Zuma eerder tronk toe as voor Zondo ‘geboelie’

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: AP)

Die Jacob Zuma-stigting sê die oudpresident sal eerder tronk toe gaan as om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping deur ’n “onreëlmatige, gemanipuleerde en onwettige proses” geboelie te word.

Die stigting het Vrydag sy “teleurstelling” te kenne gegee nadat adjunkhoofregter Raymond Zondo Donderdag geweier het om hom aan die kommissie van ondersoek na staatskaping te onttrek.

Zuma het vroeër gevra Zondo moet hom onttrek omdat hulle volgens die president vriende is en omdat Zondo bevooroordeeld teenoor hom sou wees. Toe dit egter nie gebeur nie, het die oudpresident en sy regspan tydens die teepouse sonder toestemming die kommissie verlaat en net nie weer teruggekeer nie.

“Ons staan ​​by pres. Zuma en prys hom dat hy ferm standpunt ingeneem het en sy rug op die kommissie gedraai het. Fout na fout word begaan,” sê die stigting.

“Ons loof pres. Zuma omdat hy alles gewaag het om ’n onreëlmatige proses wat hom as ’n wettige kommissie voordoen, nie as wettig te beskou nie.”

Maroela Media het vantevore berig ʼn dagvaarding is vroeër op Zuma bedien wat hom verplig om voor die kommissie te verskyn. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming moet na regte nou uitgereik word aangesien hy uit die kommissie gestap het.

Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, het egter aangedui hulle gaan Zondo se besluit om hom nie aan die kommissie te onttrek nie, in die hooggeregshof betwis deur dit op hersiening te neem.

Dit sal regstegnies beteken die kommissie sal nie sy werk – soverre dit Zuma as getuie aangaan – kan voortsit tot die hooggeregshof uitspraak lewer nie.

“Ons loof pres. Zuma omdat hy alles in die stryd werp om nie aan ʼn onregmatige proses, verskuil as ʼn regmatige kommissie, geloofwaardigheid te gee nie,” sê die stigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Adam Adriaan ·

Dan moet die knaap maar gaan om die oranje pajamas aan te pas. Hoop net hulle sit hom diep in die kamer, met dik komberse vir die winter, dat hy nie later ook kan kla; dat hy sleg behandel is daar in die hotel nie.

Dries ·

Ag asseblief! Die “Jacob Zuma-stigting” IS Jacob Zuma. Wat se belaglikheid is dit nou? En as ek mag vra, presies wat doen hierdie ‘stigting’ wat bevorderlik is vir ander, is daar enige liefdadigheids-projekte wat mense onverwant aan die Zumas bevoordeel?

Oom Hennie Pennie ·

Gedink hy kan regter Zondo ook manipuleer. Laat hom oranje klere aantrek.

Aai ·

Al wat Zuma sal mis as hy in die tronk is,is die see uitsig van Robben eiland.

Byekonfyt ·

:) Dis omtrent die eerste sinvolle ding wat JZ kwytgeraak het. Mag dit spoedig gebeur.

Obronie ·

Die parallelle tussen Zuma/Malema en Trump is darem groot

Stefan ·

Nou ja, as hy tog self verkies om tronk toe te gaan is die kant van die saak mos opgelos.
Dan is daar nog net al die terugbetalings uitstaande.

Genis ·

Moet asseblief nie, dat die groetery jou ophou nie… gaan asseblief

Nozi ·

Nou ja toe. Dan moet hy seker maar begin aanstap tronk toe. Hulle deel mos die oranje pakkies verniet uit, so hy hoef nie eens daarvoor te betaal nie, en blyplek en kos is verniet. Jy kan maar gaan zumpie, jy gebruik nogsteeds ons hard verdiende geldjies.

Casper ·

Kort en kragtig.Zumpie het hom vasgeloop teen ‘n regte wat die waarheid wil hoor.Daar was al baie wat getuig het voor die kommisie wat Zzumpie direk betrek by staatskaping.Zumpie is bang om te getuig want hy weet vir hom is die skrif aan die muur.Hy gaan nie antwoorde he vir al die vrae nie.Gaan hy tydens sy strafsaak ook uit die hof uitstap as dinge warm raak.Hy moet een of ander tyd pa staan vir sy dade.

JM ·

Verkeerd is mos deesdae reg en verkeerd reg – só dink die spul. Soort soek soort; daar is nie salf aan te smeer nie. Net so korrup in hul denke as Zuma. Gelukkig draai die wiel van die lewe en sy dag kom gewis, mag dit GOU wees. Verwyder Zuma uit die samelewing uit, want hy is die grootste vloek wat die land ooit getref het.

Lindsay ·

Hy moes lankal toegesluit gewees het,hy mors nt almal se tyd….

Kokerboom ·

Ek kan nie verstaan wat is Zuma se saak! Die Zondo kommissie is NIE ‘n hofsaak. Regter Zondo wil net feite inwin. Net ‘n skuldige person sal so oorreageer. Wat ek ook ook nie verstaan is dat met amper 800 sake teen hom, waarom nog info inwin? Vind die man skuldig en sluit hom net toe. As ‘ n indiwidu net een geringer oortreding began kan gereg die person nie gou genoeg skuldig bevind! In Zuma en ander kadfers se geval nie!! Bestaan daar dan 2 stele regsreels: 1 vir politici en 1 vir jan alleman?

Juffrou ·

Ek wens die media, Maroela inkluis, wil end kry met dié titel van pres Zuma ! Ook sy sogenaamde stigting en sy regspan. Hy is geen president. Hy is nou net Jan Alleman.

Johanncb ·

Voeg die daad by die woord en arresteer hom! Hy is nie bo die wet verhewe nie! Hoekom moet SA so lank wag vir aksie?

jzjz05 ·

Zuma was onder die indruk dat toe hy vir Zondo aangestel het dit hom gaan bevoordeel,ongelukig was hy verkeert want Zondo is n regter van die reg en sal hom nie deur iemand daarvan laat afwyk nie. nie eens die Zuma stigtig nie die waarheid is as jy nie meer jou dade kan verdeedig nie ,val dan die persoon aan.

Derek ·

Demokrasie beteken mos eintlik vryheid van keuse, dit is sy keuse. Niemand in die land kan dink hy is verhewe bo ander maak nie saak watter taal of kultuur jy is nie. Zuma was mos deel van die onderhandelings en moet mos weet wat demokrasie beteken. Of was daar dalk n versteekte agenda, na alles sedert oorname blyk dit die waarheid te wees. As mens luister na Carl Niehaus se video van beloftes voor 1994 en dit wat ons nou sien is dit twee heeltemal verskillende werelde, dit wat gese was en dit wat ons nou sien.

Lee ·

Stuur groete aan die ander misdadigers. Hulle sal binnekort by jou aansluit. #wishfulthinking

Nico ·

Die Zume stigting het gedink dat hy sal wegkom, laat hy weer gaan sit op Robbeneiland al is dit net hy alleen, hy moet betaal vir sy optredes.

Janc ·

Hoe is dit dat hierdie ou nog ‘n stem het? Sluit hom dan toe as hy nie sy samewerking wil gee nie.

Annalie ·

Hy probeer elke moontlike manier om vervolging te ontduik. Trek maar jou oranje kleertjies aan

Sênet ·

Die man weet hoe om dinge te vertraag hy sal nooit tronk gaan nie

Yvonne ·

Hy word geboelie ……..eish …. ek dink nie hy weet wat die woord beteken nie…hy het gedink Zondo is aan sy kant…surprise

Pieter ·

Wonderlik, ons kan nou tyd en geld spaar. Kry sy oranja pakkie reg, maar hou net sy gevangenis-nommer korter as die gewone sodat hy dit dalk kan onthou en uitspreek, iets soos 1 of 2 of 3.

gatgogga ·

Dis jou beste keuse, Zuma. Gee jouself oor by jou naaste polisiekantoor.

Dirk Mostert ·

Daar is ‘n fiksie-reeks getiteld “The Destroyer” (skrywers Richard Sapir en Warren Murphy), oor ene Remo Williams en Chiun, wat intree wanneer die howe faal. So ‘n organisasie het meriete!

Hennie J ·

Die kommentaar wat leser lewer is vir my insiggewend terwyl ek soms ook verplig voel om kommentaar te lewer. Maar op hierdie berig gaan ek nie my siel versondig om kommentaar te lewer nie.

Cecilia ·

Zuma maak nou benoude spronge. Hy wil net so min tronk toe gaan as d man op d maan. Ek hoop regter Zondo gaan aan met d saak met of sonder Zuma se teenwoordigheid.
Laat ou Zuma toesluit v mi agting vd Hof.
Maar in d tronk sal hy soos n koning behandel word !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.