Zuma gaan strafregtelike klag teen Downer indien

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: GCIS)

Oudpres. Jacob Zuma gaan Donderdag ʼn strafregtelike klag teen die staatsaanklaer adv. Billy Downer SC aanhangig maak.

Die Zuma-stigting het Woensdag op Twitter gesê die klag sal by die polisiestasie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingedien word.

Die oudpresident beskuldig die advokaat daarvan dat hy beëdigde verklarings met inligting oor sy gesondheid uitgelek het.

Zuma het vroeër ʼn spesiale pleitrede van 141 bladsye by die hooggeregshof ingedien waarin hy vra dat Downer hom aan die korrupsiesaak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales onttrek.

Zuma voer in die pleitrede onder meer aan dat Downer nie die onafhanklikheid en onpartydigheid het wat nodig is vir ʼn regmatige vervolging en die versekering van ʼn regverdige verhoor nie.

Regter Piet Koen het reeds die pleitrede aangehoor en sal na verwagting later vandeesmaand uitspraak lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johann ·

Nogal vreemd in ag genome dat die owerheid nou daarop aandring om jou mediese status publiek te maak met die paspoort besigheid….

Eiervrug ·

Hier gaan ons alweer…. Na watter rekening nommer wil julle hierdie regskostes se donasies oorbetaal hê??

Frank John ·

Moenie worry nie, hy gaan nie opdaag nie, jy kry hom nie ini hof nie hahaha. Net nog ‘n ontduikings strategie van Zuma.

Daleen ·

Eentonige ou deuntjie – eers was dit Zondo en nou Downer… Jy moet in die tronk wees sonder enige regte jou krimineel.

tweeling ·

Duidelik kan of wil jy en jou regs gevolg nie verstaan dat ‘n aanklaer partydig moet wees om die saak te dryf anders sal daar nooit einde wees nie. Hoe is jou verdedigings span: partydig om jou onskuld te probeer bewys of gee hulle die aanklaer ‘n 50/50 kans?

JohanR ·

Met sy eie geld, of met die belastingbetaalers se geld?! Terloops waar kry Carl Niehaus die geld om die ANC hof toe te vat oor die salaris storie? ‘n Hof geding is nie goedkoop nie.

Jack ·

Dieselfde plek waar al die ander kaders hulle geld kry, by die belastingbetaler.

Jaco ·

Zuma is lid van die ANC en dan kla hy ‘n staatsaanklaer aan wat vir die ANC-regering werk. Vreemd. Hoe lank gaan dié nonsens nou nog aanhou? Dit kan mos alles binne die ANC-huis opgelos word.

ES ·

Jaco, staatsaanklaers werk vir die staat, nie vir die regering nie. Die Regsbank is heeltemal onafhanklik van die regering. Die president het die mag om ‘n Regter President te kies, maar die Regsbank is totaal onafhanklik van die staat, anders kan die staat inmeng. Dis net jammer dit werk nie regtig so in praktyk nie.

Deon ·

Hy wil nie he dat Downer naby hom kom nie, Lyk asog Downer n problerm vir Zuma se saak kan wees

Chris dupreez ·

Nou praat die jacob zuma stigting van ,,Sy Ekselensie president Jacob Zuma. Sover ek weet is hy nie meer president nie, hy is net Jakob Zuma

Dirk Mostert ·

As J.Z. ‘n stigting kan bekostig behoort hy ten volle vir Nkandla te betaal.

Di ·

Hulle moet eintlik se “Krimineel Zuma” as hulle na hom verwys

Anel ·

En ek het gedink hy staan met een viet in die graf en die andereen op ‘n piesangskil ???

Kokerboom ·

Hoop Billy Downer werk sy gal vir hom. Verwyder die skepsel asb. Hy vervul my met afsku!!

Nie Verbaas ·

Hoekom, is Zuma bang dat die hele wêreld uitvind dat hy niks makeer nie?

Jack ·

Hy makeer baie. Hy is sonder ‘n sin vir geregtigheid en met geen integriteit gebore nie.

Nie Verbaas ·

Die man probeer sy bes om toekomstige vervolging te ontwyk. Sluit hom toe en verloor die sleutel. Die regstelsel is nou regtig besig om n sirkus te word.

annie ·

Sy eks-eksellensie het ‘n houvas op almal. Sy navraag oor ‘n briefie tov die wapenskandaal het antie Jessie gou laat stotter oor ‘n erge watervloed wat die stoorkamer vir dokumente getref het. ‘n Tsoenami van stilte het hierna die Stix se walle oorspoel en Zuma was vry om te sê, te beskuldig, te kuier en te skimp vir ‘n terugkeer na sy troonkamer met ‘n entourage van bose has been’s. Die ergste is net dat niemand die mag, krag of die wil het om die zurona-virus teë te staan nie.

Henning ·

Elke land moet ‘n nasionale nar hê. Zuma is Suid-Afrika se nasioale nar, hy lewer ‘n onskatbare bydrae tot ons plaaslike vermaaklikheidsbedryf.

JM ·

Al so moeg vir daardie gesig, kan skree! Die spartelende Zuma gryp na ‘n laaste grashalm, want hy WEET dat hy geen uitkomkans meer het nie. Hy maak ‘n bespotting van die reg.

Kobus ·

Is Zuma ‘n afstammeling van Houdini of is hy en sy regspan net ‘n klomp flinkdinkers?

SjN ·

Sy sokkie verkope op straat doen verseker goed om al die hofkostes te kan betaal.

Papsak ·

Ja hy is net Zuma nie meer n president nie wie dink hy is hy

Yvonne ·

Neeeee,,,,,vir n siek man het hy darem erg baie energie om te mors

Catherina ·

At least the man puts a smile on our faces !! He is so funny!?

Erika ·

How dare you prosecute me & held me accountable for my actions- I am ” untouchable ” & “above the law….”

Tanniepetoors ·

Hoeveel belaglike pogings gaan Zuma nog aanwend om te probeer keer dat Adv Downer hom voor stok kry vir die gemors wat hy van ons land gemaak het? Tyd dat die Howe ‘n einde maak aan sy vertragings tegnieke.

melW ·

As sy mediese siekte “uitgelek” het, waarom weet ons nog niks van sy “siekte” nie?

Johannes ·

Regstelsel ook maar te bang om besluite te neem oor ou JZ. As dit enige ander mens was het hy al lankal met sy gat in die tronk gesit.

Samuel ·

Hierdie man kan homself nie help nie. Hy moet in die kollig bly.

Johan ·

Wees deursigtig met ons en sê wat hom makeer…is dit dan ń siekte om voor skaam te wees…?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.