Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag aangekondig daar sal geen verhoging in tersiêre instansies se 2016-fooie wees nie.
Dit was die uitkoms van Zuma se vergadering met visekanseliers, voorsitters van bestuurspanne, studenteraadvoorsitters en verteenwoordigers van studente-organisasies. Zuma het gesê verskeie kwessies is by die vergadering bespreek, waarin die koste van naskoolse opleiding sterk na vore gekom het.
“Die vergadering het saamgestem dat die regering leiding moet gee oor hierdie en vele ander kwessies, insluitende transformasie en die verblyfomstandighede van studente,” het Zuma gesê. Hy het gesê hoewel ooreengekom is op ʼn 0% verhoging in studiefooie vir volgende jaar, sal die presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingskwessie te ondersoek, voortgaan om na oplossings vir die toekoms te kyk.

Pres. Jacob Zuma vergader met studenteverteenwoordigers Vrydag by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane
Chaos het vroeër Vrydagmiddag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente oproerig geraak het en die polisie skokgranate begin gooi het. Duisende studente het sedert vroegoggend by die Uniegebou saamgedrom in afwagting op Zuma se aankondiging. Die studente het egter oproerig begin raak en onder meer mobiele toilette aan die brand gesteek. ʼn Gedeelte van die grasperk is glo ook aan die brand gesteek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
38 Kommentare
Wat is volgende, en gaan die studente tevrede wees? Ek hoop regtig so.
Die aap kan nie sien dat die land klaar bankrot is nie en dit alles aan die ANC regering te danke!!! Hy soek net stemme vir die verkiesing. Die land het nie geld nie wie moet die Universiteit onderhou dit hy?
En kyk net… ons kan n les by die massa swart student leer, want ja die meerderheid is swart. Hulle staan saam om hul doel te bereik en so trek alle student voordeel. Wens net ons blankes kon ook so saam staan,dink net wat n gedugte teenstander ons kan wees…
So, geen verbetering en uitbouing van instansies nie. Geen uitbouing van kennis nie. En, kom ons verhoog belasting sodat ons die verlore geld kan inkry. Kom ons melk die reeds drooggemelkte bevolking net verder. Hierdie aap het sopas vir hom nog n termyn as president gewen in die volgende verkiesing met die een! – Maar net ‘n raaiskoot in die donker…
Dit was makliker as julle Gautengers se fight oor e-tol nè! Miskien het julle tersiêre opleiding nodig.