwe adjunkpresident van die ANC aangewys, Gwede Mantashe as die nasionale voorsitter, Ace Magashule as die sekretaris-generaal, Jessie Duarte as die adjunk-sekretaris-generaal en Paul Mashatile as die tesourier-generaal.
Zuma het ook gesê hy is tevrede met die gees van eenheid wat deur die konferensie na die stem van die leierskap oorgedra is.
Zuma, wat Nkosazana Dlamini-Zuma ondersteun het vir die presidentsposisie, het gesê daar was geen wenners of verloorders tydens die verkiesing van die leiers nie. Hy het gesê die ANC was die “duidelike wenner”.
Zuma het die afgevaardigdes bedank en gelukgewens met hul uitstekende dissipline en die bepaalde wyse waarop hulle hulself gedra het tydens die konferensie. “Die afgevaardigdes het weereens bewys daar is geen taak groter as die ANC nie. Hulle het demonstreer dat die eenheid van die ANC gerespekteer moet word,” het Zuma gesê.
Hy het ook gesê hy is oortuig daarvan dat die beleide wat deur die afgevaardigdes by die konferensie aangeneem is Suid-Afrika na voorspoed sal lei deur die party se radikale sosio-ekonomiese transformasieprogram.
Die anc is nie die wenner nie maar wel korrupsie.
Die ANC was die enigste deelnemer aan die kompetisie vir die beste sirkus en raai toe wen hy ook die 1e prys… met die prez steeds die nar in die ring, die leeutemmer en die grappige toertjie-akrobaat bo die groot vangnet verskaf deur Zupta Edms Bpk. Dr Zu-ma se mediese tassie staan sowieso reg in geval die prez se vyande weer muti probeer.
Kommentaar ip die foto: is min of meer asof Zuma sy arms reghou vir n sizing vir n nuwe ORANGE pakkie?