Zuma en kie aangekla na staatskaping-verslag

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/Governmentza/GCIS

Strafregtelike aanklagte sal teen pres. Jacob Zuma en ander individue, wat in die openbare beskermer se staatskaping-verslag genoem word, ingedien word.

Die DA en AfriForum het albei Donderdag aangekondig hulle sal klagtes by ʼn polisiestasie indien teen onder meer pres. Zuma, sy seun, Duduzane Zuma en lede van die Gupta-familie.

Die DA het Donderdag gesê die staatskaping-verslag het bevestig wat talle Suid-Afrikaners alreeds weet en dit is dat die regering deur ʼn “mafia” beheer word.

“[Die regering word beheer deur] ʼn kriminele sindikaat wat so diep verweef is met private makkers se belange, dat dit nie langer moontlik is om tussen die twee te onderskei nie. Die mafia steel van die armes en keer geleenthede weg van hardwerkende Suid-Afrikaners na diegene wat ons president in hul sak het: ʼn welgestelde paar individue met goeie kontakte wat glad nie omgee vir die 8.9 miljoen werklose Suid-Afrikaners en die vernietigende ongelykheid in ons land nie,” het Mmusi Maimane, DA-leier, in ʼn verklaring gesê.

“Daar moet gevolge wees vir sulke optrede. Dit kan nie maar net sake soos gewoonlik wees, met oneerlike lippediens en selektiewe opslae, wat in die nuussiklus verdwyn nie. Net een amptelike verklaring moes gisteraand van die presidensie af gekom het: ʼn volledige en onvoorwaardelike verskoning en ʼn aankondiging van sy onmiddellike bedanking.”

Maimane het gesê die DA het klaar ʼn mosie van wantroue in Zuma ingedien en het reeds bevestiging ontvang dat die mosie volgende Donderdag in die Nasionale Vergadering gedebatteer sal word.

Intussen sal die DA aanklagte teen Zuma indien in terme van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite. Die party sal ook aanklagte teen Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, indien oor onreëlmatighede waarby Eskom glo betrokke was en teen Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, in verband met ʼn reis wat hy na Switserland onderneem het. Korrupsie-aanklagte sal ook teen Duduzane Zuma en lede van die Gupta-familie ingedien word.

AfriForum het nie onmiddellik Donderdag bekend gemaak teen wie die organisasie strafregtelike aanklagte sal indien nie, maar gesê dit sal teen “verskeie individue en instansies wat in die staatskapingsverslag genoem is” wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

zoom zoom ·

Hoeveel jare gaan dit die sapd vat om die ondersoeke te doen???

Bertus ·

Hoop hul doen dit gou. Die ou moet n slag vergeet van Nkadla en gaan kyk hoe lyk dit binne daar saam ou Oscar….

Poppie ·

Ons hoop die waarheid kom uit. Die vrot kern wat die hele appel bederf moet tot verantwoording gebring word! Hoe lank kan alles so ‘opgecover’ word? Tuli vir president!!!

Shrek ·

Agnee! Gee die son n kans om ook oor Ons President te skyn hy het niemand dood gemaak nie – wie van ons sal nie skep as dit pap reen nie. Dit is n man met Wysheid geen Geletterde kon hom onder kry nie, kom ons hou ons vatte toe dalk sal ons as volles aan gesien word

Anel ·

Ek stel voor: ontein Nkandla, lê beslag op al Zuma se geld, plaaslik en in die buiteland en dat hy en sy gespuis in ‘n plakkershut gaan bly tot hy tronk toe gaan. Sy vrouens en kinders almal want die deler is net so goed soos die steler. Dit is maar net my voorstel.

Leendert ·

Lees gerus die artikel van Eugene Brink hier onder, dan gesels ons weer. So maklik sal dit nie gaan nie. Madonsela se verslag maak nie bevindings nie. Geen regter sal daarvolgens enige bevinding ten gunste van die klaers kan maak nie.

GES ·

Leendert is reg. Die verslag vermoed korrupsie en dit sal nog bewys moet word. Vir al wat ons weet kom JZ skotvry weg. Ek het nie baie vertroue in ons vervolgingsgesag nie.

Johan ·

Adv Thuli moet nou n politieke party stig dan weet ons wie ons nuwe president sal wees

Johann ·

Do graag as wat ek geregtigheid wil sien…die verslag is te lig in die broek vir vervolging. Thuli self erken dit; sy moes minder ordentlik gewees het. Jammerte…

Lance ·

Gaan weer elke uitspraak appeleer tot in die hoogste hof en weer so probeer tyd koop ….sluit die mense toe hulle het SA net groot en onherroeplike skade en skande aangedoen !

Cecilia ·

Nou toe nou né! Geen wonder dat elke keer wanneer die popo die fan slaan in ons land die president NIE HIER IS NIE! Alewig landuit as die land brand. En so val nog ‘n skaap.

Emile ·

Zuma moet ook aangekla word van hoogverraad agv sy aktiewe rol in die Guptavliegtuig-by-Waterkloof debakel .

pieter ·

verban guptas vir altyd uit suid afrika ,vat zuma sy seun en hul aanhangers se bates verkoop dit en gee vi armes n beter lewe

Oom Piet ·

Jakop het meer skade aan die ANC in 7 jaar gedoen, as wat die sg apartheid regering in 43 jaar nie kon doen nie. Mooi so oom Jakop, doen so voort.
Een goeie uitvloeisel is, dat daar tog ook goeie ANC lede is.

humor ·

Ek is ook nie so seker dat Madonsela die pres moet wees nie. Daar is nie veel in wat ons almal reeds weet nie. Baie min of selfs geen konkrete bewyse waarmee hof toe gegaan kan word nie. Boonop word die grootste rolspeler in hierdie orgie aanbeveel om oplossings te bewerk.

REAList ·

Hoekom wag hulle nie vie die regter se ondersoek om klaar te maak nie.
Om ‘n klag te gaan lê word “pass the buck” genoem.
Die polisie sal in elk geval die sake moet ondersoek.
Afriforum en die politici wil net goed lyk.
Btw, hoekom bel Afriforum mense om lede te werf?
Hulle is soos die ANC waar jy lidmaatskapgeld moet betaal.
Het hulle nou ons witmense se unie geword?
Kan ek kies wie waar moet dien by hulle?
Lol

John ·

Hierdie land is kaput en verby die punt van herstel. Die morele waardes is zero, selfs onder baie wit Christene wat Bybel-waardes verdraai vir eie belang. Eers het Europeers/Britte die septer geswaai en hul krone gepak met ons goud en edelstene en nou woeker Oosterlinge met ons bronne. Hoera vir die baie dwase en korrupte leiers wat deur ons onnosele kiesers in sulke magtige posisies gestel is ~ selfs voor ’94. Zuma en sy mafiate sit onaantasbaar en rook lang sigare langs hul brandpoele vol Franse sjampanje. Hy stel regters en liggame aan wat sy misdrywe moet ondersoek ~ kyk hoe sidder hy van angs. Ons grondwet is swakker as die’ van Zimbabwe.

jaco ·

mense wat nou so hof toe hardloop moet versigtig wees: toe wit boere in Zimbabwe se howe aanmekaar gelyk gegee is dat die besetting en afvat van hulle plase inderdaad ongrondwetlik is, het Mugabe eenvoudig daardie regters afgedank en hulle vervang met regters wat DEURGAANS sy beleid uitvoer in hulle uitsprake. Hou ook in gedagte dat, in Zimbabwe, iemand soos Madonsela LANKAL stilgemaak sou gewees het/net sou “verdwyn” het. Iemand soos Maimane sou, in Zimbabwe, LANKAL lewenslange tronkstraf vir hoogverraad gekry het. NIKS verhoed Zuma om dieselfde te doen nie. Hy kan met die weermag se hulp ERGER as Mugabe raak. ‘n Oorweldigende meerderheid van die ANC, beide binne en buite die parlement, steun hom steeds. En selfs met geen steun buite die parlement nie, kan met ‘n ANC-meerderheid so groot soos wat dit nou in die parlement is, vergeet word van mosies van wantroue teen Zuma wat sal slaag. Maar iewers moet ons van hom ontslae raak. dis jammer die wiel draai so stadig. intussen val die Rand en petrol, kos ens ens word net duurder en duurder…

Johan ·

Ongelukkig gaan ons geliefde meerderheid in die land net weer stem vir die ANC…..dit gaan uitkom na die ondersoek wat n paar jaar gaan neem dat eintlik………….. Jan van Riebeeck agter die staatskaping sit………..

Jan ·

As een en almal wat alles in ons land so opgeneuk het net tot verantwoording geroep word sal alle beter gaan. Tot dusver het ons dit nie gesien nie. Inteendeel.

Alida ·

Mense mense ontspan. Die DA het bloed geruik en sal nie los nie. Jakob gaan nie 784 aanklagtes vryspring nie. Glo my. Hy so geslepe en glad soos ‘n paliing maar een of ander tyd gaan sy turf sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.