Zuma gekap oor ‘ANC kom eerste’

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma moet skaam kry vir die uitlating wat hy Saterdag gemaak het dat die ANC eerste kom en Suid-Afrika tweede, het die DA gesê.

Refiloe Nt’sekhe, die DA se nasionale woordvoerder, het gesê dit is ongehoord dat ʼn president wat ʼn eed afgelê het om getrou aan die Republiek van Suid-Afrika te wees so iets sal sê.

Zuma het volgens berigte Saterdag by die ANC se KwaZulu-Natalse verkiesingskonferensie gesê hy glo die ANC se belange kom eerste bo dié van die land. “Ek het eenkeer met iemand gestry wat gesê het die land kom eerste en gesê ek het begrip [vir die siening], maar ek glo my organisasie, die ANC, kom eerste,” het hy glo aan afgevaardigdes by die konferensie gesê.

“Pres. Zuma moet die stelling onmiddellik terugtrek en om verskoning vra,” het Nt’sekhe gesê. “Dit is ’n belediging vir elke Suid-Afrikaner, ʼn skending van die eed van sy kantoor en kan nie onbetwis gelaat word nie.”

Nt’sekhe het gesê sulke stellings skep ruimte vir misbruik van mag tot nadeel van gewone burgers in die naam van die ANC. “’n President van die republiek moet altyd in die beste belange van Suid-Afrika optree deur die vooruitgang van die republiek te bewerkstellig en almal wat dit leed wil aandoen, teen te staan.”

“Die DA is trots om ʼn party te wees wat altyd Suid-Afrika eerste stel. Ons glo in een nasie, met een toekoms, gebou op die waardes van vryheid, regverdigheid en geleentheid. Hierdie visie beteken Suid-Afrika kom altyd eerste.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oom Koos ·

Sy edele ken blykbaar nie die inhoud van die ampseed wat hy so hartroerend afgelê het nie.

AmY ·

Ek het groot geword en geleer dat God eerste kom, en dan kom al die ander dinge. Nie eens jou man en kinders en ouers mag belangriker as God wees nie.

AntiAnc ·

AmY, ek is nie so seker of hierdie st. 3 mannetjie n Christen is nie. Ek twyfel sterk. Wat ek wel weet is dat hy ons en ons land vernietig. ZumamustFall.

magda ·

Ek vra maar net? Hy skryf tog seker nie self sy speeches nie. Ek het gehoor hul klerke doen dit. Hul word nie verkies vir hul IK nie! Hy is selfs te luister om sy speech deur te lees voor hy dit uitblaker! LOL

chrisp ·

Nie die ANC,DA of EFF stel hierdie”reenboog”land eerste nie.
As jy(Nt’sekhe) vir al die sogenaamde “regstellings” stem oa Bee stel jy mos duidelik een ras bo ‘n ander?Nou verklaar jy dat julle in een nasie glo ,gebou op waardes van vryheid(Afrikaans Universiteite),regverdigheid(BEE) en geleentheid(BEE)?
Julle (DA) lieg net soos die ANC(seker omdat julle beleide dieselfde is)
Julle is maar almal dieselfde. Party partye het dalk net meer verstand(kan dalk beter syfers lees) maar dis omtrent al.

Michael ·

Nee wat hy steur hom nie aan enige ampseed nie. Hy het maar net verwoord wat die ANC sedert 94 uitleef. Ons sien dit oral om ons. SA beteken niks vir hulle. Gaan net oor hulself. Ons moenie verbaas wees hieroor nie. Kyk net Noord in res van Afrika-dis hoe dit in Afrika gaan. Eie belang, korrupsie, bedrog, moord, roof ens is vir ons as westerlinge en meer nog Christene onaanvaarbaar maar vir Afrika is dit hoe die lewe werk.

Susan ·

Ek dink ons almal vergeet zume kan nie juis lees of skryf nie.
Hy maak ‘n bespotting van himself, DIE LAND en die anc. Die hele wereld lag vir ons.

GES ·

Ek wonder of hy bewus was dat hy ‘n ampseed afgelê het. Hy verstaan in elk geval so min van die hele proses dat dit vir hom net nog ‘n geleentheid was waar kos bedien is. Hy het baie dinge wat hom besig hou soos vroue, storte, getalle en natuurlik die anc.

douglas ·

Zuma en anc moet liefs verwyder word iut parlament dinge kan nie so aangaan nie nou wil hy n 4 biljoen rand se vliegtiug ook koop hoeveel studente kan leer met daai geld a neea anc moet weg

JZ ·

Wat kan jy meer verwag van die man met geen gevoel of kennis het van die amp wat hy beklee nie,Wat my die meeste bekommer wit mense in sy paarty en ook nie kan sien wat gebeur nie en hul vereenselfdig met die handelinge van die donkie.

HEVW ·

So tussen al sy kaders het hy emosioneel oorhoops geraak en met sy geringe verstand kon hy nie sy mond in toom hou nie. Maar hoe dit ookal sy dit kan ons mos baie duidelik sien soos die sake van die land verloop. Die waarheid het met n glips duidelik geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.