Zuma gaan nuwe straler kry

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die minister van verdediging het Woensdag aangekondig dat ʼn nuwe straler vir die presidensie aangekoop sal word.

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula het kort voor die aanvang van haar departement se begrotingsrede die aankondiging gemaak. Sy het gesê die nuwe straler sal gebruik word vir die vervoer van Suid-Afrika se BBBP’s – baie baie belangrike persone – insluitend pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa.

Mapisa-Nqakula het egter uitgevaar teen diegene wat beweer dat die luukse straler R4 miljard sal kos. “Ek dink wat die probleem veroorsaak is dat iemand net een dag opgestaan, en gesê het die weermag gaan R4 miljard spandeer in ʼn tyd wat die ekonomie nie goed doen nie en natuurlik is elke Suid-Afrikaner in rep en roer.”

Volgens Mapisa-Nqakula sal daar nooit R4 miljard aan ʼn vliegtuig spandeer word nie. Sy het beklemtoon dat die verkryging van die straler dringend is, aangesien die presidensiële straler, Inkwazi, sowel as die straler waarmee Ramaphosa vervoer word, al verskeie kere tegniese probleme ervaar en hul lewens in gevaar gestel het.

“Ons het ʼn verantwoordelikheid om dit te doen. Dit moet gedoen word. Ons gaan moontlik baie minder spandeer as wat ons tans aan huurvlugte betaal. Wanneer daar ook al ʼn probleem is, moet ons ʼn vliegtuig huur vir die president en die adjunkpresident.”

Volgens Mapisa-Nqakula sal daar intussen ʼn vliegtuig gehuur word terwyl die verkrygingsproses aan die gang is.

Die minister het egter geweier om te sê hoeveel die departement bereid is om aan die nuwe straler te spandeer. “Om byvoorbeeld vir jou te sê ons gaan R2 miljard aan die vliegtuig spandeer, sal verkeerd wees. Ek sal jou mislei. Ek kan nie ʼn getal uitdink nie. Dit sal inligting wees van diegene wat die toerusting verkoop.”

Armscor het verlede maand die tender vir ʼn nuwe luukse straler gepubliseer. Die nuwe straler sal glo sowat R4 miljard kos. Daar is onder andere vroeër berig dat die straler 30 persone aan boord sal kan vervoer en boonop sal spog met ʼn privaat slaapruimte met ʼn en suite-badkamer.

Zuma was in Februarie in Burundi gestrand weens ʼn “tegniese probleem” met sy presidensiële straler.

In Mei verlede jaar is miljoene rande bestee om Zuma terug te kry in Suid-Afrika ná ʼn amptelike besoek aan Moskou in Rusland. Daar was glo ʼn tegniese probleem met Zuma se amptelike straler se langafstandbrandstofstelsel. Dit was egter nie ʼn groot probleem nie en sou bloot beteken die straler moes ʼn tweede landing in Uganda maak vir brandstof. Dit was glo nie aanvaarbaar nie en ʼn ander vliegtuig is gehuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

antjie ·

My aardse genade…leer die mense dan nou nie…lol hulle kan mos eersteklas SAL vlieg. Die land brand mar prezzie moet privaat vlieg….eish

m ·

Ons moes dit geweet het!!!!! In n land met so hoe werkloosheidsyfer wil hulle so duur ding koop. Belaglik, wys jou net hoe min voel hulle vir hulle mense…

Lance ·

Ag gee hom nou die damn ding ….vat en vat en vat hy sal nie eers die bedrag kan uispreek nie …wil seker na sy gupta vriende ononderbroke kan vlieg met sakke vol geld

Jan ·

Hoop die mense se oe gaan oop wat vir hom stem hy beteken niks vir ons nie voel ook niks vir ons

Martie ·

Kan nie glo nie vlieg SAA hoekom nou jou eie straler he mens so nou sweer ons land het geld

Rynhardt ·

Zuma en sy beskermde kabinet is n groot verleentheid vir SA! Zuma verdien geen straler nie.Hy en Anc het ekonomie vernietig en kan met SAL vlieg! Laat Zuma sy straler geniet vir oulaas, want sy uurglas is vinnig besig om leeg te loop! 

Karel ·

Hy gaan seker R3999999999,90 kos. Dit is baie geld en dit terwyl hy dit self nie eers sal Kan uitspreek nie!

D ·

Wragtig. Nou daar het julle dit. Daar is ni tignici om di bestaande straler te diens ni. Wie gaan di nuwe een diens. Lol klink my nog ‘n sous trein wat gery moet word.

Stefan ·

Ou nikswerd1 kan dan darem veilig vlieg tot by die eerste diens en as sy nikswerd tegnici nie die diens kan doen nie koop nikswerd1 maar weer ‘n nuwe. Maklik.

Sêmaarnet ·

Ja né, sal ons dalk maar liewer niks sê nie……. Of…. Sal die oë hopelik nou oop gaan en sien die “wonderlike” president en kabinet dink net aan hulself, de hel met werklose, daklose, honger mense. Solank hy en sy cronies in styl kan vlieg voel hy ‘n veer vir almal anders.

Gert ·

n STRALER ???? HY VERDIEN N MICRO LIGHT MET N KWART TANK PETROL

Hendrik ·

Gert moet nou nie lelik wees teenoor ‘n “micro light”. Ons ouens wil dit ook geniet :-)

Piet Boer ·

Hulle moet net BBBE pilots ook kry om die nuwe Valiant te dryf! Onthou maar om konsekwent by die vasgestelde empowerment (transformasie) kwota te bly!

Anti-Haas ·

Piet en Oupa…. Ek hou van hoe julle dink, Ons nou lekker gelag.
Een van my kolegas het so droog opgemerk dat dit jammer is die probleme vin nie plaas terwyl hulle in die lug is nie…. LOL

toubs ·

ja die pilots moet polities korrek wees asseblief om weer onnodige bakleiery te veroorsaak

Xa ·

Opposisiepartye kan dit as n groot geleentheid gebruik as hulle die koste van die straler uitdruk in terms van huise, beurse, hospitaalbehandelings en ander dinge wat die massas wil he, dis al hoe hulle die omvang van hierdie skande sal verstaan.

Theuns ·

Ag nee, moet nou nie so “nasty” wees nie. Daar is nog baie voyager myle vir hom oor. Sy mense stel nie belang in ‘n beter lewe nie.So lank hulle prez net gemaklik is. Wat is fout daarmee?

M'Lady ·

Ag hoe bly is ek nou dat ek in die land van melk en heuning bly. Sommer besluit om nie te emigreer nie.

Vit B12 ·

Julle klakouse behoort Maroela te bedank wat kommentaar keur, of wil julle sit waar Matt, Penny Sparrow of Regter Hoesenaamnouweer sit?? Nou is die tyd vir ‘n wag voor die mond mense!

Jan maak n Plan ·

Ek verstaan die sogenaamde minister nou nie so mooi nie. Op die nuus se sy daar nie geld vir die weermag nie maar sy wil vir die vet marionet n nuwe vliegtuig koop. Hoe werk haar boekhouding dan????

Danie ·

Julle almal wat nou kommertaar lewer oor die sogenaamde Prez vliegtuig,se kommetaar beteken niks nie.
Die wat dit moet lees,lees nie Afrikaans nie.

Tiger ·

Danie wees positief man!Die kommentare het mens weer aan die lag in hierdie suurknol land!Wil net my mening gee :zumpie verdien ‘n baijasukkel eerder as ‘n vliegtuig!Hy’t op een groot geword!

Joann ·

Ek wonder wat is die Vader se idee om al die dinge toe te laat. Le die fout nie dalk by ons nie. Hy wil dalk he ons moet saamstaan,ek praat nou van blankes.

Ben Prinsloo ·

Manne lyk my mos ons kry nou net soveel probleme met maroela media as met die regering, sodra die waarheid te erg brand word dit verwyder. Skaam julle Maroela Media!!!!

vermeende ·

Afrika styl, Trump die self gemaakte biljoener koop vir hom self n tweedehandse vliegtuig om sy sake te doen maar die beeswagter “Zuma” verwag dat ons vir hom n luukse straler moet koop om rond te rits.

Dis Adrika die op sy beste.

Xa ·

Baie goeie opmerking. Trump is superior, homself bewys, terwyl Zuma seker nog nie n sent se wealth ge genereer het nie, hy suig net in.

HEVW ·

Die sg. tegniese probleme was maar net n gekonkel en breinspoelere om die nuwe straler aan te koop. Vlieg hy met n skedonk dan is daar die moontlike oplossing dat hy kan val. Koop hul die nuwe straler aan dan is daar die moontlike oplossing dat sy stempersentasie kan val. Dinge kan dalk ten goede meewerk.

HEVW ·

Dit is onafwendbaar. Wanneer z sy hand so op sy bors sit dan se hy daarmee die straler is reeds myne waarin ek en my kaders kan rond jakker om my grootheid ten toon te kan stel.

Joss ·

Zuma kry n straler en hoeveel swart mense en blankes sit in plakkers kampe! Hoe lank gaan hy nog teer op ons belastingbetalers se geld. Miskien koop die Guptas dit.

Kobus Swanepoel ·

As hy n straler koop maak ek my besigheid toe! Dan kan almal sonder werk sit! Ek sal nie n sent BTW weer betaal nie! Hy kan loop doppies blaas in sy hoenderhok plek!

dikdaan ·

Die rede hkm daar in Madagaskar n staatsgreep was n paar jaar terug was juis omdat die destydse president €40 milj aan n jet spandeer het. Wonner of die geskiedenis homself gaan herhaal

KP ·

Die ontevredendes moet net die nuwe straler aan die brand steek as hulle dalk oor iets ontevrede is.

Cherokee ·

Waarom nuut Koop? Het hulle ooit die moeite gedoen om eBay Classifieds deur te kyk?
SARS oes seker ‘n klomp belasting vanuit die plakkerskampe en toestroming vanuit Afrika. Dit moet wees vanwaar al die geld is.

Jef ·

Z as jy een van die dae in jou nuwe vliegtuig sit en jy vlieg oor SA, wil jy dan a.s.b uit die venster kyk en sien watse chaos jy veroorsaak het, maar ag ek dink ek vra n stupid vraag want jy toon hoegenaamd geen belangstelling in SA en sy mense nie.

Xa ·

Ek hoor nounou weer op radio n SARS advertensie wat dankie se vir ons belastinggeld en hoe “goed” dit gebruik word. Dit maak my naar om aan hulle arrogansie te dink.

Veritas ·

Alle politici is dieselfde. Besluite in landsbelang is sekondêr teenoor eie gewin.

christine ·

Hy wil land uit vlug met die straler kom ons betaal maar hy lyk deesdae soos n springhaas voor n skietlamp. Baie plooie by gekry. Die siekte waaraan die man ly begin hom nou opkuil sien ek.

John ·

Hallo Dubai, ‘Long time no seen’. Hoe lyk die huismark hier? Nee, ietsie groter. Jaaaaa! Hoeveel?

pieter ·

Geen geld vir skole nie ,geen geld vir weermag nie geen geld vir paaie ens ma vi nuwe straler ja baie geld

Elza ·

spandeer die straler – geld om hospitale op te knap, skole te beveilig, paaie te beveilig, elke voorstad te beveilig en betaal Polisie ‘die beste salarisse want hul veiligheid kom voor ‘n onnodige straler….stoot eie belang opsy president Zuma

broos ·

ek verstaan nou glad nie? The Star berig op bladsy 4 dat die SANDF sy deure gaan moet toemaak agv budget cuts…..maar hulle het R4 miljard vir ‘n nuwe straler?????

Hannie ·

“Give the man a Redbull”!

…………… gives you wings!

Hendrik ·

Ek se dat ons almal moet gaan registreer vir die verkiesing en dan stem ons die regering uit. Maklik soos dit want dit is mos ‘n demokrasie.

Christo Pienaar ·

Die presidensiële straler en ander bbp vliegtuie moet bedryf word deur die Departement van Vervoer bedryf word. Dan kan sy tjommas tender vir onderhoud van die belastingvreters.

sarie van heerden ·

Britse eerste minister het nie eie straler nie. Hoekom nie die geld gebruik vir al die afgebrande skole en ander beskadigde geboue nie.

Chris ·

Zuma moet eintlik met ‘n minibus taxi vervoer word. Vir my pas dit baie meer met sy status. Of selfs ‘n swart dikwielfiets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.