Zuma en die Guptas: OB versoek om e-posse te ondersoek

Atul Gupta (Argieffoto)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Maandag ’n skriftelike versoek aan Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), gerig om dringend die geloofwaardigheid van beweerde e-posse te ondersoek wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van staatskaping bevestig.

“Indien die e-posse geloofwaardig is, sal dit bewys dat die staat inderdaad gekaap is en dat pres. Jacob Zuma aan die stuur van ’n korrupte regering staan,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid. “Dit is weer eens ’n bewys waarom dit belangrik is om ’n kommissie van ondersoek rondom die kaping van die staat in te stel.”

In die skriftelike versoek aan die OB het AfriForum daarop gewys dat die beweerde e-posse die volgende aandui:

1) Die Guptas het hul maatskappy se uitvoerende hoof, Nazeem Howa, versoek om inligting saam te stel vir Collen Maine, ANC-jeugligapresident en hom van raad bedien hoe om op medianavrae te reageer.

2) Mosebenzi Zwane se CV is aan die Guptas gestuur, ʼn maand voordat hy as minister van minerale hulpbronne aangestel is. Hul personeel het Zwane opgelei hoe om perskonferensies te hanteer, insluitend vrae oor sy verhouding met die Guptas. Hy het met ʼn Gupta-vliegtuig na Dubai gereis en hulle het sy akkommodasie betaal.

3) Die Guptas het vertroulike inligting ontvang oor kabinetsvergaderings van Faith Muthambi, minister van kommunikasie.

4) Die Guptas het gereël dat Daniel Mantsha, Denel-direkteur, in Dubai rondgery word en hulle het betaal vir ʼn luukse suite by die Oberoi-hotel in Dubai vir Matshela Koko, wat later as waarnemende hoof van Eskom aangestel is.

5) Toe Rajesh Naithani in Oktober 2014 as SAL-raadslid afgedank is, het hy ʼn e-pos aan Ashu Chawla, uitvoerende hoof van Sahara, gestuur en hom versoek om vir Tony Gupta te sê hy moet hom “by Transnet in kry”.

6) Die Guptas was sentraal tot ʼn skema vir Zuma en sy familie om burgerskap in Dubai in die VAE te bekom. Zuma ontken egter dié bewering en sê sy enigste huis is in Nkandla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jan van riebeeck ·

Spreuke 30 vanaf vers 21: Onder drie bewe die aarde en onder vier kan hy dit nie uithou nie ,
onder n slaaf as hy koning word , en n dwaas as hy oorgenoeg het , onder n sleg vrou wat dit nie verdien nie maar dan tog n man kry , en n slavin wat haar meesteres se besitings steel …..
laat jou nogal dink aan die land nê

snoefie ·

ek glo nie in toeval nie. skielik duik die eposse op. is die eposse ” gelek ” omdat dit vals is en suspisie van iets anders af te lei? of om te ways n (hie hie hie) derde mag is alweer aan die werk die onskuldige mense te taint?

Private prosecution ·

Bestaan Afriforum se private prosecution arm nog, of waarom hoor ons niks daarvan nie? Sou hulle nie in hierdie geval kon inspring nie?

Gert ·

Die doringbos warm nog op. Seker eers gaan vakansie hou met lidmate se geldjies?
Mense moet julself nie “fool” nie my emails het ook al gelek, nou is daar n skottel onder my rekenaar

andrea van vuren ·

Stem saam! Ons maak staat op Gerrie, maar hy’s net weg….

Ouman ·

Die vraag wat nog beantwoord moet word is of sy die ” Public Protector” of die “Presidential Protector” is. Ons hoop dat sy ons verkeerd gaan bewys.

al ·

Sal die ondersoeke nie skade lei nie, daar is oorgenoeg skelms wat hul geraamtes in die kas wil hou.
Gwede Mantashe is ook nie te vertrou nie. Aan die een hand gaan staatskaping ondersoek word en aan sy ander hand beskuldig hy opposisiepartye dat hul die party wil onttroon.
Dis duidelike bewyse dat hier ñ toesmeerdery gaan kom.

andrea van vuren ·

Gwede se vrou het meer as genoeg geraamtes in hul (huwelik) kas. Gaan lees asb. na oor die miljoene wat sy ‘iewers’ met ‘kontakte’ gekry het! Ek is besig om my geloof te verloor!

Anoniem ·

Hoe wêêêns ek nie Gerrie Nel was die public protector nie….

Eish ·

Ek twyfel of die koerant die hoofberig sou plaas indien hul nie die outentiekheid van die inligting geverifieer het nie aangesien groot eise kan volg indien dit nie gedoen is nie.

al ·

Ek glo dis outentiek. Hierdie is plofstof en die media sou definitief eers met hul regsverteenwoordigers gekonsulteer het.

pieter ·

HET JULLE JACOB OF DIE GUPTAS SE TOESTEMMING OM DIE GOED TE SE,ZUMA HET JULLE GEWAARSKU OM TEEN SY SKELM STREKE TE PRAAT.

Elsa ·

Hoeveel wit mense word ondersoek vir die huidige vlaag van korrupsie en staatkaping sake? Het Gupta wit “runners”?

al ·

Dalk die Gupta prokureur?
Soos een kommentaar tereg opmerk: Dis nie white minority monopoly capital maar indian minority monopoly capital!

andrea van vuren ·

Ja, die “wit runners” van die Guptas is ‘n lelieblanke man. Hy is nogal ‘n Van der Merwe! Ek skaam my oë uit my kop uit! Hoogverraad!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.