Zuma: ‘Ek het grondwet nie met opset verontagsaam’

Pres. Jacob Zuma tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Vrydagaand gesê dat hy nooit met opset bedoel het om die grondwet te verontagsaam toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die openbare beskermer (OB) in haar Nkandla-verslag voorgelê het.

Zuma het die land om 19:00 op televisie en die radio toegespreek oor die konstitusionele hof se bevinding Donderdag dat hy persoonlik ʼn gedeelte van die staatsgeld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy private Nkandla-woning bestee is, moet terugbetaal.

“Ek verwelkom die konstitusionele hof se uitspraak onvoorwaardelik. Ek respekteer die uitspraak en sal daaraan gehoor gee,” het Zuma gesê.

“Ek wil dit beklemtoon dat dit nooit my bedoeling was om nie te voldoen aan die regstellende stappe wat deur die OB teen my geneem is of om haar kantoor nie te respekteer nie. Dit is daarom dat ek my reaksie op haar verslag binne 14 dae aan die Nasionale Vergadering voorgelê het soos daar van my verwag is. Die hof het ook hierdie nakoming van die verslag verwelkom.”

Zuma het gesê hoewel hy akkoord gaan met die konstitusionele hof se bevinding dat hy met sy optrede oor die Nkandla-saak versuim het om die grondwet te handhaaf, hy dit nie met opset gedoen nie. “Hierdie bevinding vloei uit die feit dat ek aanvanklik ʼn ander benadering gevolg het wat in daardie stadium binne die wet was, maar later uitgewys is as strydig met die grondwet.”

Zuma het gesê nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof se bevinding dat die OB se bevindinge oor die Nkandla-saak nie bindend is nie deur die appèlhof omgekeer is, het hy onmiddellik ʼn ander benadering tot die OB se Nkandla-verslag gevolg. “Ek wil graag bevestig dat ek nie oneerlik opgetree het of enige kennis gedra het van onreëlmatighede in die departement van openbare werke nie.”

Zuma het gesê die regering sal dringend kyk na sy voorsieningsketting om dit te verbeter en te verseker dat ʼn soortgelyke voorval nie weer in die toekoms gebeur nie. Hy het gesê die departement van openbare werke sal “skoongemaak word” om enige korrupsie in die departement uit te roei.

“Die hof se uitspraak het my en my kollegas gehelp om in diepte oor die saak te reflekteer. Terugskouend was daar baie sake wat anders hanteer kon word en wat nooit toegelaat moes word om so lank voort te sleep nie. Daarvoor vra ek in persoon en namens die regering om verskoning.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Sarie ·

So glibberig soos ‘n paling. Nie ‘n stootskraper sal om uit sy posisie kry nie en sy kamerade is aan sy sy om hulle geraamtes binne in die kas te hou.

AJB ·

Stem saam met Sarie. Gaan hy weer hiermee wegkom. Het geen respek vir hom nie.

Pieter.v ·

Nou vra ek hoekom het hy dan die Openbare beskermer se bevindinge nie na gekom nie, toe stel hy een van sy minister s aan om die Nkandla saga te ondersoek en die kom vertel ons dat Zuma niks skuld en nog verbeterinsgs aan gebring moet word. Die Openbare beskermer word as n DA lakei uit gekruit en alles wat sleg is kom uit haar kantoor, ook toe sy befondsing vir haar kantoor vra word dit af geskiet en sy moet deur die valke ondersoek word, gaan hulle voort en lieg en bedrieg ons want volgens hulle is ons n klomp idiote wat nie weet wat aan gaan nie.

Jan ·

Enigeen wat hierna steeds vir die ANC stem is uiters korrup en oneerlik of uiters onnosel!

Frederik ·

Hy mag glibberig wees, maar bly ‘n skande vir die land. Eintlik hy en sy party, die ANC. Hy staan en lieg openlik op TV sonder om te blik of bloos. Dink hy almal in SA het sy IK. Voorheen het hy genoem dat elke liewe vertrek in sy woning deur hom en sy familie gebou is. Nou is hy bereid, en was glo altyd bereid, om die geld terug te betaal. Watter geld?? Hy en sy familie het mos self die stat gebou!!
En sy “Kom rats” ondersteun hom.

Martin Mey ·

Niks gaan verder met hom gebeur nie. ANC het reeds sy “verskoning “aanvaar.Van die terugbetaling sal ook nie werklik iets gebeur nie, ons as publiek sal wel ingelig word dat hy geld terugbetaal het een of ander tyd, maar niemand sal ooit weet waar geld vandaan gaan kom nie.Onthou een ding, hy is slegs die spreekwoordelike segsman, hy word voorgese deur top ANC persone, so selfs al gaan hy, dinge sal dieselfde bly. Nietemin, ANC kan baie baat deur hom eerder te laat gaan, maar dit lyk nie asof dit sal gebeur nie.

pat aldrich ·

Nog nooit gehoor dat een mens so kan lieg nie. Die klomp dink ons is idiote

rudi ·

Net soos hy lank terug gese het: Shabir het R500 000 geleen, Net soos hy gese het die eiendom behoort nie aan hom. Na daai leun het hy gese sy familie het betaal vir Nkandla en hul het ‘n verband by die bank. Toe het hy gese hy weet niks en nou wil hy betaal. Dis jammer dat sy rasistiese ANC ondersteuners hom glo. Hoekom? Want hul is rasiste

stoffel ·

Die man lieg, soos die geboorte. Dit is soos n regter wat iemand vonnes ople, gekritiseer word en dan se hy verstaan nie die wet nie.

PJ ·

Wou die geld terug betaal het my voet hy dan uitdruklik gesè die zuma familie het vir alles by Nkandla betaal wou geld nog altyd terug betaal het volgens hom hoekom hy dan sy eie mense aangestel om Nkandla te ondersoek en volgens hulle was dit nie nodig om vir enige iets te betaal nie inteendeel hulle gesè daar moet meer veiligheid aangrbring word klomp leuenaars

PJ ·

Wou die geld terug betaal het my voet hy dan uitdruklik gesè die zuma familie het vir alles by Nkandla betaal wou geld nog altyd terug betaal het volgens hom hoekom hy dan sy eie mense aangestel om Nkandla te ondersoek en volgens hulle was dit nie nodig om vir enige iets te betaal nie inteendeel hulle gesè daar moet meer veiligheid aangrbring word klomp leuenaars

Joann ·

Haai maar die man kan lieg. Dink hy ons almal het net graad 5 op skool gemaak. Sies dan doen hy dit nogal op televisie. :/:@

magdalena terblans ·

Ek stem saam x Zuma moet eerder bedank hy en sy maters het die land nou in groot genoeg geldelike gemors, niks is iets meer werd nie, nie eers meer ons christenskap nie, veral in skole, hoe kan ons sonder ons Hemelse Vader aangaan in die deurmekaar land van ons, Agge nee pres Zuma luister tog na ons hulp geroep, S.A. Kan nie meer nie.!!!!!!!!!

Ouman ·

Die dwerg dink nog steeds dat hy groter as die land se wette en die mense wat vir sy streke moet betaal

Eben Kitching ·

Hy is nie ‘n dwerg nie, hy is ‘n tokolosh of hanswors, voordat ek vegeet ‘n leuenaar ook.

johan ·

Ja mens, dit is so jsmmer dat zuma so kort van gedagte is, hy het eers probeer se dat alles met veiligheid te doen het, selfs die swembad het in n brand dam verander, toe het hy gese sy fsmielie het vir alles betaal. Nou wil hy onverskoning vra en se hy is onskuldig. Selfs kinders lag vir dy dom leuns. Dit is net die wat hand om die blaas met hom is en die wat korup is wat sy twak sal glo en hom beskerm. DIT IS TYD OM TE GAAN zuma.

Mielie ·

Wat kommerwekkend is, is die man se houvas op mense. Hy baklei verbete om in beheer te bly, wat my laat dink daar is baie goed wat hy wegsteek. Neewat Zimbabwe het n groter kans om van RM ontslae te raak, as wat SA het om van die ou ontslae te raak, hy gaan vir altyd in beheer wees.

Gideon ·

Zuma, jy lieg jouself so vas!! Hoe kan mens respek hê vir enige persoon wat so jok!! Hy laat my so dink aan Johannes wat vroeg Dinsdag oggende begin met sy stories hoekom hy nie die Maandag by die werk opgedaag het nie!! Net leuens en nog meer leuens! My ouma het altyd gesê – “al trek die leuen hoe snel, die waarheid inderhaal hom wel”

Gustav ·

Hulle het die hef in die hand, kan maak net soos hulle wil, want die hele klomp glo en ondersteun hulle en ek weet nie wat gedoen kan word om dinge te verander nie. Al is Zuma nie meer daar nie sal die volgende een maar dieselfde doen

Wessel ·

Sy irreterende laggie lyk my is al wat hulle kort geknip het. Aand en more praatjies rym net nie.

gifappel ·

Bedank net asseblief zuma jy doen geen suid-afrikaner enige guns om president te probeer speel en jou kastige jammerte is te laat jou clown vat jou sirkus en loop.

Andre Jk ·

Zuma dink almal is so onnosel as hy. Klink na ‘n 6 jarige se verskoning wat nie geweet het dat hy nie in sy pa se wynversameling mag inklim nie.

Louise ·

Robert Mugabe II. Sal nie maklik van die spesie ontslae raak nie.

Cherokee ·

Dit is waarom jy ‘n ex- Suid Afrikaner is. Jy dink werklik Zuma lees Maroela Media.

Cherokee ·

Jy dink regtig Zuma lees Maroela Media…. en jy noem hòm ‘dom verby’!

Johann ·

Iemand wat lieg…n leunaar. Iemand sonder n gewete…gewetenloos. Iemand wat so gewetenloos kan lieg as n konstane…patalogiese leuenaar. Iemand wat so patalogies disfunksioneel optree dat hy homself glo…en glo ander rondom hom funsioneer vanuit dieselfde verwysing van totale verwyderdheid van realiteit…GESKIEDKUNDIG bewese sosiopate wat hulself omring (as deel van n beskermende selfbehoud) met ander sosiopate…Wereldoorloe. My smeekgebed vir Suid Afrika is dat ons in denke , doen, late en gebed saam sal staan téèn die boosheid wat manifesteer voor ons oe! Johann

Theo ·

Johann. En eindlik behoort hierdie manifestering vir ons wat weet baie goeie nuus te wees want dit is wat moet en gaan gebeur aan die eindtyd, kyk maar tans wereld wyd. HalleluYAH.

plaasjapie ·

Dis so pateties dat dit lagwekkend kon gewees het as dit nie so tragies was nie. Daar moet nou ondersoek ingestel word na Zuma se rol by die ontwikkeling. Dan kan hy nog ‘n paar bedrog of diefstal klagtes teen hom kry. Hy dink seker nie regtig ons glo dat die goed sommer net daar gebou is omdat die DOW hom so baie like nie!!!

Otter Botter ·

Ironies dat JZ sy toespraak op Aprilgekkedag gelewer is, want die publiek word ook al die ander dae van die jaar vir die gek gehou!

Malva ·

Die arrogante aanname dat die ‘kaders’ slimmer is as die algemene publiek en voort kan gaan met “business as usual” verstom. Nee.. jammer nie eintlik… kenmerkend van ‘n despoot.

Sue-Ann ·

Satan is die vader van die leuens, maar lyk my hy kan kom kers opsteek by zumpie.

John ·

Wat ons sien is net die puntjie van ‘n massiewe ysberg wat in ons waters dryf. Selfs ons hoogste hof se sterkste ysbreker kan geen hond haaraf maak nie. ‘n Geskree in die parlement deur die DA gaan nie ‘n haar op die haarlose kop van die president roer nie. Was ons ANC-geagte president dan nie die hoof van MK in die tyd van die Struggle nie? Mooi woorde, koskoepons en -pakkies, baie beloftes en strenger wetgewing teen die sogenaamde wit-geld, wit-anargiste en -grondbesetters is op die tafel. Reis lig mense maar onthou jou Bybel.

Maria van Dieweeck ·

Ons kan hom saam uit bid! Die Bybel s^ ons moet ons vyande seen, sodat God met hul kan reken. Jacob Zuma mag God jou baie seen, amen

Wessel ·

Ek wonder of Zumpies ooit kan bid en as hy dit wel doen, is ek seker hy doen dit onder ‘n skuilnaam.

Manie ·

Nou kan enige iemand se as hulle die wet, of spoed grens oortree het, dat hy oortree het maar nie met die doel om te oortree nie.?

Meraai ·

Nommer Een moenie die nasie se intelligensie onderskat nie!

Apie ·

Meraai hy het nie die intelligensie om ander sn te onderskat nie.

mara wijk ·

En Adam het gese dis Eva, en Eva se dis die slang. En hier sit ons nou….

Sarie ·

Ek het een keer die boek Government by deception deur Jan Lampbrecht ‘n eks-Rhodesiër gelees. Hierdie boek is deur die hoofstroommedia afgeskiet as komende van ‘n verbitterde regse. Hoe meer hierdie scenarios hulle in ons land afspeel dink ek hy ontleed die psige van die kommunis en hoe hulle regerings oorneem en hulle houvas behou

nelma ·

Dit was dIe beste April fool grappie gewees ! Dat ons prez so ‘ongekunsteld’ kan wees en nie besef dat hy so lieg en homself glo nie gaan my verstand te bowe. Ek het n plan vir NkandLa. KonfIskeer die plek en. Verkoop dit op n. Veiling !

franje van spanje ·

Mense, hy het nie die kapasiteit om hierdie speech uit te dink nie. Dis vir hom geskryf.

Koos ·

Ja en daar staan hy soos n Jannie jammerbal en lieg, snaaks hy het nie weer die apartheid of rassisme kaart getrek nie. Dit kom seker nog . Gaan terugbetaal seker met geld wat hy DMV transition roof,of Gupta fondse en ten einde belastingbetalers geld wat op n slinkse wyse verduister gaan word.

Grassie ·

Koos – hy het reg in die begin verwys na die skietery by Sharpville.

Gerrie ·

Ja,sal nou met enige wolhaarstorie kom sodat almal jou sal glo,jy het seker ook nie ons land met opset so in n haglike toestand gedompel nie,man wat jare terug nie aan geld gewoond is nie doen sulke dinge,druk sy hande orals in om geld te spandeer

anni ·

Nie verniet ou Bob se beste mater. Mooi geleer. Maak jul maar reg vir laaaaang termyn.

Mielie ·

Miskien is dit n goeie ding dat hy bly en die ANC hom nie laat gaan nie, hulle sal so doen de baie stemme verloor en die oposisie so bevoordeel.

Kobus ·

Verseker word die toesprake vir hom geskryf!
As jy luister .. uhgm … hoe hy lees … uhgm … dan kom jy ….uhgm…. agter dat die …. man eintlik nie kan …. lees nie …uhgm … want hy lees …ughm… so stot tt te rrend …. dat dit eintlik ‘n ….uhgm ….skande is dat … die buitewêreld dit … uhgm.. moet aanhoor!!!! HIE HIE HIE HIE Nkaaandla, Nkaaaaaaandla. HIE HIE HIE.
Jy kan ook agterkom deur die hele “voorlesing” gisteraand dat hy nie meer as drie woorde namekaar kan lees nie en dat daar net ongeveer 6 reels per bladsy vir hom geskryf word!
Wat ‘n skande dat hy homself so probeer los lieg! Shame on you! Doen die regte ding, gaan net.

albert Marais ·

Ek het die heel tyd gewonder of sy TV verskoning nie dalk die top ses van die anc se Aprilgek van die jaar was nie. Maar weereens nie so gelukkig nie.

Piet ·

JZ se “verskoning” was seker die grootste 1 Aprilgrap, asook die grootste BS. Dit was nie hy wat veskoning gemaak het nie, hy het net voorgelees wat die “kader” vir hom neergeskyf het. Dit was vol van blatante leuens, soos dat hy “altyd bereid was om te betaal vir die verbeteringe”. Nkaaaandla (ha,ha,ha) is net een van sy baie geraamtes in die kas waarom hy behoort te waai. Nene-van Rooyen-Pravin Gordham, die gupta’s, die landing van hulle vliegtuig op Waterkloof, om net maar ‘n paar te noem. Die man het nie ‘n greintjie integriteit nie.

Ronnie Odendaal ·

Jacob Zuma is maar die storie van Afrika. Ek dink terug aan Afrika leiers soos Mobuthu in Ghana, Mogabe in Rhodesia, Idi Amin in Uganda. Samora Michelle in Mosambiek, Nyerere in Tanganika.(Tanzania). Rwanda se volks slagting, ens. ens. Ek kom tot die slotsom Afrika leiers kan nie regeer nie . Miskien moet die Europese lande ons maar weer anekseer. Dan sal ons dalk n bietjie meer wysheid in ons lande se regerings kry.

vermeende ·

Ja ou grote en die Hani moordenaars het nie met opset die sneller getrek nie.

Doons ·

Ek kan nie help nie,maar lyk vir my dan so n eerlike outjie,hy en sy hele kaderspan.
Ek ken nie n groter booswig as die vent nie,hy gee nie eers vir sy eie mense om wat kripeer van elende en armoede nie,weens sy geen bestuur het hy hierdie land in so n gemors laat beland,dat ons beswaarlik ooit hier sal uitkom,
ek sluit natuurlik al sy trawante hierby in. Slymbolle!

GES ·

Hy is besig om selfs Idi Amin van jare gelede na ‘n ammateur te laat lyk. Die ergste wat ek ooit gesien en beleef het. Hy het geen selfrespek of enige integriteit nie. Ek stem saam dat hy nie die vermoë het om so aan te gaan nie. Daar is verseker iemand agter die troon wat hom voorsê en sy toesprake skryf. Die uitdaging sal wees om uit te vind wie en wat dit is wat nambawan regop hou.

vielies ·

Korrupsie uitroei…… Gmf.. Hy en al sy trawante IS KORRUPSIE

Rina ·

n Std 3 kind het meer breins as JZ. Natuurlik het die 71 jarige geweet hy is verkeerd, nou wil hy hom voordoen as n graad 1 skoolkind, wat nie tussen eg en verkeerd kan onderskei nie. Ai seker seniel op die ouderdom.

Joa ·

Miskien moet almal minder konsentreer op JZ en dankbaar wees dat die Konstitusionele Hof vir ons as Suid-Afrikaners gewys het dat ons Konstitusie nog veilig is. Ek glo nie vir een oomblik dat hierdie hele saak in die hoogste hof sal afspeel net om op die ou einde ‘n oog verblindery te wees nie.

Makisaki ·

Het iemand al ooit daaraan gedink om die man te oorrompel en seker te maak hy het nie ‘n blik brein in sy skedel nie!!!!!!!!!!!!! Wonder maar net!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.