Zuma gekap oor ‘anti-swart’-uitlatings

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma (Februarie 2015) Foto: Siyasanga Mbambani, departement van kommunikasie

Die EFF het pres. Jacob Zuma veroordeel vir “anti-swart”-uitlatings wat hy glo in ʼn toespraak aan die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) gemaak het.

“Die Ekonomiese Vryheidsvegters veroordeel die rassistiese anti-swart- en selfhaat-uitlatings van pres. Zuma dat arm Suid-Afrikaners lui is spesifiek omdat wit mense nie in beheer is nie,” het Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, gesê.

Zuma het Dinsdag tydens die toespraak in Midrand ’n staaltjie vertel oor ’n besoek aan ’n naamlose Afrika-land gedurende die vryheidstryd. “Ek het daar aangekom en mense het baie stadig gewerk, hulle was nie in ’n haas nie, en ek het aan die kameraad wat my begelei het, gevra ‘Wat gaan aan?’. Hy het gesê mense werk nie vinnig nie, mense sê hulle is vry. Die wit man is weg, hulle is nou vry.”

Zuma het glo gesê hy wens hy was ʼn diktator sodat hy sommige dienste soos laekostebehuising aan armes kon stopsit, aangesien dit luiheid onbepaald voortsit as mense van die staat afhanklik word.

Ndlozi het gesê indien mense gehaltewerk het, sou hulle nie laekostebehuising nodig hê nie. “Zuma se regering het hul verbintenis tot private kapitaal gedemonstreer deur net belasting op die armes en middelklas te verhoog, deur persoonlike inkomstebelasting asook brandstof- en elektrisiteitsheffings te verhoog maar korporatiewe belasting onaangeraak te laat,” het Ndlozi gesê.

“Zuma se uitlatings dat swart mense stadig werk en lui is aangesien hulle nie vir wit mense werk nie reflekteer ’n anti-swart- en rassistiese mentaliteit wat in ooreenstemming met diktatoriale houdings is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jakes ·

SPEED KILLS, staan geskryf langs die snelweg. Bly hy besef ook hul is lui en laks.

Johan ·

Jy’t ‘n punt beet, Jakes. Die traagheid is oral te bespeur behalwe in taxi’s in die geelstreep.

jakes ·

Korrek, net om doodstil te stop sodat 49 voetgangers kan word. Weet iemand dalk hoekom daardie plakker “100” agter op taxis? Is dit vir minimumspoed in stedelikegebied dalk?

Gert van der Merwe ·

Man nee sover my kennis strek lees dit vir hulle nie spoed nie maar hoeveelheid passasiers

Cobus ·

Selfs Zuma het tye van helderheid. Laat mens dink wat is al die kragte en invloede wat tans op die presidensiële inwerk….

Boet ·

Ek dink nie hulle het dit teen die witmense soseer nie.Waarom wil hulle dan net engels praat?Dit is mos n witmens taal,dan ook sommer n buitelandse taal.Die swartmense word verkeerd ingelig.Op grondvlak het ek nog altyd goed met hulle oor die weg gekom

scalla ·

In ons omgewing is n swart konsortium op n plaas(dmv staatsgeld aangekoop) wat puik presteer op elke gebied. Aan die hoof van elke afdeling is n blanke mans persoon aangestel. Met besoek van landelike otwikkeling is aan hul meegedeel dat een swarte nie vir n ander een luister en opdragte uitvoer nie, dus die aanstellings. Op versoek dat die minister van landbou hul besoek om hul sukses te deel en kennis te neem word daar aan hul gese dat hul dit nie gaan doen nie aangesien hul gefire sal word weens die ander klomp grondhervorming mislukkings, Zuma kan kennis neem.

Leeutjie ·

Hier kan ek nogal een regmerkie agter sy naam sit. Hy wil nou rerig he dat ons van hom moet begin hou!

CHRISTA ·

Zuma is seker die grootste Zombie!! Die ANC (Nelson Mandela ingesluit) het voor die 1994 verkiesing aan hulle swart ondersteuners GRATIS behuising, GRATIS mediese dienste, GRATIS onderwys en GRATIS water en ligte belowe!! Noudat hulle aan die bestuur van sake staan, kan hulle sien wat dit kos!! Dus moet hy en sy kabinetsvrinne hulle bekke hou!! Onder die apartheid regime het hulle dit in elkgeval GRATIS ontvang – hulle het NOOIT vir hierdie dienste betaal nie. Onder hulle regering verval ALLES!! Is dit waarvoor ANC staan – ALL NATIONAL COLLAPSE?

Gert van der Merwe ·

En ook die ANC is nou stadig besig om gratis te verval. Hulle gaan mekaar nog uitroei vir senior poste. Kyk na die EKS REGTIG DOM KLOMP. Alles moet hof toe sien maar net as hulle verloor en mekaar telyf gaan. Kyk SAUK ewwwww daar gaan dit ook “hire en fire”. Die MVK ondersoek mekaar, kan jy dit glo,lekker jolyt . Die SAPD en sy kommisaris o wee dit val in mekaar van leuns. Nou sien ek hulle wil n verklikker toet vir parlement gee. Dit is gevaarlik moet asb nie vir Zuma daarop sit nie dit kan ontplof soos atoom bom en SA kan vergaan. Laat ons eerder veilig hier bly en baklei.

Hierdie sal seker gemodereer word en nie geplaas word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.