Zuma eis dat Zondo hom onttrek

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Oudpres. Jacob Zuma het adjunkhoofregter Raymond Zondo versoek om hom as voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te onttrek.

Volgens Eric Mabuza, Zuma se prokureur, word die oudpresident deur die kommissie geteiken en uitgesonder.

In ʼn brief wat Mabuza Maandag aan Zondo gestuur het, voer Zuma se regspan aan dat hulle binnekort ʼn aansoek sal bring dat Zondo hom aan die kommissie moet onttrek aangesien hy ’n bevooroordeelde ingesteldheid teenoor die oudpresident het en nie onpartydig kan wees rakende kwessies en bewyse wat op Zuma betrekking het nie.

Mabuza het gesê Zuma sal nie verder deel wees van die kommissie tot die aansoek vir Zondo om hom te onttrek nie afgehandel is nie.

“Zuma was nog altyd bereid om met die kommissie saam te werk ondanks sy bedenkinge oor die wettigheid van die kommissie en in die besonder u [Zondo] geskiktheid as voorsitter.” Zondo se beweerde vooroordeel teenoor Zuma spruit glo uit hulle “historiese persoonlike, familie- en professionele bande” wat die voorsitter in die openbaar moes onthul voordat hy sy aanstelling aanvaar het.

Die groot ongelukkigheid is oor mediakonferensies wat Zondo gehou het waartydens hy onder meer beslis het dat Zuma in November voor die kommissie moet verskyn nadat Zuma om verskeie redes weer aangedui het dat hy nie op 9 Oktober voor die kommissie kan verskyn nie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Zuma se regspan is van mening dat Zondo die oudpresident deur middel van die media aanspreek.

“Gesien in die konteks van vorige mediaverklarings, die gedrag van die voorsitter en die behandeling van Zuma deur die kommissie, het die voorsitter se onlangse uitsprake Zuma met die duidelike indruk gelaat dat die voorsitter hom wil teiken vir openbare vernedering.”

Volgens Zuma se regspan wil Zondo die oudpresident as “onbehulpsaam en veglustig” uitbeeld teenoor die publiek en het geen ander getuies voor die kommissie al onder die “openbare teregwysing” deurgeloop nie.

“Zuma is van mening dat die voorsitter se vooroordeel teenoor hom die gevolg is van persoonlike aangeleenthede en gespanne verhoudings wat die voorsitter reeds aan die begin van die ondersoek moes openbaar.”

Die Jacob Zuma-stigting het ook verlede week uitgevaar teenoor Zondo en gesê hy neem met afkeur kennis van die uitsprake deur die voorsitter wat ten doel het om Zuma en sy prokureurs te verneder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Nozi ·

Hulle kan maar net so wel hierdie hele zondo kommissie ondersoek staak. Hul kom nie tot ‘n punt nie en het nog geen positiewe opslae gelewer nie. Julle mors net ons belasting betalers se geld. Pleks jul van die geld wat so gemors word en bou skole of spandeer aan voedingsskemas of so iets. Miljoene rande word net so in die water gegooi.

Nie Verbaas ·

Ek stem, kla hulle aan, vat hof toe, vonnis en vries alle bates wat dan gaan na staat se koffer.

annie ·

… die Zuma Ontstigting is in die hoek vasgedruk en nou ryg hy sy derms uit in die hoop om die golden bullet van neef Zondo te vind. Dit kom van te veel pynappelbiere langs die brandpoel. Baie jonger, mooier en slimmer ooms sal dit beaam.

twaalfboor ·

Ontrek maar die hele spul want daar gaan niks van kom nie. Al wat gaan gebeur is dat ons belasting betalers “miljarde” gaan betaal vir die sirkus.

Gawie ·

Zuma is die hoofverdagte in die hele staatskapingondersoek. Hy het al by verskeie geleenthede probeer om die ondersoek te onderskep om na sy pype te dans (onsuksesvol), of net nie opgedaag vir die verhoor nie. Natuurlik sal Hoofregter Zondo hom anders aanspreek as al die ander getuies – meeste van die ander getuies het oop kaarte gespeel en alles op die tafel gesit.
Hierdie is maar net nog ‘n manier van hom om tyd te wen en te probeer om geregtigheid te ontduik.

Belinda ·

Ja nee wragtig, so van vir tyd speel en arme slagoffer bly, dan agteraf lag hy lekker …..

NEO ·

As Zuma in ‘n hoek is gebruik hy vertragings tegniek. Hy is ‘n meester op die gebied.

Marius ·

Ag shame Zumpie , dit is net snaaks dat so baie vingers na jou en Guptas wys . “Blame Game ” soos altyd. Vat jou pak soos n man .

Die Wolf ·

Ai, ek is above the law. Wie is jy om my so te behandel?

JohanEtz ·

ZUMA JOU SOGENAAMDE NALENTSKAP LAAT VEEL TE WENSE OOR. JOU NAAM SAL VIR EWIG STINK!!

Cornelius ·

Zuma soek redes om nie voor die Zonfo kommisie van ondersoek te verskyn nie. Hy gaan anyway alle aanklagtes teen hom vermy.

Misky ·

Dis nie net Zondo nie ou Zuma….. meeste van SA kan ook nie meer jou bakkies en liegstories verdra nie!!!

Thelsa ·

Oompie Zoempie . . . Jy het hierdie manne dan self gekies. Hoe nou ???

Persheks Adri ·

Jy verneder jouself in elk geval so moet nie ander blameer nie

Moedeloos ·

Waar is die EFF nou gaan toi-toi en brand bande voor Zuma se huis soos jul altyd doen as niemand gehoor wil gee nie. Zuma is soos n kat op n warm plaat.

tweeling ·

Gelukkig is Zondo bemagtig om dagvaarding uit te reik sodat jy by die huis gehaal kan word (hopelik in boeie) en voor die kommissie kan verskyn. En Nozi jy besef natuurlik nie hoeveel die Zondo kommissie se ondersoeke die NPA help nie. Die NPA het ‘n tekort aan mannekrag en sukkel om orals uit te kom.

koos10 ·

My vraag is wat gaan Cyril Ramaphosa doen. Hy het die kommissie saam gestel en hulle funksineer onder sy bevoegdheid.

Eiervrug ·

Mens dra nie jou masker onder jou neus nie Jacob…. Ai weet jy……

Heinrich ·

Kom nou Zuma, jy smeek ons mos vir jou dag in die hof, wat het jy dan om weg te steek? En wie ook al nou nog nie weet dat jy korrup in murg en been is nie bly seker nog in die Amazone.

Jurie ·

Zondo se optrede hierna sal vir ons wys watse tipe regstaat ons in SA het.Hou dit me afwagting dop !!

Kokerboom ·

Hoe lank gaan ons nog gepynig word met die gesig en manewales van die aardsskurk?

Jakes ·

Zuma en sy geweldige groot blouligbrigade het so 2 weke gelede by Harrismith se Engin Pitstop garage feitlik die plek tot n stilstand gebring toe hy moes kamerverlaat. Hy lyk nog springlewendig en die uitsprake dat hy kamtig siek is, is fopnuus. Zuma is n akteur van formaat.

Jacobus ·

Ai, gaan die lyke en skedels in die Zuma en Winnie kaste nooit tot rus kom nie?

Vernon ·

Daar gaan ons alweer. Klomp slapgatte man,die saak moet net aangaan en klaar. Al wat hierdie ANC kan doen is praat en nogmaals praat. Daar gaan in elk geval niks met niemand gebeur nie. Dis n mors van geld.

Sarel ·

Soos ons gewoond is hardloop Zuma kringe om die Regstelsel. Indien Zonfo en Rhamapoza nie gaasn
Voet neersit nie gaan al due werk rondom die Zondo Kommissie skipbreuk ly. Zuma kan nie self besluit om nie te verskyn nie . Wie betaal sy Regskoste…o ja weet wie.
Hoekom verskyn hy nie en kry klaar nie

Belinda ·

Niemand kan stry Zuma is loshande die meester van (Speel vir tyd)!!!! Meester van manipulasie, Ou Prokureurtjies ons weet jul doen net jul werk, maar regtig – gaan dink bietjie of jy die poefie sal glo wat jul nou praat.

Gerra ·

Og! Almal pik alweer op zumpie….. Kan nie wag vir daai dagvaarding vanaf die Kommissie wanneer meneer nie opdaag!! Dalk die naaste wat hy aan n oranje pakkie sal kom! Kry die popcorn

Adam Adriaan ·

Hulle moet die knaap arresteer en sumier aankla van hoogverraad en terrorisme, Want hy is tans besig met terrorisme bedywighede in die geregtelike domein

Evert Philippus ·

Kla die man aan en klaar. Hy wil mos sy dag in die hof hê, maar nou word die water te warm!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.