Zuma geopereer; nog prosedures wag

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma het Saterdag ’n chirurgiese prosedure ondergaan en sal in die komende week nog prosedures ondergaan.

Só het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), Sondagoggend gesê nadat Zuma op 6 Augustus in ’n hospitaal opgeneem is en daar sedertdien talle vrae oor sy gesondheid is.

“Die DKD kan nie in die stadium voorspel wanneer Zuma ontslaan sal word nie en tans is ons prioriteit om te verseker dat hy die beste moontlike sorg ontvang,” het Nxumalo gesê. “Ons doen ’n beroep op mense om nie te bespiegel oor Zuma se gesondheid nie en om mediese praktisyns die ruimte te gun om voort te gaan om gehalte gesondheidsorg aan hom te verskaf.”

Geen besonderhede is nog oor Zuma se presiese gesondheidstoestand bekend gemaak nie. Die oudpresident het op 8 Julie 15 maande tronkstraf begin uitdien weens die minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Die #FreeJacobZuma-veldtog het Saterdag gesê hy is “in beginsel” daarteen gekant dat ʼn private dokter van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se keuse toegelaat mag word om die mediese verslag van die weermagdokter wat Zuma ondersoek het, te betwis.

Die veldtog sê dit is ongehoord om ʼn gewone burgerlike dokter aan te wys om die verslag van ʼn senior weermagdokter in twyfel te trek en beslis hoogs ongewoon.

Zuma moes Dinsdag in die hof verskyn het vir die korrupsiesaak wat met die land se omstrede wapenonderhandeling verband hou.

Die Jacob G. Zuma-stigting het intussen Saterdag ’n verklaring uitgereik oor die “vals nuus” wat versprei word rakende die presiese verloop van gebeure toe die oudpresident laataand op 7 Julie in hegtenis geneem is.

Dit kom na berigte dat Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL en een van Zuma se vertrouelinge, glo ter elfde uur die oudpresident oortuig het om hom oor te gee.

Die stigting meen daar steek egter geen waarheid hier in nie en dat die berigte ten doel het om Zuma uit te beeld as ’n “oortreder wat buitengewone oorreding vereis om die wet te respekteer, ondanks die ongrondwetlikheid van die hele vonnisproses”.

Mzwanele Manyi, woordvoerder van die stigting, het gesê Myeni het Zuma die betrokke aand gebel om vir hom terugvoer te gee rakende sy regspan se poging om sy inhegtenisneming uit te stel deur ’n dringende hofaansoek. Dié aansoek was nie suksesvol nie en volgens Manyi het Zuma toe besluit om hom oor te gee en hom nie teen inhegtenisname te verset nie aangesien dit “bloedvergieting soortgelyk aan die Marikana-slagting” tot gevolg sou hê.

“Sy laaste woorde was: ‘Daar moet geen bloedvergieting in my naam wees nie’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

melaney ·

Zuma het al jare gelede die hele land in ‘n moerras verander. Hy moet nie nou witvoetjie soek nie.

Michael ·

CR het die land in die afgrond gestuur en hy het al begin daarmee as vise president. Hy is die grootste gevaar vir die land se toekoms

Eiervrug ·

Kom ek raai… Seker ‘n stopsel laat insit onder narkose…

groenboer ·

Wie weet. Dalk het hulle die skelmstreke uitgesny – mens kan altyd hoop. :-)

Magda G ·

Ai altyd mediese probleme net om nie die opgelegde vonnis in die tronk deur te bring nie

Snowball ·

Ingroei toonnaels en vratte verg ook soms chirurgiese prosedures. Darem al te gemaklik om nie te spesifiseer wat fout is met die tronkvoël nie.

Juffrou ·

Moesies en vratte verwyder is ook ń prosedure! Hy het baie van dié goed ????

JM ·

Ja ou Zumpies, nóg een in die boek. Die finale afrekening kom en daarvan sal jy nie kan wegkom nie.

Jacobus ·

“Gehalte mediese sorg”. Iets wat vir min gewone Suid Afrikaanse burgers gegun word in staats fasiliteite. Sê maar net!

Sarel ·

” vriende van Zuma” wzt steek julke weg…hoekom is julle
nie bereidwillig om.oop kaarte te speel.nie…wie betaal.
Vir sy Hospitalisasie…

Hennie J ·

Sulke klein operasies benodig nie chirurgiese vaardighede nie.

Harley Davidson ·

Hierdie is volgens my opinie ‘n bog storie net om die publiek ‘n rat voor die oë te draai maar dit se baie omtrent die land en sy regering waarin ons woon en ons vertrap net om hulle faksie gevegte te beheer.

Cobus ·

Die prossedure was toe ongelukkig ‘n groot mislukking.
Hulle het sy skelm streke probeer uitsny, maar onder operasie agtergekom die hele ding is ‘n skelm streek gewas. Die volgende prosedure wat volg is seker om sy stert en horings te verwyder.
Sterkte, dit gaan ook nie werk nie!

Alex ·

Ok… nou wat makeer JZ dan om n operasie te kry? Nerens is daar iets van dit nie of mis ek uit op n berig iewers?

Bertie ·

Sy linker ingroei toonnael is geopereer. Volgende keer kom die regter toonnael aan die beurt. Zuma is die verpersoonliking van korrupsie.

Johan ·

Dit is geensins verstommend hoe hierdie ou brandsiek jakkals die hele land en al sy mense, selfs die hoogste gereg, minag en vir die gek hou nie. Ek kan nie dink dat enige iemand in hierdie land enige iets glo wat die satANiC Gutternment en al sy mamparras sê nie. Nee wat, Suid-Afrika, die liggies is amper af …

JohanR ·

Die chirurgiese prosedure? Het hulle gesoek vir tekens van ‘n brein? Moes hy nie vir die chirurgiese prosedure nie Rusland toe gegaan het nie?

annie ·

Skande! Waar was Zuma se entourage toe hy so siek geword het en eers toe die Grondwethof hom gered het uit die liefdelose hande van sy vele kamma-familie en -ondersteuners kon hy die nodige mediese behandeling kry. Zuma is seker baie dankbaar vir die hulp wat net betyds opgedaag het.

Blomme ·

Ag dis pragtig Zuma… Jy toon ń gewete na soveel jare. Shame hy is regtig jammer oor die bloedvergieting storie!

Fae Fubar ·

Die eerste prosedure was vir die verstandelik-hardlywigheid en die volgende prosedure sal wees om iets omtrent die verbale diarree te doen.

Pietertjie ·

Ek hoop nie die operasie was vir iets soos ‘n ingroei-toonnael of liddoring nie, want dan sal hy nie gou gereed wees om self by die hofsaal in te stap nie.

Charl ·

Lagwekkend hoe elke keer wanneer hulle in ‘n hoek gedruk word daar ”verskonings” aangevoer word hoekom hulle dan kwansuis nie kan verantwoording doen vir hul dade nie. Jy’t die land klaar in die bollie stortkop, moenie nou soos ‘n martelaar wil klink nie.

Kathleen ·

hulle slim plannetjies raak ook net nie op nie , wonder wat gaan die volgende verskoning wees , dit is om van naar te word !

Karina ·

Zuma het vrywillig tronk toe gegaan omdat hy geweet het net ‘n paar dae, en sy dokters sal hom hospitaal toe vat. Alles beplan. Geen simpatie nie. Net nog ‘n slingse plan om uit die hof te bly en uit die tronk te bly.

anko ·

Sê reguit wat JZ makeer dan hoef niemand te bespiegel nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.