Zuma gee ou man R1 000 vir kos

Argieffoto

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het ʼn bejaarde man in Mabopane, naby Pretoria, Vrydag R1 000 gegee om mee kruideniersware te koop. Zuma het Soshanguve, Mabopane en Ga-Rankuwa besoek vir ʼn deur-tot-deur-veldtog, in aanloop tot die verkiesing op 7 Mei.

“Hy is ʼn koning, julle kan niks aan hom doen nie,” het Ezekiel Senyolo ná die tyd gesê. “Hy het vir my geld gegee om kos te koop en te eet.”

Senyolo, wat alleen in sy asbes-plakkershut woon, het Zuma gevra om vir hulle water en spoeltoilette te voorsien.

“Hy het gesê hy sal al ons probleme uitsorteer en ook hierdie asbeshuise wat ons siek maak, platstoot,” het hy gesê.

Merriam Dlamini, wat saam met 13 ander mense bly, het vir ʼn werk gevra. Sy wil daarmee graag haar familie onderhou.

“Al wat ek wil hê, is ʼn toilet, en ʼn werk, sodat ek vir my familie kan sorg,” het sy gesê.

Dlamini het gesê Zuma het belowe om die omgewing te ontwikkel. Baie van die strate is nie geteer nie en sommige huise het nie krane nie.

Tydens Zuma se besoeke aan mense in hul huise het sekuriteitspersoneel joernaliste met notaboeke en tablette verhinder om binne te gaan, terwyl joernaliste met kameras wel in die huise toegelaat is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Ek wil ook he as ek dit elke dag kan kry kan ek ook n lewe maak Mr Zuma maak by my ook n draai

Danielle ·

Nog ‘n lee belofte Zuma, een van die beloftes wat hy al ‘n paar jaar gelede gemaak het, en hier glo ‘n bejaarde hom sowaar weer, net omdat hy R1 000 ontvang het van Zuma.

Om een maal ‘n skenking te maak, maak Zuma allermins ‘n koning. Baie van ons dra donasies op ‘n maandelikse basis by, maar dit maak nie die pers nie. Soveel Blankes leef ook in plakkerskampe, hoop maar Zuma maak daar ook ‘n draai en sy beursie oop?!?!?!

bianca ·

Ag dis mos maklik om ander se geld so weg te gee! Dis ons belastingbetalers se geld, daar moet vir ons dankie gese word…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.