Zuma-era ministers gaan portefeuljekomitees lei

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Parlementêre portefeuljekomitees het Dinsdag ʼn rits ministers uit die Zuma-era en LP’s, wat skynbaar lojaal is aan die voormalige president, aangestel as voorsitters.

Tina Joemat-Peterson, voormalige minister van energie, is aangestel as voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, en voormalige minister van staatsekuriteit, Bongani Bongo, is aangestel as die voorsitter van die portefeuljekomitee oor binnelandse sake.

LP’s van opposisiepartye het onderneem om met Joemat-Peterson saam te werk, ondanks vorige teenkanting oor haar nominasie.

Joe Maswanganyi, voormalige minister van vervoer, is aangestel as die voorsitter van die portefeuljekomitee oor finansies. Hy het onderneem om by die Grondwet te hou wat betref die debat oor die mandaat van die Reserwebank. Daar is druk van binne die ANC om die mandaat van die bank te verander, wat kragtens die Grondwet die taak het om die geldeenheid te beskerm.

Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale hulpbronne, wat in die staatskapingskandaal geïmpliseer word, is aangestel as voorsitter van die portefeuljekomitee oor vervoer. Sy nominasie was een van die mees omstrede nominasies, aangesien hy daarvan beskuldig word dat hy die Gupta-familie gehelp het om die Optimum-steenkoolmyn aan te skaf, waarna Tegeta, een van die Guptas se maatskappye, ʼn kontrak met Eskom bewerkstellig het wat tot die finansiële verknorsing van die kragvoorsiener bygedra het.

Voormalige minister van kommunikasie, Faith Muthambi, is aangestel as voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake. Sy was vroeër ʼn groot ondersteuner van Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Die Verlore Skaap ·

Ha ha
Die klomp nuwe narre kan nie eens n regte sirkus bedryf nie.

Vryheid ·

ANC ook maar soos honde, keer terug na hulle eie braaksel.

Werner ·

Mos na Herman se skrywe vanoggend gesê Zuma het nooit ophou regeer nie

George in Bloem ·

Spul totaal onbevoegde narre. Hierdie nonsens doen ons land onomkeerbare & onberekenbare skade aan.

Leon ·

Wel, dit bewys dat Zuma nog steeds die president van Suid Afrika is. Cyril is net ‘n marionet.

John ·

Die vise-president neem nou waar bloot om beleggers te flous. Die ou garde wil aanbly tot hul dood. Die MK’s staan gereed vir ingeval. Ons word deur ‘n slinkse en radikale bevrydingsbeweging beheer. Die handves van die groep kan met net een woord saamgevat word: Selfverryking.

Adri ·

Cyril flenter in die buiteland rond terwyl SA brand. Nero het viool gespeel terwyl Rome brand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.