Zuma doen navraag oor Onteieningswetsontwerp

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

Pres. Jacob Zuma het die speaker van die Nasionale Vergadering en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies versoek om hom te adviseer oor die proses wat gevolg die parlement gevolg het om die Onteieningswetsontwerp goed te keur.

Die Onteieningswetsontwerp is in die parlement goedgekeur en na die president verwys om dit as ʼn wet te bekragtig. Die wetsontwerp maak voorsiening vir die onteiening van eiendom vir openbare belang of vir publieke doeleindes.

“Pres. Zuma het verskeie petisies van individue en organisasies ontvang teen die bekragtiging van die wetsontwerp,” het dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Die besware het ʼn aantal kwessies uitgewys wat die prosedure betref wat die parlement gevolg het, waaronder:

– die prosedure wat die Nasionale Raad van Provinsies en sommige provinsiale wetgewers gevolg het, was teenstrydig met die Grondwet;
– die Nasionale Raad van Provinsies het versuim om voldoende konsultasies met die publiek te hou voor die wetsontwerp aanvaar is; en
– die wetsontwerp is nie na die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers verwys, kragtens artikel 18(1)(a) van die Wet op Tradisionele Leierskap en Regeringsraamwerk 2003 (Wet 41 van 2003) nie.

“Die president het gevolglik die parlement versoek om hom in te lig oor die proses wat gevolg is om die wetsontwerp goed te keur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

christine ·

Grondwet kan hy nie verander nie. Wat verstaan die man nie. Span alewig die kar voor die perde in. Sy wiel rol al lankal nie meer nie. Kyk seker rond wat hy nog kan dief.

KP ·

Wat weet hy van wetsontwerpe hy moet eerder leer lees en skryf.

vierkleur ·

hulle kan kom probeer, maar moenie dink ek gaan my grond net opgee sonder n geveg nie

snoefie ·

lance was jy nie voor in die Moor om vuurwapens te gaan inhandig nie? dit het mos beteken jy hoef nie lisensie te gaan hernieu met alvdie rompslomp daar aan verbonde nie. was n slim skuif aan hulle Kant om blankes deur hulle wie luiheid te ontwapen.

Lance ·

Hoe enige regdenkende mens nog vir die man kan stem wat steel lieg en bedrieg en en en …gaan my verstand tebowe ….he is a hot mess !

Rynhardt ·

Die Onteoeningswetis gebaseer op Vryheidsmanifes van Anc wat uitgeleef word.Hul wil alle plase van wittes he! Die staat sit met baie grond, maar die wittes moet verby kom! Baie wittes verstaan nog steeds nie die Anc nie.Hul gaan alles vat wat hul wil he.

Maria van Dieweeck ·

Asof die sg tradisionele leiers daarteen gaan wees! Wat kan ons doen?

Esther Coetzee ·

Is hy bang Nkandla kan dalk ook in die slag bly….??

Koos ·

Onthou net mense doen aan jou wat jy hulle toelaat om te doen

DR ·

Keur maar die onteieiningswet goed, hou op om te dreig… Dra net die gevolge.

Kobus ·

Neem n verband uit op jou eiendom! Net voor hulle hom wil vat dan trek jy al die geld uit die verband! Dan vat hulle die bank se eiendom en jy loop weg met die geld!

mykommentaarverdwyn ·

as die grondonteieningswet deurgevoerword gaan Zuma seker met al die goeie please wegloop.

christine ·

Dis vir my of Zuma en sy regering aspris op n burgeroorlog wil afstuur. Stadig maar seker. Ek weet net een ding grond vergrype is n werklikheid, klou net want op die langste kan die mense net tot Feb volgende jaar met ons wees dan gaan dit op n krips tot die einde spoed waaroor dink julle wil hy so graag die jet he, om te vlug natuurlik. Dis nie n droom nie raak net bietjie onsigbaar bly in julle huise en beskerm julle kinders.

Theuns ·

Christine, Ek stem nogal saam met jou dat Zuma moedswillig is!Of anders gestel dit lyk of hy ‘n plan het vir ‘n kommunistiese Suid Afrika. Wat Zuma se, wat jy sien en wat hy doen bevestig jou waarneming! Hier kom Suid Afrika ala Turkye!! My naam is seker ook al op ‘n geheime leer?

Suzette ·

Februarie is die tyd van die geelperskereën. Dan val die emmer bloed om.

Jan maak n Plan ·

Hier is twee baie belangrikke goed wat in ons as witmense se pad staan van sukses teen hierdie tipe vergryping. Eerstens voer die regering net die ANC se sogenaamde vryheids manufes uit en tweedens het ons as wittes geen “tradisionele leiers” nie. Hulle het dis proporsioneel baie meer mense om die tipe wette deur te druk.

Ben ·

Christene en Suzette : – Vertel vir ons ook watter een van die honderde gesigte van Siener van Rensburg julle gebruik om by Februarie 2017 uit te kom. Asseblief, want ek verstaan nie die gesigte waar hy verwys rooi bulle, velskoene, sinkdakke, baarde en nog talle ander nie. Dit wil voorkom asof hy na oorlog verwys as “die emmer bloed om val”. Help bietjie.

Suzette ·

Siener het gesê ons gaan weer aangeval word soos die treklaers in 1838 aangeval was in die nag, weer in die tyd van die geelperskereën. Eers gaan ‘n belangrike persoon dood, die spies wat val, dan breek vure uit sy graf uit en mense loop met grawe op hul rûe huis toe (geweld en stakings). Koue pap in skottels en droë hout om Jhb (kragonderbreking) Dan val ‘n emmer bloed om en mense los hulle vensters oop so vinnig vlug hulle. Geelperskereën is van 15 tot 28 Februarie. Hoop dit help.

Peet J ·

Hoe gouer die Onteieningswetsontwerp kan realiseer hoe beter, die besware wat uitgewys is gaan nie die regering bind om nie die wet inwerking te stel nie dit mag wel ‘n vertraging in die hand werk.
Eiendomme mag nie sonder waardebepaling vergoeding onteien word nie en dit mag dalk help om die plaasmoorde te bekamp. Ons Afrikaners is nou maar eenmaal aan die genade van die ANC oorgelewer en alles wat vir ons nagelaat is deur ons voorgeslagte word met ‘n doel, om integrasie te bevorder, van ons weggeneem so laat hulle vat en klaarkry maar beslis nie sonder vergoeding nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.