Zuma fokus op nierassisme op Menseregtedag

Suid-Afrikaanse vlag

Suid-Afrikaanse vlag

President Jacob Zuma sal Maandag, op Menseregtedag, die land se nasionale boodskap by die Moses Mabhida-stadion in Durban, KwaZulu-Natal lewer.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê Menseregtedag vind vanjaar plaas onder die tema, “Suid-Afrika verenig teen rassisme”.

“Die Menseregtedag-vieringe wil alle Suid-Afrikaners aan die opofferinge herinner wat gemaak is tydens die struggle vir vryheid en om die prestasie van vryheid en demokrasie in 1994 te vier,” lui die verklaring. “Die President het Menseregtedag 2016 aangewys as ʼn nasionale dag teen rassisme, en as ʼn basis om ʼn langtermynprogram te begin wat sal bou op ʼn nierassige samelewing.”

Menseregtedag word in die land gevier as ʼn gedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 toe inwoners van Sharpeville en burgers van dwarsoor die land betoog het teen pasboekwette. Polisiebeamptes het tydens die betoging 69 persone by Sharpeville doodgeskiet en talle ander is in ander dele van die land dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre ·

Solank die regering BEE en AA wette het,mag hulle geen kommentaar lewer oor rassisme nie.

Xa ·

Die regering self beheer die blastinggeld, beleid en ander instrumente om armoede aan te spreek. Ongelykheid is bloot net die regering se eie skuld en nie and anders sn nie. Maar nee, die geld wat skole toe moes gaan is toe aan lang swart mercs en bmws en ander luukshede spandeer.

Dirk ·

Andre is reg. Daai goete het selfde effek as Kleurslagboom Wet en verwante wette van verlede

Eddy ·

Weg met rassisme is so pragtig,probleem is egter dat net witmense kwalifiseer om rassisties te wees. So dis seker weg met wittes dan?

Johnnie ·

Plunder en moor en hulle noem dit xenofobie.noem iemand lui en korrup dan is dit rassisme.wat n klug. die regering is pateties en hebsugtig maar dit word voordurend ge”sugarcoat” as tradisionalime en ander ismes om dit te versag. Ek het geen respek vir hierdie mense nie.hulle verdien dit nie.is ek dus n rassis?

Frans ·

Hy gan net n klomp snert praat almal weet dit en we di ou apardhuid grapi opbring

Jef ·

SA het nie n beleid oor eie meningsuiting nie want as dit wel die geval sou wees dan sou daar na ons geluister word.
Wat hy gaan se is net bestem vir sy eie mense, ek sien dit soos n film oor SA en ons mense kom nie in die film voor nie, ons speel vir konfigurante, moet inval om vir die res van die wereld te wys, hulle is nie rassisties nie maar die blankes kom op die laaste plek.

Jef ·

As President van n land het jy jou regte en pligte wat jy moet nakom net soos elke burger in n land, maar hy sien dit so dis sy PLIG om toe te sien om alles wat REG was KROM te maak.

Jan maak n Plan ·

Daai vet marionet kan nie eens nierassime spel nie en nou wil hy kom voorskryf. Wys ons hoe om dit te doen asb ANC.

Emile ·

In die lig van al die geweldadige protesaksies en betogings in SA, desnieteenstaande ‘n oormag swart “demoklratiese” regering, is dit duidelik daar bestaan nie iets soos vreedsame betogings hier nie en word die Sharpeville-episode polities-korrek verdraai. Daar was niks verkeerd met die polisie se noodweer-optrede by daardie gebeurtenis nie.

Johan ·

Hoekom sê hulle nooit hoekom die polisie 69 op sharpville dood geskiet het nie???

Kaspaas ·

En al wat hy toe doen is om te se dat wittes is rassiste en die swartes leef nog onder wit oorheersing en dat swartes nie die rassiste is nie. Al wat hy doen is om die land verder te verdeel. Hy is erger as Mugabe baie erger.

Michael ·

Die regerende party diskrimineer teen wit kinders wat na 1994 gebore is oor die kleur van hulle vel.”afimitive action “word wêreldwyd gebruik om minderhede te help behalwe in Suid-Afrika waar dit swart meerderheid bevoordeel ,wat noem mens dit dan???

Hannes Pretorius ·

Net blankes is rassiste volgens Jacob Zuma. Die blankes wat mag niks bereik in die lewe nie. Ons beheer glo die ekonomie.Wel mnr Zuma, die blanke werk en betaal vir dit wat ons het. Ons kry niks verniet nie.. As n mens betaal vir dit wat jy wil hê, sal jy dit waardeer en oppas. nie soos die nie blankes wat alles verniet wil hê en dan afbreek of afbrand nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.