Zuma gee opdrag vir ondersoek na grondherverdeling

Pres. Jacob Zuma tydens die kwartaallikse vraag-en-antwoord-sessie in die parlement (22 Junie 2017). Argieffoto. Foto: Parlement

Pres. Jacob Zuma het die spesiale ondersoekeenheid (SOE) opdrag gegee om die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming te ondersoek.

Die presidensie het gesê die ondersoek sal kyk na die verkryging van plase deur die departement, en die beweerde onregverdige uitdeel daarvan aan begunstigdes. Die SOE moet dus aantygings dat herkapitaliseringskoste glo wanaangewend is, ondersoek.

Beamptes van die departement sal onder die loep kom, aangesien die SOE aantygings van onbehoorlike en onwelvoeglike optrede sal ondersoek.

Daar is in November verlede jaar 29 plase ter waarde van bykans R470 miljoen aan die departement terugbesorg ná ʼn soortgelyke ondersoek deur die SOE. Die plase is terugbesorg ná onwettige transaksies. Van die sake is ook vir kriminele ondersoeke en vervolging verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Scalla ·

Terwyl hul besig is met die ondersoek moet daar ook vasgestel word wat is die sukses ratio tov grond aan hul verskaf om te produseer. Verstaan dat kundigheid nodig is om te wil en kan boer.
Hulle dink mos almal jy is ryk as jy n plaas besit.

Johann ·

As mens die berigte oor staatskaping lees staan mens verstom, maar veral wat als beoog word met grondhervorming, die witkapitaal retoriek, radikale ekonomiese transformasie, dan sal met sien hoe die volle aanslag teen die wit mense gemik is.

Peanut ·

Ek het n probleem met die woorde “terug besorg” dis onteining!!! Moet ek ook eendag nog my huis “terug besorg”. Ons werk hard vir wat ons het

HKGK ·

Nee vriend. Dis plase wat reeds van die boere “gevat” is en ten gronde gegaan het nadat die infrastruktuur gestroop is, die toerusting opgebreek en opgekap is en as skroot verkoop is.
Die regering sit met DUISENDE hektaar grond. Waarom deel hulle dit nie uit aan die grondhonger gepeupel wat dit do graag wil hê nie.
Maar Nee! Jy sien dis nie naby die dorp nie en as jy daar gaan bly moet jy werk. Wie wil nou werk as jy “grants” kry vir elke kind wat jy maak.

Pierre de Villiers ·

Hierdie baie plaasaanvalle mag dalk georkestreer word deur `n gesamentlike poging tussen ons regering en die van ZIM.

cor ·

Vir wie wil hy heuning om die mond smeer, daar moet seker gekyk word watter van sy lojaliste het toe nie die grond gekry nie en ook nie hulle deel van die herkapitaliseerings koste nie, sodat hulle vir ndz kan stem .

Blits ·

Plaas hy en sy chommies oplossings soek vir ons land se ernsige probleme nou gaan die spul weer “wit kapital” (Ons betaal tog die meeste belasting) mors op n klomp crap wat geen belang dien in Suid Afrika se vooruitgang en stabiliteiet nie

Rabes ·

En die wat so grondhonger is kan baie grond in die ou tuislande kry wat onbewerk en verwaarloos lê

Johanna Botha ·

Die regering moet die aktes gee vir die mense wat grond kry …sodat hulle kan lenings kry ! En wat van die 4000 plase waaroor die koerant berig het wat in staatsbeheer is waarmee niks gedoen word nie ?

J ·

Ek weet van soveel plaas eienaars wat uitbetaal is vir hulle plase na grondeise. Hulle boer nog steeds op dieselfde plaas en betaal huur aan die stamhoof. M.a.w hulle soek nie grond nie hulle soek geld. Vsn die vorige eienaars het dit van die hand gewys om die plaas terug te huur. Gaan kyk wat gebeur op daai plase NIKS. Geplunder wat hulle kon. Ondersoek asb Didimala Lodge Dinokeng waar Tony Blair en oral van die wêreld bymekaar gekom het. Na die vorige eienaar sy plaas en lodge oorgegee het is daai 5ster lodge in sy maai.

Marisa ·

Ai, hulle kan nou net nie die geheim agterkom nie. Om geld te hê moet jy daarvoor werk – HARD werk. Om grond te hê beteken nie jy het nou GELD nie. Skaap en bees mis nie goud nie. Koring en mielies se blare en are is nie van goud gemaak nie. Daai gronde kan her-uitgedeel word tot die perde horings van goud kry – niks sal verander nie.

Elize C ·

Met die afgelope droogte oor die land, is verskeie boere (landbou en/of vee-boerderye) so diep in die skuld, met geen verdere beskikbare fondse om weer hul boerderye van voor af te kan begin nie, verskeie het hul plase in die mark gesit. Hoekom “onteien” die regering nie daardie plase teen markwaarde en gee dit vir die mense wie so graag grond wil hê nie, hulle sal geen teenstand van daardie boere kry nie. Die nuwe eienaars word in elk geval finansiëel gehelp deur die regering om te begin “boer”.

Frans C ·

Die opdrag bewys maar weereens hoe slu die President is.Hy verskuif die soeklig weg van sy eie en familie se korrupte optrede na iets wat hy weet ‘n emosionele saak onder veral swart kiesers is,nl grond en die toegang tot dit.

Geen wonder swart kiesers bly agter hom aanloop soos die kinders agter die rottevanger
van Hamelen.

SARIE VAN HEERDEN ·

Arme ou Zuma deel net orders uit van wat gedoen moet word in die land. Wonder wie skryf vir hom die orders voor want hyself is mos “selfgeleerd” daar in die veld agter die koeie en kan nie eens behoorlik lees nie. Kan hy skryf? Indien wel, kan iemand vir ons dit wys? Arme ou man .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.