Zuma ‘diep bekommerd’ oor Wes-Kaap

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Die presidensie het gesê pres. Jacob Zuma is diep bekommerd oor die lewensverlies en skade wat vandeesweek deur die stormweer in die Wes-Kaap veroorsaak is. Hy het spesifiek ook verwys na die gerugte wat aandui dat hy glad nie bekommerd is nie en dit bestempel as “fopnuus”.

“Die presidensie neem kennis van ʼn aanlyn berig waarin daar staan Zuma sê Knysna in die Wes-Kaap is nie sy probleem nie. Hierdie berig en die vermeende aanhaling is vals,” het die presidensie gesê.

Die verklaring het bygevoeg dat pres. Zuma ongelooflik bekommerd was oor die situasie in die Wes-Kaap, die lewensverlies, ontworteling van mense en algemene verwoesting wat gesaai is.

Hulle het bygevoeg dat die regering humanitêre ondersteuning na alle aangetaste gebiede gestuur het, veral die arm gemeenskappe.

“Ons bedank ook die mense wat uit hul eie hulp aangebied het en versoek diegene met hulpbronne om asseblief toe te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Ramkat ·

Sy geloofwaardigheid het vir die publiek in die algemeen so geweldige afgeneem dat weinig enige eerlikheid in hierdie verklaring sal insien.

Gert ·

When he figured out he wont be ruling for long as this is prophetic times we are living in…

Marietjie Cilliers ·

Kan daar niks gedoen aan fop nuus nie. Spoor op en gee groot straf. Ons het dit nie nodig nie.

Albert Juergen ·

Daars nix geld oor in die Staats kas nie want Zuma se vriende die Guptas het die staatskas reeds geplunder!

Albert Juergen ·

Daars níks geld oor in die Staats kas nie want Zuma se vriende die Guptas het die staatskas reeds geplunder!

Ben ·

Jacob Zuma gee geen flenter om vir enigiemand in SA nie. Hoekom sal hy nou die nou bekommerd wees?

Lillie ·

Hy weet nie eens waar is Knysna nie! Of het Knysna nou van Oos na Wes geskuif?

Wessel ·

Knysna is in die Weskaap, hoewel Port Elizabeth in die Ooskaap is

Erick ·

Die regering gaan hulpverleen aan die arm gemeenskappe. Sluit dit nou blankes in waarvan daar baie armes daar is?

Katrynkie ·

Daar het meer hulp gekom van mense regoor die land, mense in buiteland, groot besighede en banke as van die regering self. Dis ongelooflik om te sien hoe Suid-Afrikaners saamstaan ten spyte van ras. Nou is daar hulp van die regering gestuur na die arm gebiede (wat meestal sy mense is), terwyl Suid Afrikaners geen onderskeid tref en help waar ons moontlik kan. Maar wat van die “nie arm gebiede” waar mense ook alles verloor het? Meeste het versekering maar dis nie net van optel en aangaan nie. Vir meeste van hulle is die uitdagings groter en gaan hulle nie oornag wees waar hulle voor die brand was nie.

Boland ·

As daar bekommernis was sou meer brandweermanne van ander dele ingevlieg geword het.Hoe kan 300 manne die vuur keer in daardie wind.Mense steek veld aan die brand vir werk maar as die werk daar is dan doen net n handjie vol dit.n Land is soos n plaas en wil 24/7 bestuur word.Nie van Maandae tot Vrydae nie.

Wonder net ·

Vlgs berig is die die president veral bekommerd oor die “arm gemeentskappe” – nou wonder ek net wat is die verskil tussen ñ arm en ñ ryk persoon as jy jou huis met al jou herinneringe en jare se harde werk om dit te kon betaal verloor . Almal het iets verloor. Of dit nou ñ plakkershuis of ñ villa is , albei partye loop uit met die emosionele skade . Ek is so siek en sat dat altyd onderskeid in SA getref word . Geld kan nie vervang wat jy verloor het nie.

Laetitia ·

Verwys hy nou net na die storm in die Weskaap en niks oor Knysna in die OosKaap nie. Eerste wat ek van hom hoor na al die dae.

Shame ·

Shame,hy weet nie van omgee nie! Hulle,die presidensie ingesluit,was nog nooit betrokke by enige hulp verleen van enige aard nie! Die presidensie en sy makers se hulp en skenking van kos,klere en verblyf is nerens te siene,geld in hul eie sak terwyl die “gemeenskappe” ingryp tot hulp en hy sit met hand in eie sak. Om te praat help bokkerol,doen eerder iets ter bewys van omgee!!!

Dries ·

Regtig kan dit waar wees, Zuma bekommerd oor die Weskaap of is dit weer nog een van sy vieslike siek grappies waaroor hy lag. Hoekom besoek hy nie Knysna en omgewing nie of kry hy nie die plek op die padkaart nie. Zuma kan maar gerus n paar miljoen van die Gupa geldjies gee vir hulp aan die slagoffers, of is dit teveel gevra Mnr die President

Hasie ·

Gaan hier dieselfde gebeur soos met die droogtes hulp aan die boere. 80% van die toegestane bedrag het nooit die boere bereik nie.

Elsa ·

Waar gaan z geld kry as dit in stene konkruit en semenst vasgepleister die in nkankla? Is daar nog bystadfondse beskikbaar na alles?

Verstom

Beatrice ·

Nou sal die fotos wat op fb rondgaan waar die skenkings van kos in gebiede wat glad nie geaffekteer is nie seker ook beskou word as fopnuus. Plaasmoorde word seker ook beskou as fopnuus. As hulle aantygings oor wit mense is ook seker fopnuus. Siek man siek

Elsa ·

Waar gaan z geld kry as dit in stene konkruit en sement vasgepleister is in nkankla? Is daar nog bystadfondse beskikbaar na alles?

Verstom

Sarie Abbott ·

You may fool some of the people some of the time, but not all of the people all the time. Knysna en PE se mense se hulp het geen ras of ryk of arm gesien nie almal het dieselfde hulp ontvang dalk iets vir die Zumtas om te leer.

Johannes van Rooyen ·

Wat het die ANC EN SY SUPER RYK KADERS wat super ryk geword het deur belasting betalers se geld persoonlik gedoen om te help ??
Die mense wat gehelp het is brandarm in vergelyking met hulle
WAT HET DIE GUPTAS GEDOEN OM TE HELP alles wat hulle besit is gesteel van Suid Afrikaners in 1993 het hulle niks gehad nie

Leendert ·

Zuma, ons wens jy en die ANC was fopnuus, sommer ‘n klomp ander dinge ook. Fop jou hier, fop jou daar en siedaar, “poef”, gaan hulle in ‘n stofwolk op.

Dries ·

Enige skade , brande of natuurverskynsels wat Nakantla tref kwalifiseer vir 100 % staatshulp of liewer moet betaal word deur die belastingbetaler.

John ·

Dis duidelik waaroor hy bekommerd is… stemme vir hom en sy party-tjies. Armes, ontworteldes… oppas met skenkings. Onder wie se naam gaan dit… en waar… uitgedeel word?

Johannes van Rooyen ·

Zuma is nie eers oor SA bekommerd nie hkm sal hy oor die wes kaap worry
DIS BELAGLIK nie eers die Guptas glo hom nie

KP ·

Hou die regering se mense daar weg hulle is net daar om al die skenkings te steel en dit wat oorbly te sorg dat dit aan swart gegee word onder regering se naam.

snoepie ·

Eks bevrees dat die woord “fopnuus” misbruik gaan word; om uitlatings toe te smeer. Wat is nou makliker om te sê en te doen net wat jy wil. En dit dan te ontken, en fopnuus die skuld te gee.
Nog net n nuwe woord om misbruik te woord.

Lollie ·

Hy het dit seker gesê terwyl hy besig was om weer te giggel want dit is ń groot grap komende van hom!

Asmain ·

Ag regtig en ons moet dit nou glo! As hy so diep bekommerd is, hoekom is hy nie daar om simpati te betuig en ondersteuning te gee nie…

Johannes van Staden ·

Kyk nou mooi , die regering gaan geld gee maar dit gaan weer verdwyn en gesteel raak soos ons gesien het met die droogtehulp wat gesteel was …mens kan nie die anc vertrou nie …hulle praat soos die wind waai en steek ook ander tiepe brande aan …. !

Annette Stander ·

Zuma, almal het hulp nodig, nie net die armer gemeenskap nie!! Is dit noy alweer ‘n geval van arm swartes en ryk wittes!!!!!

Andrew ·

Glo hy het dit gesê want in sy hof sake het hy alles verloor as gevolg van leuns.Die en in sy toesprake val hy die wit mense aanhoudend aan.Stel nie belang in sy mooi praatjies nie.Hy wil dan die wit mense se grond 2018 vat sonder betaling.Hy is die president,maar is nie ‘n voorbeeld van goeie gedrag en eerlikheid nie.

Annette Stander ·

Zuma speel alweer die raskaart. Die regering help die “armer gemeenskappe”. Ons weet noual wie dit is, beslis nie die wittes nie. En alles is FOPNUUS!!!

Ander Annie ·

Meneer die President, klim asb op jou vliegtuig saam met ‘n paar van jou Ministers en gaan besoek Knysna en die omliggende gebiede. Gaan kyk self na die hartseer en die verwoesting. Gaan betuig jou medelye aan families wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Aksie Meneer President, nie leë woorde nie.

Dries ·

Hulle weet nie waar Knysna is nie, kan dalk vir Zille vra want sy het genoeg om gegee om die area te besoek

Freud ·

Sy bekommernis strek in werklikheid net so ver as die feit dat hy bekommerd is oor die DA steeds aan bewind is in die Wes Kaap. Niks anders nie.

Fires ·

Vroeer was hulle net verkeerd aangehaal, nou is dit ‘fopnuus’, haha wie ‘fop’ vir wie

E.K. (vra net) ·

Hy bedank die wat uit hul eie hulp aangebied het en “versoek” dat die wat oor hulpbronne beskik ook help! Wat se versoek is dit? Wat van hand in eie sak steek en bietjie van daai “hulpbronne” skenk?! Nou wat van die staat se hulpbronne?! Siek! Hy is so bekommerd dat hy niks doen nie. In GEEN ander land sal die president NET sy kastige bekommernis uitspreek en niks verder doen nie!

Ouma ·

Nee wat, mense moet darm kan onderskei dat so iets fopnuus is. Maak nie saak wat hy is nie, so dom is hy darm regtig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.