Zuma gaan in Nkandla stem

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

President Jacob Zuma sal op Woensdag 7 Mei in Nkandla, KwaZulu-Natal sy kruisie in die algemene verkiesing trek.

Die presidensie het bevestig dat Zuma om 10:00 by Laerskool Ntolwane sal stem. Zuma het die afgelope paar maande erg onder skoot gekom oor sy privaatwoning in Nkandla.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het op 19 Maart ʼn verslag genaamd “Secure in Comfort” bekend gestel met haar bevindinge oor opgraderings by Zuma se privaatwoning. Sy het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik gebaat het by die opgraderings. Sy het ook bevind dat Zuma die land se Etiekwet vir Uitvoerende Lede oortree het. Madonsela het voorgestel dat Zuma ʼn persentasie van die geld moet terugbetaal.

Max Sisulu, speaker van die parlement, het op 9 April aangekondig dat ʼn veelparty-parlementêre komitee aangestel gaan word om die openbare beskermer se Nkandla-verslag te ondersoek. Die ad hoc-komitee is egter ure na sy eerste ontmoeting ontbind. Daar is onderneem dat die volgende parlement die aangeleentheid verder sal hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.