Zuma: ‘Ek sal bedank as …’

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het Woensdagaand gesê hy sal bedank as die ANC hom vra om dit te doen.

Hy het die uitspraak by sy 75ste verjaardagviering in Soweto gemaak.

“Ek wil nou vir julle, my vriende, sê as julle my vra om môre te bedank sal ek. Maar ek sal ʼn ANC-lid bly tot ek eendag sterf,” het Zuma in isiZulu gesê.

“Daar is slegs ʼn kort tydjie oor om die taak te voltooi wat die ANC vir my gegee het. ʼn Nuwe president sal in Desember kom, gekies deur die ANC. Selfs as julle sê ek moet waai, sal ek met ʼn geruste hart kan gaan. Ek sal ʼn ANC-lid bly tot ek doodgaan. Ek sal werk sonder ʼn salaris, ek sal my pensioen gebruik. Ek sal hard werk en my krag gebruik om aan debatte deel te neem,” het Zuma gesê.

Hy het ook gesê die jongste gier is nou vir opposisiepartye om hom om elke hoek en draai hof toe te sleep met spesifieke verwysing na gister se betogings in Pretoria. “Hulle sal nie eens tevrede wees as die ANC ʼn nuwe leier kies nie.”

Dit was opvallend dat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, en adj.pres. Cyril Ramaphosa nie teenwoordig was by die viering nie.

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het uitgevaar teen diegene wat teen Zuma is en gesê die ANC sal hom altyd verdedig. “Die mense wat die grond gesteel het en nou sê die ANC word gelei deur diewe is bang. Hulle gaan aan asof daar ʼn oorlog is,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Shame ·

Ek kry regtig ons Pres. Jammer. Almal is vieslik met hom. Moenie worry nie Jakes. Ek verstaan.

Basjan ·

Ja, niemand verstaan hom nie. As almal teen hom draai, hoe moet hy dan voel? Shame!

Johnny ·

Aag toemaar… daar is BAIE Guptas wat help troos. En hy huil darem met ‘n propvol beursie.

Shawn ·

Hy is regtig die grootste idioot daar buite of nie!! Hy die Anc het dan die EFF van malema gehelp op hulle voete kom dit is net nog ‘n plan om die meerderheid nog blinder the maak met ‘n militere oorname van hulle kant af!!!! Kyk na die Groot prentjie die DA leier , vorige pastoor en nou betoog hy saam met EFF weed verdigtig die Bybel vertel ons van valse provete en vrede makers in politieke form in die the wat na die einde toe sal stuur!!!!

Dirk Breytenbach ·

Sy eie mense is teen hom, die res van die land verwerp hom en sy verwronge leierskap. Wat verstaan hy nie van “gaan weg” nie?

AP ·

asseblief doen dit ( bedank ) anc sal nooit van jou dikvel ontslae raak nie , hulle terk voordeel daaruit , almal wat is aan sy sg executive 6 behoort moet ondersoek word , hulle word verryk deur skelms

Danie ·

Ja, baie waar, maar ek sal se helfte van ANC en selfs meer staan nie vir wat Mandela voor gestaan het nie. So daar gaan `n skeuring kom en hoe ook al, die huidige korupte, omgekooptes sal in die pad gesteek word. Dink Zuma mense moet hom jmmer kry met die gedagte dat hy altyd `n ANC ondersteuner sal bly en verniet werk? Hy het dan al die luukse wat die arm man in straat nie eens het nie, nie te praat van kos. Hy is klaar veryk en ssal nog altyd ietsie kry seker in toekoms en nog voordele trek soos al die vorige presidente wat uit getree het. Dink ht werklik almal is stupid.

Hendrik ·

Ja hy kan verniet “werk” as hy afgetree het want hy het mos genoeg geld “verdien” !

apie ·

hy sal dubai toe vlug of enige plek wat hom van vervolging kan beskerm

Ann ·

Hmm, nou wonder ek van Desember se verkiesing. Gaan Zuma aftree? Gaan hy “gevra” word om te gaan? Want vir my klink dit nie asof hy ooit vervang gaan word nie.
Die mosie van wantroue teen hom is uitgestel.
Sy sake teen hom van korrupsie word onder die mat ingevee.
Hy moedig grondbesetting aan, en nou laat hy dit klink asof die “oorlog” deur ons aangewakker is?
Nee, man!

Aster ·

Ja asb tog Zuma, vat net die pad asb! Gaan lewe maar van jou ou pensioentjie (nie asof jy ‘n salarig nodig het nie) jy het mos ‘n hengse kaia wat vir jou wag in Nkandla.

tom ·

Arrogante kurrupte ,eiendlik is daar nie n beskrywing vir hom nie

Anoniem ·

Jy sal net “vrywilliglik” gaan as die nuwe president jou gewese vrou is sodat sy jou boude uit die tronk kan hou.

Agter die skerms doen jy alles in jou vermoë om bogenoemde te verseker.

Alida ·

Bedank en gee jouself oor. Gaan tronk toe, dien jou straf uit soos enige ander landsburger dan sal ons sê het jy integriteit. Met 700+ aanklagtes weet nie of jy lank genoeg gaan lewe om jou straf uit te dien nie. Betaal terug wat julle gesteel het – dit is die regte ding om te doen.

Loeis ·

Zuma is 100% reg.

Ons sal nie tevrede wees wanneer hy eventueel weg is nie. Ons sal tevrede wees wanneer die ANC en sy hele ideologie die mag verloor het is. In kort, dit gaan nog ‘n wyle neem…

Heleen ·

Dit is hoekom ek sê ons moet net nog ‘n rukkie uithou. Daar is tweespalt in die ANC; April 2019 is nie vreeslik ver in die toekoms nie. Gee ‘n man genoeg tou en hy hang homself op. Die faksies binne-in die ANC raak al hoe groter en verder verwyder van mekaar. Hulle fondament is besig om te verkrummel. Sodra enige iets se fondament onstabiel raak, raak die feit dat dit inmekaar gaan sak, groter en sterker. Zuma is die ANC se ondergang …. “watch this space” ….

zahn ·

Heleen, die probleem is, ek dink nie my finansies gaan kan uithou tot dan toe nie. Soos die span nou steel en moor, kan ons nie bekostig om nambawan nog een dag daar te hou nie.

Loeis ·

Heleen, zahn, julle is albei reg.

Heleen verwys na die faksies in die ANC, en hulle gaan meer baklei voor hulle ‘n nuwe partyleier kies.
zahn verwys na finansies, en die swart middelklas voel dit soveel soos ons, wat die ANC ook stemme kos.

Die ANC se steun MAG DALK in 2019 tot onder 50% val, maar hulle invloed neem defnitief af. Kom ons hoop hulle en die EFF vind mekaar nie wanneer Zuma uittree nie.

Intussen moet ons vir ons vasbyt want ons het geen keuse nie.

F ·

Zuma kan nou nie eers hard werk nie inteendeel as ooit ,wat nog te se as hy van sy pos bedank. Hy kan enige tyd bedank glo nie dit sal wel n verskil maak nie ,want ANC bly in die bestuur van die land.

sioux ·

bathabile dlamini wys my een blanke op gesteelde grond. jy hengel alweer in die koos. die “gronddiewe” volgens jou, het almal wettige kaart en transport op hulle “gesteelde grond.” of jou voorouers nou vir n sak geld of vir n sak mielies die “land” verkoop het, feit bly HULLE HET WETTIGLIK VERKOOP EN HULKE PRYS BEHAAL! oorlog? ja dit is oorlog teen die onregplegers, wat elke staatsdepartement in Suid Afrika n slagveld verander het.

Sien is glo ·

As asb bedank net. WIE moet jou vra? Dink jy regtig ministers wat jy nou aangestel en ruim vergoed het sal TEEN jou stem of vra om af te gaan? Ou Zuma mag dalk net Standerd 3 he maar hy het hom reeds met genoeg ondersteuners omring VOORDAT die kluit geklap het .. as hy my as minister aangestel het met ‘n R3 miljoen salarissie elke maand en ‘n bonussie van R9 miljoen aan die einde van Junie, sou ek hom VERSEKER nie gevra het om te gaan nie .. so stupid is niemand nie ..

Zelda ·

Ons het nie land gesteel nie. Ook nie huise nie. Ons werk hard vir dit en ons betaal elke maand ons gelde. Baie mense het hulle huise of land gekoop en klaar betaal. Dis hoekom n mens tussen 20jr – 30jr lank betaal vir jou huis. Nerens steel ons dit nie.. Ons het al die papiere wat wys dis ons sin op die eerlike manier deur dit te koop. Het julle enige koop papier werke wat wys dis julle sin ?

Gatvol ·

Sal sy pensioen gebruik en sonder ń salaris….en baie hard werk !!!! Amper verstik ek aan my beskuitjie….Ag shame regtig…met al die honderde miljoene wat hy al gesteel het van ons landsburgers gaan hy in absolute weelde leef tot hy eendag vrek ! Ek hoop daar is geregtigheid en hy kry JARE agter tralies met geen soap on a rope….dat hy bietjie die seep lat val in die shower….dan gaan ons almal bietjie hehehehehe vir ń slag!!

John ·

Hy is reg. Ons sal moet want hy gaan sy ex-vrou inwerk en dalk ook nog weer met haar trou en die ANC-lys van opvolgers lyk bedroeflik en hulle kan selfs inval by Malema se grondgrypplan-van-samewerking. Mmusi werk soet wit mense uit maar hulle moet soos swape saam optoghou. Op sy eis gaan hy die kolonialiste mis en soos mis verdwyn… Dit maak nie saak watter kant van ‘n vrot appel mens hap nie die kern lyk dieselfde. Wie die opvolger van Koki moet wees… dink hard. Mense ons moet vas en bid. Dis paasnaweek. ‘Eet ongesuurde brood’ soos die ou Israeliete sodat ons kan afblaas en nederig om Hulp mag vra want die Rooisee le voor.

H.A. ·

Alweer die wit kaart vir al hulle se mislukkings die afgelope 20 jaar. Ek kan ook stene gooi. Die anc is onbevoeg om hoof te wees van enige land in Afrika. Hul kan nie eers hoof wees van een ‘shantie’ nie…

foxi ·

Mnr die President…….gaan sit rustig terug en gaan lees die woord van n ware lewende God. Daar sal u leiding en rigting kry en ook sien dat Konings ook hard geval het…….ook sal u dan verstaan WAAROM hulle geval het!

pieter ·

GRAAG WIL EK DIE ORGANISEERDERS EN DEELNEMERS AAN DIE OPTOGTE GELUKWENS,DIT WERK EN IS DIE TAAL WAT ZUMA EN DIE ANC VERSTAAN ONS KAN DIT SIEN IN SY KOMENTARE,HOU SO AAN EN SIEN JERIGO SE MURE TUIMEL DIE 22STE.

Potlood ·

Wat is die taak wat hulle jou gegee het?
Werk sonder geld… Ja want jy skep nou te lekker!!
“My vriende” se jy…

Hulle ware kleure is vir my duidelik! Jy sal geken word vir jou optrede…! As jou optrede die deel was van die taak, dan bewys dit net weer hoe vrot die lot is. Die varke sal van die krans in die see verdryf word sodat hulle versuip…

sioux ·

wat gaan aan met maroela media? ek het 72 keer my vorige kommentaar gestuur. elke keer terug gekom met “vul asb naam en epos adres in.” dan was dir ingevul. dan weer “vul ASN kommentaar in” en dut was ingevul. mm julle opset kort werk.

Janie Monsieur ·

Dagsê sioux,

Dankie vir jou kommenataar. Ons is jammer om te hoor jy sukkel!
Ons het darem hierdie kommenataar van jou ontvang, wat bevestig dat jy wel kan kommentaar lewer. Maak asseblief seker dat jy alle velde invul wanneer jy kommentaar lewer. Dit wil sê jou
naam, e-pos adres, jou kommentaar, én die blokkie wat sê “Ek aanvaar Maroela Media se bepalings en voorwaardes”.

Ek hoop dit help.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Erick ·

‘Daar is slegs ‘n kort tydjie oor om die taak te voltooi wat die ANC vir my gegee het.’ Hmmm…. Ek wonder watse taak sal dit wees?

CAV ·

Hulle sal nie teen hom stem nie, want hy gebruik intemidasie teen die wat hom wil uistem

Leeutjie ·

Hierdie kommentaar van almal het my naweek gemaak! Ek het lekker gelag. Al wat ons moet doen is doodstil sit en die sirkus kyk….sy eie mense het teen hom gedraai en dit is net ‘n kwessie van tyd!!!

Scalla ·

Tsamai, maw loop asb en vat vir Dlamini saam, julle twee kan elke aand n sundowner geniet, alhoewel dit lyk of haar lewer dit nie gaan hou nie.

Suzanna ·

President Zuma as jy iets voel vir Suid Afrika sal Jy bedank. Skande is klaar gedoen. Hoop jou opvolger is iemand wat God Ken en alle Suid Afrikaaners regverdig behandel. Maak nie saak of jy wit of swart is nie. Ek vertrou God sal ons deurdra.

Johnny ·

Ek glo vas dat die afname in steun vir die ANC die afgelope paar jaar grotendeels verband hou met die president se onvermoë om in voeling te bly met die behoeftes van kiesers op die grond, wat tot gevolg gehad het dat opposisiepartye daarin kon slaag om hul voet in die deur te kry en steun weg te rokkel… Maar dit laat my wonder, sodra Zuma uiteindelik uittree, of steun nie dalk weer in die ANC se guns kan val indien hul weer ‘n mate van stabiliteit bereik met ‘n meer verantwoordelike leier aan die stuur van sake nie…. Onwaarskynlik ja, maar tog ‘n moontlikheid. Dink maar net….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.