Zuma: ‘Ek is gisteraand met die dood gedreig’

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Oudpres. Jacob Zuma beweer sy persoonlike assistent het Maandagaand ʼn oproep ontvang waarin hy en sy familie met die dood gedreig is.

“My persoonlike assistent aan die ANC se kant is deur ʼn onbekende persoon gebel wat haar ingelig het om my te laat weet dat hy my en my familie sal doodmaak. Ek wil dit boekstaaf want ek sal na die kwessie terugkeer … die plan [om my dood te maak] is reeds geïmplementeer.

“My senior advokaat Sikhakhane is ook nie te lank terug nie gedreig. Ek het al ʼn kind verloor en weet wat dit kan doen,” het Zuma Dinsdagoggend tydens sy tweede dag van getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.

Zuma het gister aan die kommissie gesê dat die plan om van hom ontslae te raak reeds dekades gelede begin het toe hy die ANC se hoof van intelligensie was en te veel geweet het.

Hy het beweer dat hy doodsdreigemente ontvang en selfs vergiftiging oorleef het en dat sekere mense in die ANC, wat saam met buitelandse intelligensie-agentskappe werk, vasbeslote is ​​om van hom ontslae te raak.

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Karen Sandison/African News Agency(ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het dreigemente teen enigiemand wat voor die kommissie verskyn ten sterkste veroordeel.

“Ek wil graag sê dit is heeltemal onaanvaarbaar vir enigiemand in die samelewing om geweld, intimidasie en allerhande onwettige middele te wil gebruik wanneer hulle ontevrede is oor enigiemand, want ons regstelsel is sodanig dat mense na die polisie en howe kan gaan as hulle ʼn klag teen iemand het,” het Zondo gesê.

“Wanneer dreigemente gemaak word met betrekking tot iemand wat getuienis lewer, kan mense wat na die kommissie kom, sowel as hul gesinne, bedreig of geïntimideer voel. Ek is bly dat die dreigement mnr. Zuma nie gekeer het om getuienis te kom gee nie … maar al die stappe moet gedoen word om te verseker dat geen dreigemente uitgevoer word nie. Mnr. Sikhakhane is ʼn prokureur en prokureurs verteenwoordig kliënte … hulle doen net hul werk.”

Die kommissie het ʼn week opsy geplaas om Zuma se getuienis aan te hoor.

Tydens sy eerste dag voor die kommissie het Zuma ʼn openingsverklaring voorgelê wat langer as ʼn uur geduur het, waarin hy beweer dat daar komplotte was om hom dood te maak en hoe hy en sy familie al jare lank die slagoffers van volgehoue openbare aanvalle is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Andreas ·

Ten minste het hy vooraf ‘n waarskuwing gekry, ons ander in die land sit soos hase in die nag in karligte op ‘n teerpad.

Sarel ·

Ha ha ha bewys dreigemente. Daai aantygings deur Zuma en Malema is al dikwels gemaak en altwee leef nog. Wie betaal vir sy BBP.

Johann cb ·

Ek vermoed die man leef in ‘n verbeeldingswêreld van sy eie, net om gevangenisskap te vermy.

Gert ·

Jy is reg hy moet net weet terug gestuur word Roben eiland toe dan sal hy begin onthou en uit sy droom wakker word.

SjN ·

Wie betaal sy persoonlike assistent, hy het dan verkondig hy doen straatverkope om aan die lewe te bly, n jakkals verander van kleur maar nie van streke nie.

maryann ·

En Trevor Noah gaan een van die dae sonder werk wees want grapjas gaan sy rol oorvat.

Shame en vanoggend toe hy wakker word toe is sy koffie koud.

leser ·

“want ons regstelsel is sodanig dat mense na die polisie en howe te kan gaan as hulle ‘n klag het” , wat ‘n grap
daar is al soveel klagtes ingedien by die polisie, en wat het daarvan gekom, niks, want die polisie tree net teen sekeres op

Geitjie ·

Sy sondes is besig om hom in te haal. Soos die spreekwoord lui, wat jy saai sal jy maai.

Blue Butterfly ·

Hierdie doodsdreigement-bewerings is maar net NOG ‘N MANIER om ALMAL se aandag af te lei van die WERKLIKE doel hoekom hy voor die kommissie moet verskyn naamlik STAATSKAPING. Net soos die afrikaanspekendes blameer word vir ALLES om ons aandag af te lei van al die ander goed wat in ons land verkeerd gaan soos moord, korrupsie, ens NET SO hou Zuma die kommissie nou “besig” met al sy slim stories om die EINTLIKE doel van sy verskyning te vermy. Zuma is niks anders as ‘n krimineel nie en moet dienooreenkomstig behandel word.

Jacques ·

Andre – Die SAPD gaan net die bewerings monitor en dit is dit . Kry Mike Bolhuis om dit te ondersoek , dan sal daar meer van kom . Dalk sal daar dan vas gestel word dat dit net n nagmerie was .

potlood ·

Hey Zondo, Jy’s verkeerd… die stelsel werk nie meer korrek nie… Dit beskerm net sekere mense… Die besem moet skoon vee, en sommer van die aard bol af… Ons is moeg om ons tyd en geld to mors in alle opsigte…

GP ·

Dit is so duidelik ontwykings taktiek.
Die kommisie is ook net daar omdat vorige OB gese het dit moet gebeur, dit help niks anders sou daar al gevolge gewees het, dis net om eendag te kan se dis gedoen. Seker al amper ‘n jaar later en teen watter kostes, ek wat help dit sover?

Nugter ·

Zuma of enige van sy familie is gedreig met die dood nie, hy lieg. Probeer tyd koop.

WIEBO ·

Wil net noem dat hoofregter Zondo noem dat ons regstelsel so is dat ons na die polisie kan gaan as ons doodsdreigemente ontvang. Snert!!! Ek weet wie my gaan doodmaak, was by Garsfontein polisie stasie, en hulle se die persoon moet my eers doodmaak alvorens hulle kan optree/intree. Ek het simpatie met Zuma, al like ek hom nie. Ons regstelsel is korrup!!

Elna ·

Zuma het dan daardie wet inplementeer. Geen simpatie met hom nie

Gert van Wierdapark ·

Die ouens is meer uitgeslape as Rip van Winkel nadat hy wakker geword het na 20 jaar in Droomland!!! “Say no More” He-he-he!

TDW ·

Oor 5 jaar: Jy is uitgevang dat jy onder eed vir die kommissie gelieg het. Hoekom?
Zuma: want ek was met die dood gedreig as ek die waarheid sou praat, gaan kyk, dis gedokumenteer.
Oëverblindery.

Kobus ·

Die arme man! Niémand hou blykbaar van hom nie. Almal wil hom in die moeilikheid hê met allerlei jok-stories, van verkragting tot staatskapery. Nou wil hulle boonop hierdie bastion van eerbaarheid en skadelose gesinsman doodmaak? En hy het niks eers verkeerd gedoen nie! Toemaar oupa Jacob, oom Kobus glo in jou onskuld.

Astrain ·

Mensig maar die man kan bly voel hy is nie n blanke boer op die platteland nie…daar weet hulle elke dag hul leef in die dood skaduwee en niemand doen ook niks daaraan nie. Nie so lekker as die skoen aan jou voet is nie ne Mnr Zuma?

Maro ·

Ons weet hoe jy voel. Ons voel gereeld bedreig. Jy kon dit destyds verander het…

Gert van Wierdapark ·

Kom ons probeer weer. Rip van Winkel was na sy 20 jaar slapie, minder uitgeslape as die manne wat getuienis lewer! He-he-he!

BMW ·

Jy is so reg en dan is daar hope wat hom glo, Kan nie glo dat dit nou eers so baie na vore kom nie en dan is die wat hom wil uit haal maar bitter ameteur agtig.

John ·

Ons het nog nooit ooit gehoor van iemand wat met die dood gedreig is omdat hy ‘Ek weet nie,’ ‘Ek kan nie onthou nie’ en ‘Dit moes seker iemand anders gewees het,’ op vrae antwoord. Hoekom sou mense ‘n onskuldige lammetjie wou vermoor? Hoekom het hy nie op Nkandla afgetree waar hy selfs ‘n brandslang het teen die vlamme van die selfmoordbomdraers + R20 mljoen vir video-speletjies… nie, maar hy waag dit sowaar verder in die wrede woeste wèreld… en kyk waar beland hy toe.

Johan ·

Korrupte mense is bekend daarvoor dat hulle vreeeeslik kan lieg!

Andreas ·

Aha, maar hierdie is nie ‘n eksamen nie! Genadiglik nie! Kom ons adverteer speltoetser van Die PUK. Ok ek self gebruik ook een dan tik ek my plasing eers in Word dok, maar nou en dan glip tog ‘n krom woord deur. Ek gebruik ‘n baie ou sleutelbord en nou en dan haak ‘n letter vas. Ook as ek my skrywe gelees het voor plasing, is als reg, maar na plasing sien ek bv twee letters is omgedraai, dit maak my mal, maar ek probeer my bes.

Suzette Geringer ·

Ag asseblief!!! Hy leef in sy eie wêreld waar hy tog soooooo belangrik is – almal wil hom iets aandoen en hy is dan nou so ‘n onskuldige weldoener….he-he-he

Pieter ·

Ja ek sien hulle vee ons op merkings uit pleks sit hulle dit op as ek iets se van die anc dan plaas hulle dit nie

Landie ·

Persoonlik sal ek nou nie veel van ‘n doodsdreigement maak wat nie direk aan my gerig is nie (boodskapper van ‘n assistant dra dit aan) Did nogal lagwekkend. Hoe ook al sy Mnr Zuma het homself alreeds as die verontregte slagoffer van omstandighede voorgedoen. Kanse is skraal dat hy enigsins sal beken dat hy enige betrokkenheid gehad het by staatskaping (terwyl ons weet hy is knie diep in die middel daarvan) . Ieder geval hy het klaar gister begin lieg en ons almal weet die waarheid gaan nie by hom uit kom nie.

humor ·

Geen probleem, gooi hom so vinnig as moontlik in die tronk daar sal hy die veiligste wees. Hy is alreeds halfpad oor die muur en sal die belastingbetaler nie te veel kos nie.

Bangbroek ·

Ag fooitog en nou bewe sy broek. Welkom in die wereld waar die boer se lewe elke dag bedreig word. Nou is geweld onaanvaarbaar omdat hy aan die ander kant staan hahaha kry vir jou!

George ·

Waarom kry mense doodsdreigemente? Daar moet ‘n goeie rede voor wees

Dan ·

Welkom die uwe Zuma..
by soveel Suid Afrikaanse blanke/ nie-blanke BOERE, BOEREMENSE en BOEREWERKERS, BOEREGEMEENSKAPPE se lewe ELKE DAG IN SUID-AFRIKA.
Volgens TLU (tot en met eergister): MEER as 60 Plaasmoorde en 217 plaasaanvalle van begin 2019 tot nou.

Welkom in jou eie-opgerigte -bloeddorstige-politieke-korrupsie-stelsel. WELKOM.

Joe ·

‘n Sewerand noot is meer waarskynlik as die waarheid uit die skelm se mond.

Wielspore ·

Iemand het hom en sy familie met die dood gedreig, ek dink daar kan dalk meer as een wees.
Nog voordat Zuma geval het, is daar genoem dat indien hy ondersoek word, hy dit net eenvoudig gaan ontken.
Social victim of himself.

Koos de Meyer. ·

Die dood moet ‘n oorsaak hê en nou lieg hy weer dat hy doods dreigemente kry. Hy sê dan hy het niks verkeerd gedoen nie. Pas maar liewer jou bokkies op in Nkandla want miskien word jou dae min om vry rond te loop.

PJ ·

Dai moordenaars darem bai onprofessioneel al van 1990 af 29 jaar later en nog geen “hit” hopeloos

Klug ·

Die probleem met die ANC en veral Zuma is dat hulle 25jaar terug besef het hoe maklik dit is om mense aan die neus rond te lei. Dit het hulle 2de grootste vaardigheid geword.

Grobler Steyn ·

Niks te vrese nie ,mense wat dreig is skadeloos ,wees bang vir die stilte zumpie

Waslap ·

Hier gaan van die verhoor niks kom nie. Die hele spul is korrup. Die regstelsel die meeste korrup!!!

Retha Roux ·

Snaaks datt sy geheue verlies hom gelos het en dat hy darem die doodsdreigement darem kan onthou. Die res is uit sy brein geblok

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.