Zuma en Al-Basjir vergader in China

President Jacob Zuma en president Omar al-Basjir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

President Jacob Zuma en president Omar al-Basjir in Soedan (31/01/2015) Foto: Departement van kommunikasie

Die kantoor van pres. Jacob Zuma het Donderdag gesê die verhouding tussen Suid-Afrika en Soedan is steeds goed op dreef ná ʼn vergadering tussen die twee lande se presidente in China.

“Suid-Afrika en Soedan geniet ʼn warm vriendskap wat van albei kante af kom,” het Bongani Majola, woordvoerder vir die presidensie, gesê.

Dit volg ondanks die omstredenheid rondom die Soedannese president, Omar al-Basjir, se besoek in Junie aan Suid-Afrika tydens die beraad van die Afrika-Unie. Al-Basjir is toegelaat om die land te verlaat ondanks ʼn hofbevel deur die Noord-Gautengse hooggeregshof wat beslis het dat Al-Basjir nie die land mag verlaat nie. Die Internasionale Strafhof, waaraan Suid-Afrika behoort, het ʼn lasbrief vir Al-Basjir se inhegtenisneming uitgereik.

Die hooggeregshof het beslis dat die Suid-Afrikaanse regering moet seker maak dat Al-Basjir in die land bly totdat die lasbrief hersien is.

Al-Basjir word beskuldig van volksmoord tydens die Darfoer-konflik, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade.

Die Suid-Afrikaanse regering het aangevoer Al-Basjir was hier op uitnodiging van die Afrika-Unie, en daarom was die verpligting teenoor die strafhof ongeldig. Die regering het ook aangevoer daar is teenstrydighede wat hullle verhoed om Al-Basjir in hegtenis te neem. Die regering moet dit nog aan die hof voorhou tydens ʼn appèlaansoek teen die uitspraak.

Majola het gesê Donderdag se vergadering tussen Zuma en Al-Basjir het ten doel gehad om die bande tussen die twee Afrika-state te versterk. Daar bestaan tans 16 bilaterale ooreenkomste tussen die twee nasies.

“Suid-Afrika wil graag samewerking met Soedan verstewig wat landbou, agro-prosessering, wetenskap en tegnologie, energie, infrastruktuurontwikkeling, mynbou en handel betref,” het Majola bygevoeg.

Volgens hom het Al-Basjir Zuma uitgenooi om hom in Soedan te besoek, en hy het ingestem. Zuma was laas in Februarie 2015 in Soedan.

Die vergadering het in Beijing plaasgevind tydens die 70ste herdenking van dié land se oorwinning oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Lees alle vorige berigte oor Omar al-Basjir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

esteenkamp ·

Hy wil bande versterk deur landau ens…. Maar hy jaag die groter boetes weg. Dis insane!

Tanja Lourens ·

En daar is nie meer dringender sake waaraan ons regering kan aandag gee in ons eie land nie? Bankkrot-Leierskap!

Mike ·

Hoe stupid dink Zoomer nou is ons , hy het net sy paycheck gaan haal by Basjir en gou in sy china bankrekening inbetaal.Die land moet van die aap onslae raak.

Manie ·

Die ANC omhels al lank die moordenaars van afrika se swartmense. Kyk maar hoe goed is die verhouding met die ander duiwel van afrika ene bob.

humor ·

Hier broei lelike dinge wat erge gevolge kan he. Nie een van hierdie driemanskap is juis goedgesind teenoor die blankebevolking in die suidpunt van Afrika nie.

Winston ·

Ja nee. Het dit sien kom. Bloedbroers. Dis waarom Zuma sy g…t afvee aan die howe. Ergste van alles is, hy word deur sy parlement gesteun. Hoe dom is die nasie? Kan hulle al die goed sien kom wat op die “fan”gaan val…….???

Knersus D ·

Winston, ou maat, daai goed het klaar op die fan geval!

Knersus D ·

Geen wonder die rand is in sy mur in nie…Zuma en Eksdom het eiehandig ons ekonomie vernietig..

Sonneblom ·

Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. Geskiedenis herhaal homself altyd en hulle is reg vir arnagie en ons gaan “collaterar” damage wees. Stem saam, nie een van die drie si wittes goed gesind nie. Ons moet wakker skrik

christa ·

Raak ontslae van Zuma ons land is in sy maai in en ook die ander gemors in die palement .

Zoomer ·

Heh, heh, heh! Comrade Omar, can you see how de people worry for our friendheeep, heh, heh! Now, let’s discuss how we get the guptas involved…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.