Zuma gestrand in Burundi

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma is in Burundi gestrand weens ʼn “tegniese probleem” met sy presidensiële straler.

Volgens die presidensie is Zuma in Burundi as deel van die Afrika-unie (AU) se besoek aan die land. Die afvaardiging, onder wie vyf staatshoofde, het Vrydag samesprekings met Burundi se president, Pierre Nkurunziziza, leiers van politieke partye en ander organisasies afgehandel.

Die presidensie het Saterdagoggend in ʼn verklaring gesê Zuma kon nog nie terugkeer na Suid-Afrika toe nie aangesien sy amptelike straler, Inkwazi, tegniese probleme ondervind het. Geen verdere besonderhede is verskaf nie.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sal dus namens Zuma waarneem by die 16de jaarlikse Nasionale Onderwystoekenningsgeleentheid Saterdagmiddag in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Henriette Cowley ·

Mieskien soek hy van die vliegtuie wat “weg” is…Bly daar !! Kry die hele ANC kabinet om hom te gaan help….neem sommer die EFF saam…hulle is klaar “ge-overall” hulle sal vliegtuig enjin regmaak..gaan land dan sommer in Saudi..woestyn is baie lekker plek en bly daar!!!!!!

Apie ·

Hierdie is net n foefie om daardie nuwe straler te koop OF die kader wil naweek hou op staatsonkoste!!

celeste ·

Hulle kan hom regtig daar hou. Hulle kan familie ook oorstuur. Dit sal ons land baie geld spaar

wilma ·

Nou is dit seker arme Jan v Riebeeck se skuld. Hou hom daar hy moet self sy straler reg maak hychet die geld

PJ ·

Apie dieselfde deur my kop gegaan toe ek berig lees snaaks hulle ondervind geen probleme terwyl die vliegtuig in die lug is nie

ECV ·

Seker dis die voorloper vir die motiveering vir ‘n nuwe luukse straler!

humor ·

Soms is dit tog nie so n goeie ding dat tegnisie so deeglik is nie.

Bach ·

Dis reg. Die nuwe vliegtuig is oppad, maak nie saak hoeveel mense honger ly nie, solank Z luuks kan lewe.

KP ·

As die straler gereeld gediens en onderhou word sal daar nie so gereeld probleme wees nie. Verskoning vir nuwe een.

Gesiggie ·

Ja nee… bly maar daar” vir so lank as nodig…’ nou gaan daar seker beweer word, dat gepeuter is aan die vliegtuig… never know? maar daar sal wel n ander een gestuur word… geld is vollop””

GPC ·

Ek ruik n rot…. Die Gupta straler gaan hom seker nou haal…..

Dalene ·

Ai tog.Die vliegtuig moes maar opgestyg het….miskien is daar nie regtig “tegniese probleme” nie

Jannie ·

Los my president uit. Hy is die president van die land. Of jy nou daarvan hou of nie. VIVA Zuma en ANC

Bach ·

Wat soek hy in elk geval in die buiteland terwyl sy eie land aan die brand is. Vlug weg om verantwoordelikheid te ontduik.

Manie ·

Hoekom gebruik hy nie die beskikbare rederye se Vliegtuie nie?
Dit is nie nodig vie spesiale vliegtuignie@!

Marinda Pretorius ·

Dank Vader….groot asb, HOU HOM DAAR, ons wil hom nie terug he nie….

Jef ·

Z koop n speelgoed vliegtuig gemaak van gehard staal en ek wed julle na vyf minute se speel sal hy se ….eish die vliegmasjien hyt gebreek, en hy gaan aan met afbreek van SA, niks is Z proof nie.

Johann ·

Ai, hoe lekker lag ek vir al die snaakse kommentaar! Wel, die begroting is mos nou gelees, so laat die nuwe straler kom – daar is baie geld vir speelgoed! Die ou een kan vir sakgeld verkoop word…

Gesiggie ·

Lekker lag… wat n lekker debat”’ wonder wat Z se reaksie sal wees op al die komentaar? … EISH”’

chrisp ·

Net ‘n verskoning vir nuwe straler soos so baie kommentare tereg opmerk

Liewe lulu ·

Val nie vir die truuk. Wonder hoekom vliegtuig nie in die lug gebreeek het nie. Nee, probeer n ander storie

Deon ·

Hulle sal vir JZ nooit daar hou nie. Burundi is nie só dom nie!

Chris W ·

Wel die komentare bewys een ding – meeste stem saam dat zumpie sommer daar in Burundi moet bly.Hoekom?Want he beteken N I K S vir SA nie!

Chris ·

Maak hom reg met draad en tang soos die van Zim. Laat hy val waar hy wil (: )))

Alta Fourie ·

Laai vir Zumpie op en doen n toets vlug om te kyk wat is fout!!!!

Jaco ·

Nou word n ander een seker ten duurste gehuur wat die uwe is mos te belangrik om om n gewone vliegtuig te ry.

hans ·

Stem dit is deel van die motiveringstrategie om die n ander straler te koop. Ons as belastingbetalers kan werklik nie nog ongergverdigde uitgawe van 4 miljard bekostig nie.

Henri ·

Snaakse vliegtuig die een, altyd probleme as die ding op die grond is. Dalk was die tenk net effens leeg en toe hulle hom vertel hoeveel petrol daar in $US is het hy gedog dis ‘n bargain en sy wallet uitgehaal. Probleem het gekom toe hulle hom vertel hoeveel dit in Rand was en hy sy broek bemors het . (hy sou direk terugvlieg en het nie ‘n spaar suit in sy briefcase gehad nie) Hy sal opstyg sodra Gupta of Gordhan die oorplasing in $ doen. My hoop is dat die tenk lek en hulle vlieg see-langs terug.

ig ·

Sies vir Jou Henri,dink net hoeveel arme visse sal doodgaan as die vliegtuig in die see val,Selfs die haaie sal voedselvergifteging kry

Liewe lulu ·

Dalk is die brandstoftenk leeg. E vir enough en F vir finish. Dit is dalk die “tegniese” probleem

PJ ·

Agge nee hoor hy op pad terug wonder of alle probleme met vliegtuig uitsorteer is ?

Dan ·

Hulle lieg so baie dat n mens kan nie meer glo wat hulle se nie, se vir hom ons gee nie om nie , hy kan sommer daar aansoek doen om asiel, baaaaiii.

John ·

Ons pres is ‘n siener mense. So kon hy vooraf sien hy gaan ‘n nuwe vliegtuig nodig kry en wou daarvoor begroot maar die volk was te dom om dit in te sien. Dan is daar die onderonsie tussen die minister van finansies en die hoof van Sars. Ons pres het geweet Des is bes en het so gese. Hier was die beleggers weer te dom. Die ou spreekwoord lui mos: ver van jou goed is ver van jou skade, dan nie? Ons pres moet dalk vir nog ‘n termyn aanbly sodat die volk tot inkeer kan kom veral die tannie met die geel nommertjie.

JoeV ·

Jô, dit klink ernstig! Hoop net nie hulle petrol kaart het verval nie! Dis ‘n gemors as jy weg van die huis af is. En die Boing mekeniek sal seker moet ingevlieg word soontoe.

Maar dan aan die ander kant, mens wonder of hy nie op lang vakansie gestuur was nie?

P.Buizer ·

Dit sal die eerste en grootste toets wees of JZ en die kabinet die riglyne gaan volg wat Pravin Gordhan neergelê het : Verminder staatsuitgawes.
Gaan Pravin sy voet neersit en sê : “Jammer, ons het netnie 400 miljoen beskikbaar nie.” Vir net die helfte kan jy iets net so goed kry, miskien met
‘n bietjie minder luukse. Maar 100 % betroubaar. Kan hulle nie gaan kyk wat beskikbaar is in OLX nie ? En wat van “Junkmail ? As ‘n land wat op die randjie staan van junk status, miskien net die regte plek om te gaan soek.

REGINA ·

Ag nee wat, ek sien dwarsdeur die prez se “plannetjies” – dis n plan wat hy en sy ANC (nommer een vir hom bo SA) lankal uirgedink het om aanvoorwerk te doen ten einde ons noustroptrekkende belastingbetalers te laat “hoes” vir n R4 miljard se “ou vliegtuigie”! Meeste van ons het “X-straaloe”, ons sien reeds vir jare “dwarsdeur” Zuma en kie.! Die pez is gestrand in n ander land en Zuma bring nie sy kant, want die land brand, so n ou kalant! (“Was ek maar n digter”! – met apologie en goeie herinneringe aan Kupido – R.I.P.) En ek raai seker reg as die beweerde onmin tussen Zuma en GORDHAN en die INKOMSTEDIENSHOOF juis gaan oor daardie einste straler wat Zuma in die oog het! Wat is sy probleem om gebruik te maak van n gewone lugdiens, wil ek weer vra! Snaaks, ek het nie eers agtergekom hy is nie op die oomblik in die land nie, die land brand in elk geval meestal!

Jef ·

Z jy kan mos ook n Zeppelin aanskaf en vlieg na Zimbabwe en jy ontmoet n paar duisend mede Zombies wat n Zero regerings beleid voer rook n Zolletjie of twee saam met hulle en bly dan a.s.b daar.

jj ·

die eerste gedagte wat by my opgekom het toe ek dit lees is onpubliseerbaar

sakkie ·

Was die besoek gefokus op: Hoe om ‘n derde termyn te dien in die huidige amp? (Dit is ‘miskien ‘n oorsaak van die onstabiliteit in Burundi) of was dit om aftreeplek te bespreek. As jy die ” Nkandla” verkoop vir die prys wat dit betaal is: plus, minus: R246631303.01 dan het jy ‘n “koel” plus. minus
23116265464.70 Burundi se “franc”. “Ek sou kon doen met ‘n miljoen.”

Chris ·

Kry die cubaanse tegnikuste om die vliegtuig reg te maak. Blybaar is daar geen beter tegniese personeel beter opgelei nie. Moet hy nie a SAL kaartjie koop nie? Jammer ek het vergeet die SAL is bankrot. Waar is die kaders om hom te red? Wil hy n laaaaaaang verlof nie neem nie?

Derek Snyman ·

Snaaks dat sy huidige straler altyd probleme gee wanneer hy moet terug vlieg, dit maak die motivering net groter vir n nuwe een.

Oom Boer ·

Ai-tog Oom Zupta sit met ‘n krisis by die AU in Burundi en ons ondersteun hom nie tuis nie. Hy het sekerlik gaan onderhandel op alle vlakke en al die geskenke wat hy daar gekry het vir Nkandla was te swaar vir die vliegtuig. Aangesien sy aansien tuis so drasties daal en ANC begin opbreek in faksies moet hy gaan onderhandel om paar duisend immigrante in te bring vir ondersteuning tydens stemdag en sou hy dalk posisie moet afstaan het hy sekerlik daar met Nkosana-Dlamini Zuma gesels wat die leisels alles moet behels en sy beskermings manifest ter tafel gelê vir opvolg. Die Kubaanse vliegtuig tegnikuste is seker ook almal met doktors grade, doctor in bande nagaan, ‘n doktor vir ruitveërs, brandstof beheer doctor ens. So daar sal ‘n paar doktors ingevlieg moet word om die taxi vliegtuig te herstel. Solank die Gupta’s hom darem gaan haal het en hy veilig tuis kom vir verdere epidemiese proporsies. Wonder of hy darem onderhandel het vir “Free Transport”, want alles is mos deesdae free.

Anna ·

Whoop whoop kan hy nie maar daar bly nie of wil hulle hom ook nie he nie??

Andre L ·

Onderwys is tans n netelige kwessie, die dat hy maar liewer laat kom En vir Ramaphosa stuur…

Francie ·

Sover dit my aangaan, kan hy stap.
Verseker is hierdie verskoning deur himself uitgedink, Ek wonder hoeveel laerskoolkinders sal die storie glo?
Ek wonder net of die straler sy eiendom gaan word wanneer hy in Oktober (asseblief tog!) aftree?
Baie dankie vir almal se kommentaar, dit het my dag gemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.