Zuma en speaker vergader oor omkoperybewerings teen minister

Pres. Jacob Zuma en Bongani Bongo toe Bongo as minister van staatsveiligheid ingesweer is (18 Oktober 2017) Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê hy “stel ondersoek in oor bewerings van inmenging” teen die minister van staatsveiligheid.

Minister Bongani Bongo word daarvan beskuldig dat hy die voorsitter van ʼn parlementêre ondersoek oor staatskaping by Eskom, wou omkoop.

“Die presidensie bevestig dat pres. Jacob Zuma met die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, vergader het, wat hom in kennis gestel het oor die bewerings van inmenging deur die minister van staatsveiligheid in die parlementêre ondersoek deur die komitee oor openbare ondernemings oor sake by Eskom,” het Zuma se kantoor in ʼn verklaring gesê. “Pres. Zuma gee aandag aan die saak.”

Adv. Ntuthuzelo Vanara, senior parlementêre regsadviseur, het in ʼn beëdigde verklaring aan die nasionale wetgewer te kenne gegee dat Bongo hom genader het met omkoopgeld om uit te tree as voorsitter van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

G ·

Kom nou Zumpies wat gaan jy reg kry as jyself agter die deur staan
Asseblief wat n klug en wat probeer jy nou bewys

FM ·

Hoe dan anders? Kyk maar wie het die minister as sy kader aangestel. Mens kan dit verwag. Jy hoef nie vêr te soek nie.

De Villiers ·

Zuma het eerstehandse ondervinding daarvan. Hy kan wel die minister ‘n paar wenke gee hoe om die gereg te ontduik of die saak vir jare te laat sloer.

Ouman ·

Die mees korrupste stel ondersoek in na sy trawant se omkoop poging. Net in die koningryk van Zupta kan dit gebeur

Vryheid ·

Kan my nie laat vertel zuma was nie deel hiervan nie, hy vergader om toe te sien dat als toegesmeer word.

fanie ·

Hoe is dit moontlik dat die grondwet n staatsprisident bo n land beskerem die land kan maar tot niet gaan maar n saatsprisident word nog steeds beskerem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.