Zuma: Geen verhoging in studentefooie vir 2016

Pres. Jacob Zuma tydens die aankondiging by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma tydens die aankondiging by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag aangekondig daar sal geen verhoging in tersiêre instansies se 2016-fooie wees nie.

Dit was die uitkoms van Zuma se vergadering met visekanseliers, voorsitters van bestuurspanne, studenteraadvoorsitters en verteenwoordigers van studente-organisasies. Zuma het gesê verskeie kwessies is by die vergadering bespreek, waarin die koste van naskoolse opleiding sterk na vore gekom het.

“Die vergadering het saamgestem dat die regering leiding moet gee oor hierdie en vele ander kwessies, insluitende transformasie en die verblyfomstandighede van studente,” het Zuma gesê. Hy het gesê hoewel ooreengekom is op ʼn 0% verhoging in studiefooie vir volgende jaar, sal die presidensiële taakspan wat aangestel is om die befondsingskwessie te ondersoek, voortgaan om na oplossings vir die toekoms te kyk.

Pres. Jacob Zuma vergader met studenteverteenwoordigers Vrydag by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma vergader met studenteverteenwoordigers Vrydag by die Uniegebou. Foto: Elmond Jiyane

Hy het gesê gratis onderrig, onafhanklikheid van tersiêre instansies, rassisme en studenteverblyf is kwessies wat dringende aandag sal geniet. Zuma het bygevoeg die taakspan sal ook met die tersiêre instansies vergader om die studie- en eksamentyd wat die afgelope tien dae verlore gegaan het weens studentebetogings, in te haal.

Chaos het vroeër Vrydagmiddag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente oproerig geraak het en die polisie skokgranate begin gooi het. Duisende studente het sedert vroegoggend by die Uniegebou saamgedrom in afwagting op Zuma se aankondiging. Die studente het egter oproerig begin raak en onder meer mobiele toilette aan die brand gesteek. ʼn Gedeelte van die grasperk is glo ook aan die brand gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Theo ·

Wat is volgende, en gaan die studente tevrede wees? Ek hoop regtig so.

Rudi ·

Hul sal tevrede wees maar volgende jaar gaan die staat moet betaal of die standaarde sal moet daal. Wonder of Zuma verder as vandag gekyk het. Ons universiteite gaan stadig ondergaan soos ons land

alida ·

Die aap kan nie sien dat die land klaar bankrot is nie en dit alles aan die ANC regering te danke!!! Hy soek net stemme vir die verkiesing. Die land het nie geld nie wie moet die Universiteit onderhou dit hy?

Magda vd Westhuizen ·

En kyk net… ons kan n les by die massa swart student leer, want ja die meerderheid is swart. Hulle staan saam om hul doel te bereik en so trek alle student voordeel. Wens net ons blankes kon ook so saam staan,dink net wat n gedugte teenstander ons kan wees…

Rooiman ·

So, geen verbetering en uitbouing van instansies nie. Geen uitbouing van kennis nie. En, kom ons verhoog belasting sodat ons die verlore geld kan inkry. Kom ons melk die reeds drooggemelkte bevolking net verder. Hierdie aap het sopas vir hom nog n termyn as president gewen in die volgende verkiesing met die een! – Maar net ‘n raaiskoot in die donker…

Dee ·

Dit was makliker as julle Gautengers se fight oor e-tol nè! Miskien het julle tersiêre opleiding nodig.

GES ·

En daar ruk Zuma die haas uit die hoed uit. Hierdie is ‘n verkiesingsfoefie om stemme te wen vir die naderende verkiesing. Na die aankondiging “Business as usual” korrupsie en bedrog gaan normaalweg voort terwyl daar nog ‘n bietjie geld oor is.

Magda ·

Waarom word my kommentaar nie geplaas nie-was geen rassistiese aanmerkings

Magda ·

Ons kan n les leer by die studente-die meeste van hulle is swart of anderskleurig, hul staan saam om hul doel te bereik. Dink net hoe gedugte teenstander ons wittes kan wees as ons kan saamstaan..

Paul ·

Theo vlg is hullle wil elke jaar deur gesit word na die volgende jaar al laat hulle punte dit nie toe nie

Francois ·

Paul dit gebeur al van 20 jaar terug…as daar nie ‘n sekere hoeveelheid “slaag” nie, kry die instansie nie die subsidie nie…go figure!!

Eliza-beth ·

As daar nie Nkandla gebou was nie, as kaders teverede sou wees met gewone salarisse, as Eishkom nie belaglike bonussse aan nie-presterende werkers sou betaal nie SOU dit dalk moontlik wees om gratis tersiêre opleiding te verskaf nie. Wat akkommodasie betref, die ou universiteitskoshuise was altyd puik en skoon – raai van wanneer af is dit bemors en opgefoeter? Mens wonder nou – is die studente nie opgesteek om so aan te gaan en dinge te eis JUIS sodat die verkiesingsfoefie kan plaasvind nie? Ek is bevrees dis weer die eerlike belastingbetaler, die ou wat getrou sy deel aan die keiser betaal wat gaan moet hoes!

Magda ·

Kom ons wittes staan ook n bietjie saam en glo in ons saak..

Winston ·

Ja dit moet ook kom. Zuma het nou niks reggestel nie. Net tyd en stemme gekoop. Kom ons kyk hoe word die volgende tsunami hanteer? Want hy kom vir seker.

Charl Coetzee ·

Magda, wat vir my wel eienaardig is, is hoe dat rassisme net een kant toe gemeet word. Jy kan ‘n swartbemagtigings organisasie begin, maar nie ‘n wit een nie. Jy kan ‘n bevoordelings fonds stig vir swart mense, maar nie vir wit mense nie. Jy kan sing “Shoot the Boer” en sê jy gaan wit mense te tonge met pangas uit kap, maar jy mag geen uitlatings maak oor sprinkaan efek nie.

Nee wat, dit is tyd om op te staan vir gelyke regte. Ek sal op niemand trap nie, maar ek gaan darm nie lê terwyl ander op my trap nie.

jakes ·

Magda, jy droom met diee lig aan! WAAR gaan jy 2wittes kry wat saam of opstaan? Maar praat, dit kan ons volkie. Net nie doen.

Rudi ·

Dit gebeur al klaar. Jy moet net bietjie wakker word. Daar is n magdom(miskien oordryf ek) mense wat probeer om ‘n verskil te maak en dit is besig om momentum te kry. Ja daar is baie, baie, baie afrikaners wat hul medemens vergeet het en net dink aan homself en nie dink aan die spoorwerk werker wat SA opgebou het en nou vermoor word en sterf in die staats hospitale omdat hy nie geld het vir sekuriteit en mediese fondse nie. Hul gee ook nie ‘n hel om of daardie mense sukkel om die water en ligte te betaal wat duur geword het nie. Maar een ding verseker ek jou. daar is mense soos ek en jou wat gaan begin opstaan. Want die ongeregtigheid is te groot

Justa ·

Die anargie het begin en gaan net eskaleer en die einde vir SA is in sig.

Dan ·

Elizabeth jy het so pas die spyker op die kop geslaan. Jy is so reg soos n roer, politiek is n vuil spel. Opstokery selfs van regerings amptenare.

Dan ·

Elizabeth jy kan bly wees jy kon jou se se, ek word nie toegelaat om met jou saam te stem nie.

Dan ·

Maroela van julle wat daar werk lyk my is ook maar siekerig. snoerwet???

Amanda Swanepoel ·

Die geld vir befondsing sal seker nou uit staatsamptenare se pensioenfonds kom. Die regering kyk lankal met begeerte in die oe hierna. As gratis onderwys kom hoop ek net verdienstelike gevalle word toegelaat 70 % min. En geen gedruipery nie. As jy een keer druip is jy uit. Daar is lankal nie meer agtergeblewenes nie.

Winston ·

En my woorde is skaars koud….toe kom die volgende eis! Geen klasgelde nie. Zuma besef asb jy is n patetiese president. Die swakste in Afrika. Jy het n heel land ge-erf en tot niet gemaak binne bestek van paar jaar. Hierdie is alles jou en jou volgelinge se maaksel.

Rynhardt ·

Zuma wil die indruk wek alles is onder beheer,dit is nie.Hy weet die massas is buite beheer!Blade Nzimande moes die trekpas gekry het,maar die prez beskerm sy grootbek maatjie!Vanaand op SABC2 het studente dit duidelik gemaak dat hulle gaan mobiliseer en is nog nie klaar met Zuma en sy trawante nie.n Deel van die blanke bevolking verstaan nog steeds nie hoe die Anc te werk gaan nie.Dinge kan binne n oogwink lelik verander.

Gideon ·

Hoe is dit moontlik dat ons alledaagse plat op die aarde mense sien wat is aan die gebeur maar die slim ekonome, politici en regering raadgewers nie kan agterkom wat is besig om te gebeur nie!!! Ek wonder hoe lank voor die volgende eise!

Flippie ·

Noudat die studente nie meer verhoohde klasgelde hoef te betaal nie, hoef die salarisse van intree graduandi ook nie volgende maar verhoog te word nie.

En as tersiere opleiding gratis gaan word behoort die intree graduandi en ander pas afgestudeerdes en ook die wat gedruip het vir die tydperk wat hulle gestudeer het, terug te week teen die land se minimum loon.

CS ·

Hele week was chaos, hoekom het Zumpie nie van dag een af ingestem tot 0% verhoging nie. dan was alles vining verby! O. askies. kon nie mer sy vergrootglas sien wat aangaan nie!Volgende is die skole – so Zumpie hou jou vergrrootglas naby

GES ·

Om by die lys by te voeg. Sommige studente het ook die houding dat as hy/sy klasgeld betaal het, die kwalifikasie outomaties sonder enige teenprestasie moet volg. Kennis was nog nooit ‘n kwessie nie slegs die vergoedingspakket is ter sprake.

Blondie ·

En wie gaan nou als regmaak wat vernietig is in die getooi tooi. ….die rykes. ….hoekom moet hulle opdok. …die rykes werk baie hard om te kry wat hulle het. ..hulle staak nie en vernietig als nie omdat hulle hulle sin kry nie. …nee hulle werk werk werk.

Charrl ·

So die rykes gaan betaal so dit is nou die hele parlement lede want hulle is die wat baie geld verdien, dis nou Zummie en gevolg. Wat van die skoolfons wat so baie is gaan die skole ook nou gratis onderrig kry ?

Muller ·

Rerig Zuma het jy die ding deur dink? Geen verhoging vir 2016 nie, en volgende jaar? Wat dink jy gaan dan gebeur. Daar gaan weer oproere en statings wees, almal wat alles afbreek, afbrand, aggressief raak en dan soek hulle weer ‘n geen verhoging vir 2017 nie, en jou gratis tersiere opleiding wat gaan daarvan word? Die studente het nou klaar gesien daar word gehoor gegee aan hulle “demands”. So raai wats volgende, hoop jy kan die blik wurms wat JY oopgemaak het handle!

Innovert ·

Ek hoop ons kinders se skoolfooie vir volgende jaar is ook ingesluit in hierdie besluit! Om elke jaar tussen 0% en 5% salaris verhoging te kry en skool fooie wat al elke jaar meer as 10% opgaan is nie baie volhoubaar nie. Kunsmatige ekonomiese belied!

Fanie Prinsloo ·

Dagse, klippie in die deurmekaar bos……dit is darem oulik hoe gou zuma opspring en hier help waneer hy dit nodig ag…….Hoe lank vra ons nie al dat hy ook sal “opspring en aandag gee” aan plaasmoorde en geweld in die land? Mense word uitgemoor maar niks gebeur…paar jonges is omgekrap om te betaal vir iets en hy vergader met hulle en gee wat hulle “demand”

Arie ·

Kom dit uit mond van die grootste rassis wat ek ken en van die nuwe apartheids regering, alles wat die anc beplan is rassisties. (anc in klein letters want dit is wat ek van hulle dink)

Francie ·

Ek kan nie glo dat die studente se optrede so regverdig kan word nie. Ek wens ek kan dit bekostig om so redeloos woedend te word dat ek maar kan maak en breek. Dis mos nou ‘n lisensie vir wanorde en vernielsugtigheid nie. Duidelik ken sekere mense nie die beginsel van opdok vir wat jy breek nie. Vra maar net ‘n nuwe aan en dit word afgelewer. ekker man, lekker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.