Zuma-familie gebruik glo nie Weermag-helikopters

(Argieffoto) Oryx-helikopter Foto: airforce-technology.com

(Argieffoto) Oryx-helikopter Foto: airforce-technology.com

Die presidensie het Sondag ontken dat pres. Jacob Zuma se familie van Weermag-helikopters gebruik maak om tussen Durban en Nkandla in KwaZulu-Natal te reis.

“Die presidensie verwerp die bewerings wat vandag in die City Press gemaak is,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die president se reisreëlings word deur die presidensie getref en dit word duidelik gestel dat die vliegtuig of helikopter bespreek word vir sy gebruik.”

Maharaj het gesê familielede soos ʼn eggenoot of ʼn kind mag ook reis indien hulle Zuma vergesel. “Die presidensie het nooit enige besprekings gemaak vir familielede wat op hul eie gereis het nie,” het hy bygevoeg.

Volgens hom het die Suid-Afrikaanse Lugmag ook die presidensie in kennis gestel dat geen so misbruik van die helikopters plaasgevind het nie.

“Die City Press-verslaggewer is deur die presidensie en die departement van verdediging in kennis gestel dat daar geen waarheid in die gerug steek nie, maar die koerant het dit steeds gepubliseer,” het Maharaj gesê. “Die presidensie is besorg oor die blatante verslaggewing van so onwaarheid, en die doel kan slegs wees om by te dra tot die stereotipering van die president en sy familie.”

Die City Press het Sondag berig die lugmag het die bystandhelikopterdiens opgeskort wat vir Zuma se familie en vriende tussen Durban en Nkandla gebruik is. Die Oryx-helikopter van 15 Eskader, wat gewoonlik saam met Zuma se weermagondersteuning vlieg, is opgeskort weens ʼn gebrek aan fondse, volgens berigte. Die koerant het berig dat bronne gesê het die spesialeondersoekeenheid het die beweerde misbruik begin ondersoek.

Volgens die berig is die bystand-Oryx, waarvoor die presidensie R63 000 per uur aan die weermag betaal in plaas van die gewone R70 000 kommersiële tarief, glo gebruik deur familie en vriende in plaas van veiligheidspersoneel.
Zuma se lyfwagte is glo “ʼn paar keer” gedwing om die drie ure te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

J.Z ·

Mac Maharaj ,moet jy alweer vuur dood slaan?,broer onthou as die vuur dood is trek daar nog altyd n rookuit.

Neptunus ·

Gelukkig vir ou Stortie se familie het hulle nie ‘n ontevrede Duitse loods in diens gehad nie – een wat vinniger kan duik as ‘n U-bootkaptein!

Sollie ·

Ek haal aan: “Die presidensie het nooit enige besprekings gemaak vir familielede wat op hul eie gereis het nie” (sic). Dis hoe hulle hulself daaruit draai! Intussen HET hul dalk nie die besprekings gemaak maar die spul het sommer self die ou takie verrig – hoe moeilik is dit; het selfoon, kan bel! Maar nou is die”presidensie” weer onskuldig. Waar ‘n rokie is, is ‘n vuurtjie… hoop die waarheid kom weereens uit!

Gert ·

Julle moet vir Mc Garage glo, hy was in persoon daar. Het met sy eie oe gesien geen choppers op helipad nie. Hy het ook niks hoor opstuig nie. So hy praat regtig die waarheid. Hy is mos die woe woe zella van die presidensie

Gert ·

Leeutjie, as ek die dag besluit om my garage reg te pak, en dis sal so twee keer in my leeftyd wees, en ek daai deur oopmaak val ek toe onder die opgehoopte NIE BRUIKBARE “crap”. As ek dan so staan en kyk daarna en wonder hoekom dit gebeur. hoor ek hom praat net “crap” NIE BRUIKBAAR nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.